Kommer is aan’t oplaai in die Wes-Kaap in aanloop tot die besoek van ‘n kabinetsafvaardiging onder leiding van pres. Cyril Ramaphosa Vrydag aan Kaapstad vir ‘n vergadering met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde.
Die kommer is oor of die sentrale regering moontlik daarvoor wil voorbrand maak om die Wes-Kaap af te gradeer na vlak 4 of 5 van die afsonderingsregulasies weens die hoë voorkoms van die koronavirus in die provinsie.
Ramaphosa sal vergesel word deur die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, die minister van polisie, genl. Bheki Cele, en andere.
Dit sal die eerste keer wees dat so ‘n omvattende ministerspan enige provinsie besoek sedert die instel van die afsonderingsperiode.
Tydens ‘n mediakonferensie ter terugvoer oor die tweeweeklikse kabinetsvergadering het die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, dit by herhaling duidelik gemaak dat die kabinet diep bekommerd is oor die virus-situasie in die Wes-Kaap. Verdere punte uit die kabinetsvergadering sluit in dat die regering sy steun aan Kinderbeskermingsweek toegesê het en dat die regering bekommerd is oor hoe leeg die land se damme is.
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Dink die regering hulle is steriel, en dat hulle nie meehelp om die korona virus te versprei nie? Daar sal nou weer n spul karre wees, sekuriteits personeel en maskers op kenne……. Want blykbaar het hulle nie nodig om sosiale distansiering toe te pas nie. So julle wil na n hotspot toe gaan om dinge te gaan uitkyk???
Age Siestog brekers van boomstraat
Ek is self woonagtig in die Wes-Kaap. Hierdie is net ‘n dekmantel vir die ANC wat die Wes-Kaap, die enigste provinsie in die land wat positiewe groei en vooruitgang toon, in die sak te probeer kry. Ek wonder of die syfer wat hulle aanvoer regtig die waarheid is en of dit nie opgeblaas word, ten einde die Wes-Kaap weer af te gradeer na 4 of 5 en sodoende die Wes-Kaap heeltemal op sy kniee te bring en en en nie….. Ai, ek, soos miljoene Suid-Afrikaners is al so GATVOL vir Ramazuma se sirkus en hulle belaglike regulasies en uitlatings dat… Lees meer »
My persoonlike gevo die syfers word opgeblaas soos byvoorbeeld deur gewone griep simtome
toe te skryf aan Covid 19. Of hulle nou alles ophef of dit stelselmatig doen ,n styging in die getalle gaan jy kry. Dis nie “rocket science” nie
Die Kapenaars het rede om bekommerd te wees. Ek glo die ANC is besig met ‘n verskuilde agenda in die hele korona-sage, hulle wil dit gebruik in hul “radikale transformasie” beleid. CR het dit reeds in sy toespraak in Natal laat deurskemer. Die feit dat hulle nie die Kaap beheer nie is vir hulle ‘n struikelblok. As hulle die Kaap afgradeer gaan baie besighede sink terwyl dié in die res van die land herstel, dan gaan hulle die Kaapse regering blameer en op daardie wyse die Kaap probeer oorneem. Ek sê ‘probeer’ want ek hoop die Kapenaars sal sterk staan.… Lees meer »