Kommer ná Mashaba Jhb-fietsbane skrap

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Johannesburgse fietsryers het Saterdag versoek om Herman Mashaba, die metro se burgemeester, te ontmoet nadat hy ʼn projek om fietsbane regoor die stad aan te bring geskrap het.

Die Johannesburg Urban Cyclists Association (Juca) het in ʼn ope brief aan Mashaba gesê hulle het met kommer kennis geneem van sy onlangse besluit om, sonder konsultasie, die geld wat vir fietsrybane begroot is elders te benut. “Ons sal graag ʼn vergadering met jou en die burgemeesterskomiteelid vir vervoer wil reël sodat ons duidelikheid oor die gevolg van jou besluit kan kry,” het Juca se raad van direkteure in die brief gesê.

Mashaba het vroeër vandeesweek aangekondig ʼn R70 miljoen-projek, wat deur die vorige ANC-administrasie beplan is om fietsbane regoor die stad aan te bring, is gestaak. “Sodra elke pad in Johannesburg geteer is, kan ons miskien na fietsbane begin kyk,” het hy gesê. Hy het gesê die geld sal in die Alexandra- informele nedersetting aangewend word.

Die EFF het vroeër Parks Tau, die voormalige burgemeester, gekap oor die fietsbane-projek terwyl inwoners geteerde paaie en huise nodig het. Julius Malema, die EFF se leier, het gesê die projek is ʼn mors van geld wat die stad se armes uitskuif.

Juca het gesê hulle sal graag meer duidelikheid van Mashaba wil hê rakende die stand van die huidige infrastruktuur vir fietsryers in die stad. “Wat is die stand van dié infrastruktuur tans onder konstruksie, insluitende die brug tussen Alexandra en Sandton,” het die assosiasie gevra. “Wat is die DA in Johannesburg se beleid oor nie-gemotoriseerde vervoer? Johannesburg is ʼn stad waar twee-derdes van die huishoudings nie toegang het tot private voertuie nie.”

Die organisasie het gesê hy is oortuig van die talle voordele wat fietsry as ʼn wyse van vervoer inhou.

Phindile Chauke, Mashaba se woordvoerder, was nie Saterdag onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Eugene ·

Welgedaan Herman Mashaba. Daar is meer noodsaaklike dienste wat benodig word as Fietsbane!

Kaufman ·

Hang af wie dit gaan gebruik. As dit vir sportfietsers is stem ek saam. As dit is vir mense wat werk toe ry op fietse moet die fietsbaanprojek beslis voortgaan.

E.K. (vra net) ·

Kaufman ind ie ou dae het (meestal swartes) fietsgery werk toe. Bitter min mense doen dit vandag. Fietsers wat ek n stede gevaarlik sien vleg deur verkeer eht fietsryklere aan, dus beslis nie op pad werk toe nie. Beslis ander dinge wat eerste moet kom soos regmaak van gate en paaie teer of oorteer.

Kobus ·

R70,000,000-00 vir fietsbane. Wat beduie ‘n studie? Hoeveel mense gaan dit gebruik, of is dit mogge troffe? Hoe lank vat dit vir ‘n fietsryer om bv van Roodepoort, Witpoortjie of Krugersdorp, na die middestad te ry? En van die Oosrand af? Ek het nogal hier en daar ‘n ou sien ry wat werklik ‘n passie het, maar vir die norm? Een ou op ‘n fiets met sy klere in ‘n rugsak. Dan moet hy weer die aand/middag laat dieselfde pad terug ry. Ek neem aan veligheid het ook aandag in die beplanning gekry. Is dit nie maar ‘n droom omdat dit mooi klink nie?

Kobus ·

Dalk het die vorige burgemeester net aan werkskepping gedink, of dit nou prakties sou werk of nie, was nie ter sparke nie, bou ‘n swaai, spit ‘n gat, verf die pad, stel mense aan.

Rosa ·

Ek stem, welgedaan Herman Mashaba. Wonderlike besluit, almal moet eers teer paaie hê voor fietsry paadjies.

Anti regering ·

Flip ‘n fiets baan ,baie beter dinge wat voorkeur moet kry

Phillie ·

Duidelik ry jy nie padfiets nie. Fietsry bane ‘n mors van geld en tyd. Eerstens parkeer idiote dwars op baan. Maar alle straat gemors soos gebreekte bottels word in bane gevee/gery. Wat maak dat bane onbruikbaar is vir fietse ander dan die met soliede bande

Francois ·

Die fietsrybane is vir die wat dit as sport of vermaak beoefen. Niks te doen met hoe mense van punt A na B moet pendel vir werk of inkopies. Juca is in die geval selfsugtig. Bou julle eie fietsbane.

Riempies ·

‘n Aansienlike getal fietsryers ry buitendien net waar hulle wil, soms drie-drie langs mekaar op besige roetes. Hulle moet nie nou huil oor die skrapping van fietsrybaan beleid nie. As hulle spesiale bane kry, kan ek dan ook aandring op n spesiale baan, waar ek perd kan ry, in Johannesburg?
Ek is nie ‘n DA ondersteuner nie, maar tien uit tien vir die DA, vir die besluit.

