Kommer ná Gauteng-man verdwyn

Die polisie tydens hul soektog langs die N3. Foto: Verskaf

Die Gautengse polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na Jaco Labuschagne (37) wat Maandagoggend spoorloos verdwyn het.

Kapt. Tjivhulawi Tshilate, woordvoerder van die Heidelberg-polisie, het aan Maroela Media gesê Labuschagne, van Elsburg, suidoos van Germiston, het na bewering ʼn boodskap vir sy familie gelaat dat hy sy eie lewe gaan neem voordat hy verdwyn het.

“Die Vispol-triotaakspan van die Ekurhuleni-Oos-polisiegroepering, onder leiding van kapt. Kasaven, het ʼn soektog na hom van stapel gestuur,” het Tshilate gesê. “Sy wit JMC-dubbelkajuitbakkie met die registrasienommer DK 20 TC GP is vir die laaste keer in die omgewing van Heidelberg gesien.”

Kasaven en sy span het onverpoosd in die veld en stormwaterslote langs die N3-snelweg na hom gesoek, maar die soektog het tot dusver niks opgelewer nie.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, het gesê Labuschagne is Maandag omstreeks 10:00 die laaste keer gesien. “Dit is nie bekend watter klere hy aangehad het nie. Sy bakkie is 4×4-aangedrewe en het nie ʼn opsporingstoestel nie. Dit wil voorkom of hy depressief is,” het sy gesê.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om hulle in hul soektog by te staan. Mense wat Labuschagne of sy bakkie opspoor, word versoek om die naaste polisiestasie of die Elsburg-speurders by 011 827 2306, 011 827 2306 of 011 824 2730 of die Pink Ladies by 072 214 7439, 083 378 4882 of 072 620 7704 te bel.

Rechner het ʼn beroep gedoen op sosialemediagebruikers om ʼn pamflet met Labuschagne se foto en inligting op te versprei met die hoop dat Labuschagne vinniger opgespoor kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet Pompies ·

Het gister dit raak gelees dat ‘n persoon en bakkie wat aan die beskrywing voldoen in Newcastle KZN opgemerk is. Die persoon was deurmekaar en bebloed, hy wou by ‘n huiswerker weet watse dag dit is….
Die inligting is weergegee aan die instansie wat help met die soek.

Eureka ·

Ek hoop hy word gou gevind. Ek ken Kaptein Kasaven en weet hy sal alles moontlik doen om die man op te spoor. Sterkte vir sy familie. Jaco Labuschagne indien jy dit lees jou familie gaan deur hel. Kontak hulle dan net ten minste dat hulle weet jy is nog lewendig.

Christine ·

Ai so ‘n pragtige jong man, ek hoop van harte dat hy veilig gevind sal word, die lewe is soms nie net maanskyn en rose nie mag die Here met hom wees waar hy ookal is.

Leahim ·

Ek hoop die persoon word gevind het n artikel gelees dat mense wat selfmoord wil pleeg, doen dit net mense wat sê hulle gaan ,soek gewoonlik hulp.Ek glo nie daar moet veel verwag word van die
Vispol trio taakmag nie dit klink soos n tipe visvang doepa.

Theresa ·

Sterkte met die soektog. Hoop ook dat die man veilig tuis sal kom. Enige terugvoer oor die persoon waarvan gepraat word in een van die kommentare? KZN?

Ja wat ·

Kan jy TB weg bid of moet jy medisyne kry? Se die dokters dan vir jou, hierdie pille gaan satan uit jou uit dryf? Nee. Dit is n siekte. Jy het dalk nie jou hande gewas, jy het dalk in dieselfde omgewing as iemand met TB asem gehaal. Jy het heel moontlik niks verkeerd gedoen om TB te kry. Nie alles is die oorsaak van te min God en teveel satan nie.

Depressie word veroorsaak deur veranderinge in breinchemie. Net soos jy ‘n virus wat net deur antibiotika uitgewis kan word, nie kan weg bid nie, so kan jy ook nie n wanbalans in breinchemie weg bid nie. Dit het niks met satan tedoen nie, en dit is mense soos jy wat mense weg van geloof af stoot. Jy kan se dit is satan om jou eie skuld weg te waai, maar jy is ‘n mens, wat lees en verstaan met n brein wat foute maak, nie oor satan nie, maar oor jy gemaak is van vlees, ‘n vlees wat elke dag nader aan die dood is, ouderdom en alzheimer’s kan ook nie weg gebid word nie.

Jy as n Christen wat voel jy is na aan God, hoe gaan jy voel as mense vir jou se die feit dat jy elke dag ouer word is oor jy nie Christen genoeg is nie? Dit is nie reg nie. Jy kan nie alles wat jou liggaam doen beheer nie.

Blommie ·

Ai tog so ‘n traumatiese gebeure. My swaer het ook sy eie lewe geneem. My seun het lank terug aan ‘n soektog deelgeneem net om die vriend dood aan te tref. Die familie wat agterbly kry bitter swaar. Sterkte ek an maar net vir julle bid.

Helikopter ·

Helikopter en kyk sy bankrekenings en selfoon en sosiale media aktiwiteite, maar hulle doen dit seker …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.