Lance ·

Niemand gaan dit gebruik nie mos gesien met die groot toetslopie …en dis eenvoudig ook net te gevaarlik !

Liewe heksie ·

Ek dink weer vorige een was weer besig met tender bedrog mooi DA dink net hvl hophuise kan gebou word met daai geld

Marelize ·

Ek dink wanneer ‘n mens die ernstige nood van armoede sien, klink fietsbane so onbelangrik. Dit gaan oor prioriteite. Wanneer ernstige nood verlig is, kan daar weer begroot word vir fietsebane en dies meer. Goed gedoen, Herman Mashaba!

Johann Marx ·

Gaan kyk in Westdene. Eiendomme se uitgang loop uit in besige strate…nou moet die persoon wat oppad uit is, nie net kyk vir aankomende verkeer nie, maar ook nog vir fietsryers wat teen helse hoë spoed op “fietsrybane” voor huise verby swiep…..en laat net een motoris ‘n fietsryer raakry…dan is die hel los. Dis werk net eenvoudig nie.

Tasha ·

het een of twee keer fietsryers in die bane gesien ry. dit word gebruik deur taxis en die asblik smouse. parkering in die stad is weggeneem agv die bane

Willie vd Schyf ·

Nee, Rdl Mashaba, kan nie net die fietsbane op n lukraak manier afskaf nie. Daar moet publieke deelname wees. Die Stad is besig om homself letterlik dood te wurg aan die massa verkeer op ons paaie. Dit help nie dat die strate geteer is, maar dit neem jou ure om by die werk te kom, vanwee verkeersopeenhopings nie.
Dink ook aan die mense van Alexandra, wat per fietsbaan, maklik en koste effektief by hul werksplekke in Sandton kan uitkom.
Ons kweek ook n fikser bevolking !!

Columbiana ·

Willie neem bietjie ‘n foto van hoeveel mense per fiets werk toe ry vanaf Alexandra. Vermoed dis min. Dis eerder die Sandtonians wat vir plesier daar wil ry en nou hulle toys uit die cot gooi. Urban cycling association wonder net waar kom julle lede rerug vandaan

Dawid Botha ·

Willie slaan die speek op sy kop. Herman moes eers met sy Ingenieursdienste en vervoerbelangroepe gaan praat het. Wêreldwyd word Fietsry as die goedkoopste en mees volhoubare antwoord op baie van ons vervoerprobleme beskou. En die armes gaan beslis baat vind.
Net vir eerste wêreld?? BESLIS NIE!
Gaan lees wat BM Penhalosa vir die mense van Bogota in daardie problematiese land gedoen het.
Het almal van julle juca se gebalanseerde brief gewees? Doen dit voor julle veroordeel. Gaan kyk na hul webtuiste en kyk waar oral fietspaaie gebou gaan word. Meestal in arm gebiede……
Huise is die werk van Nas regering. As die ANC nie miljarde gesteel en gemors het nie kon ons baie beter na armes gekyk het. Moenie kwelpunte verwar nie. Vervoer in ons land is ook n krisis.
Ek wil graag alle kommentators aanmoedig om eers deeglik te gaan navors voor hulle stellings maak wat beperk word deur hulle eie kennis en ervaring. En hoe meer van ons fietsry, hoe veiliger gaan dit word.
Natuurlik MOET daar baie beter wetstoepassing wees en moet alle voertuigbestuurders en fietsryers mekaar deeglik respekteer.
Laat die Speke Sing!

Columbiana ·

Veilige fietsry?
In ‘n land waar jou fiets onder jou uit gesteel sal word of jy oor die kop geslaan sal word bet vir een speek van jou fiets
Fietsry as sport if ontspanning wonderlik maar misien moet jy nie die kwessies verwar nie. Armoede is nie net ‘n nasionale regering probleem nie dis almal se probleem. Die geld wat op fietsrybane spandeer is kon baie beter bestee word.

Johanna Botha ·

Ek is jammer dis gevaarlik vir die fietsryers en die motoriste en taxis ry op die bane eerder as die fietse so kry die wetstoepassing ook eers reg want smouse skiet op soos paddastoelle in die bane oornag. Eintlik is dit alles n groot gemors want nou gaan die fietsryers seker betoog brand en klippe gooi en alles verniel terwyl die wetstoepassers kyk …ja the SA way !

Cry me a river ·

As dit gaan soos in die Cradle, gaan hulle in elk geval nie eers die fietsbane gebruik nie. Enige een wat aan die Wesrand bly sal besef dit is haas onmoontlik en ry die Kromdraai pad oor n naweek. Arrogante en onbedagsame skobbejakke wat die pad daar oorneem

E.K. stem! ·

Cry me a rive r- ek weet PRESIES waarvan jy praat. Dis hoe die Cradle Management Committee geld gemors het – kammige fietsbaan omdat sekeres wat daar werk van fietsry hou. Plaas hul die indringerplante verwyder en werklik iETS vir die Cradle doen toe bou hul bane wat nooit gebruik word nie. Ek het tonne foto’s van fietsers wat drie-vier langs mekaar ry IN die motors se baan!

Du Toit Maritz ·

Ek ry graag fiets, maar die JHB fietsbane was n gemors van die begin af – taxis gebruik dit baie meer as fietsryers. Gaan kyk liewer hoe doen hulle dit in Melbourne, waar hulle behoorlike fietsbane maak weg van die motors af,

Dawid Botha ·

Stem saam. Gee ons afsonderlike fietsbane. Herman moet ook gaan ry. DIS HEERLIK. Ek en my vrou pendel byna daagliks! Winkel toe, werk toe, koffieklets toe, vergadering toe, vriende toe. Laat die speke sing!!! En help iemand wat nie n fiets het nie om een te bekom!!

sarie van heerden ·

Herman Mashaba het ‘n reuse sukses van sonder ‘n pennie te begin van homself tot hede een van die suksesvolste sakemanne in die land te maak. Welliswaar deur baie harde werk, maar die man het ‘n besigheidsbrein en hyself het gese die Metro moet soos ‘n besigheid bedryf word. Kom ons ondersteun en vertrou hom.

Sam ·

70mil vir fietsry bane.. belaglik! wel gedaan Mnr Mashaba! Hulle wil ‘n afspraak maak met jou om te kla daaroor terwyl ons land sonder water sit, maar solank hulle hul bane kry kan die res van die land maar sukkel. Grond paaie, geen lopende water in party areas, hulle loop tussen 3 en 4 ure in die oggend net om ‘n emmer water te gaan haal maar bane soek hulle! Sies Juca, skaam julle!

Columbiana ·

Snaaks het nog NOOIT een van hierdie fietsryers in die fietsbaan gesien in Johannesburg middestad en omliggende ongewing nie. Inteendeel het nog NOOIT enige fietse in daardie banr gesien nie!!!

Ry liewer taxi ·

Hier in Kaapstad maak die fietsbane wat wel bv in Soutrivier area gemaak is geen sin nie. het nog nooit gesien dat dit gebruik word nie. Ook ‘n pypdroom van die stadsvaders dat mense skielik sal fietse aanskaf wat buitendien gesteel raak. Daar is nie ontwerpoplossings wat menslike gedrag verander nie. So, ek dink die burgemeester het ‘n geldige punt. Die ouens wat kla is hoofsaaklik die rykes wat met duur fietse vir ‘n tydverdryf dit gebruik. Ek weet nie eintlik van mense wat dit gebruik om werk toe te ry en terug nie.

Koos Koek ·

Mooi so Herman. Die mense wat kla. Julle woon in ‘n land waar party mense nie drink water in hul huise het nie maar fietsbane is nommer een prioriteit? Wat van net al die teerpaaie met slaggate eers reg te maak. Eerder die geld op veiligheid spandeer? Daar is soveel beter dinge wat jy met die geld kan doen as fietspaaie bou. Want ek kan jou verseker daai fietspaaie gaan ook gou taxi bane word. Tyd dat Suid-Afrika en die ANC wakker skrik. Jy kan nie koek wil eet terwyl daar mense is wat honger is nie. Kry eers die basies reg en dan kan jy dink aan fietspaaie.

Irene ·

Hulle boender jou van jou fiets af in gewone paaie wat nog van fiets bane kan skaara in strate loop wat nog van ry vir skelm om nog meer onskuldige mense seer te maak

Sam ·

Ras ondertone…Jy bedoel die feit dat hulle eerderdie geld in Alexandra gaan aanwend. Nou wat het doen met ras?? Nee my vrek AH die enigste ras ondertone in die hele berig en gesprek is jy wat niemand behalwe jouself enige iets gun nie. Loop 2 tree en gooi water in jou glas, hulle loop 3 ure vir ‘n emmer water. Sies man

Columbiana ·

Bedoel jy nie die ras ondertoon in jou skrywe? Moenie bekommer nie ‘n blinde man kan met ‘n stok jou ondertone aanvoel AH.

Lizelle ·

R70mil kan baie monde voed. Op hierdie stadium moet SA kyk na oorlewing. En in elk geval hoeveel van die R70mil gaan nie na iemand se sak toe nie. Baie goeie besluit!!! Dis tyd dat korrupsie en geld vermorsing hok geslaan word.

KeelvolVirEieEk ·

Laat die fietsryers belasting betaal vir daai bane dan kan hulle daarop aandring. Ons weet dat daar mense gaan baat uit teerpaaie wat wel nie belasting betaal nie, maar daarmee maak ek vrede. Aangesien Fietsryers aandring oo n 1.5m spasie, dring ek daarop aan fat hulle maar lisensie en belasting gelde betaal vir dit wat hulle wil gebruik.

johann ·

Ek werk in Sandton.
Ek sien baie, baie selde iemand op ‘n fiets.
Die ouens wat wel fiets ry, ry so tussen 5 uur en 5.30 in die oggend.
Die ouens stop nie vir een rooi verkeerslig nie.
Die geld kan beslis anders aangewend word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.