Kommer ná moord op aanklaer buite hof

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is uiters bekommerd oor die moord op ʼn KwaZulu-Natalse aanklaer.

Lonwabo Booi (36) is Woensdag omstreeks 09:00 buite die Umlazi-landdroshof doodgeskiet. Hy was daarheen op pad om ʼn saak te hanteer.

Twee mans het na bewering uit ʼn voertuig geklim en luidens berigte op Booi losgebrand. Hy is glo etlike kere in die bolyf getref en het op die toneel gesterf.

Adv. Elaine Zungu, direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal, het die moord op Booi as ʼn “tragiese gebeurtenis” bestempel en sê alle Suid-Afrikaners behoort dit ernstig op te neem. Zungu sê die voorval is ʼn aanval op die oppergesag van die reg en diegene wat hul lewe gee om dit te handhaaf.

“Ons betuig ons diepe medelye met mnr. Booi se familie, vriende en kollegas. Hy sal diep gemis word. Mag sy siel in vrede rus,” sê Zungu.

Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, het die moord ook ten sterkste veroordeel.

“Die toename in aanvalle op diegene wat veg vir geregtigheid in ons land behoort ons almal te bekommer. Ons moet die beskerming van amptenare in die strafregstelsel, fluitjieblasers en getuies beduidend verbeter. Die oppergesag van die reg hang hiervan af. Die toekoms van die land hang hiervan af – en ons is dit verskuldig aan hierdie dapper mans en vroue,” sê Batohi.

Batohi sê dit gaan egter ʼn grootse poging deur verskillende belanghebbendes vereis – en die tyd daarvoor raak al hoe minder.

Batohi het aanklaers ook verseker dat hul veiligheid van die grootste belang vir die NVG is. Bykomende veiligheidsmaatreëls sal waar nodig in werking gestel word en dit sal afhang van individuele sake.

Die NVG sê hy vertrou dat die ondersoek na Booi se dood voorrang sal geniet en diegene verantwoordelik vir die grudaad aan die pen sal ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elizabeth ·

Intimidasie. Niks minder as dit. Hoop dit is 72?uur saak. Innige simpatie met die familie. ñ Lewe in SA het niks meer waarde vir kriminele. Dit het só maklik geword????????????????

Shakespeare ·

NVG. Ek dink julle moet BAIE bekommerd wees oor die hele KZN en ons onbevoegde SAP. Hoekom is Zuma en sy kinders nie al in die tronk nie. Julle doen julle werk pateties.

Sarel ·

Ministet van Justisie en sy ewe knie Bheki Cele moet deur bevoegde mense vervang word.

Harley Davidson ·

Dit kan weereens toegeskryf word aan die onvermoë van die polisie om hulle werk te doen.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

‘n Doeltreffende Suid-Afrikaanse Kriminele Regstelsel is ‘n onontbeerlike pilaar vir ‘n ware demokrasie, geregtigheid, vrede en vooruitgang. Hoe doeltreffend en effektief is die SA kriminele regstelsel soos gemeet teen welke internasionaal erkende kriteria en standaarde? Haal nou uit en wys!

Ek daag die leierskappe van elke been van die SA kriminele regstelsel uit om ‘n omvangryke “Custmer Satisfaction Surveys” regdeur SA deur onafhanklike internasionaal erkende assessors te laat doen en in die openbare domain te publiseer sodat SA burgers kan bepaal in welke mate SA burgers tevrede is met die dienste gelewer. Die Baldrige Excellence Framework for Performance Excellence behoort gebruik te kan word. Ons as burgers is sat en siek vir ANC politieke gewarra-warra. Haal nou uit en wys!

ES ·

Natuurlik behoort dit ons te bekommer – maar dit help nie ons sit en bekommer daaroor en niks word daaraan gedoen nie.

Die korrupsie is so vrot in die land dat daar geen manier is om red wat oor is nie… Gaan kyk na die sake wat die aanklaer hanteer het en van daar sal julle die skuldiges kry.

Tanniepetoors ·

Dink jy nou regtig die NVG en SAPD weet dit nie? Ten spyte van wat Jan Publiek dink hulle weet van genoemde instellings, werk daar toegewyde, hardwerkende amptenare wat waaragtig nie dom is nie.

Perdeby ·

Bring die DOODSTRAF TERUG dan sal die moord syfers daal, asook die verkragting syfer, maar die ANC dink almal het die reg om te lewe behalwe die persoon wat vermoor word.

Pieter ·

Die anc land is om van op te gooi. Die grootse skelms is in die anc en polisie.

Andries ·

So lyk dit in ‘n land waar terroriste aan bewind geplaas word.

Johan ·

Hier is dit alweer…. Ek kan nie glo die NVG en al die “mense” in beheer oor ons land en ons veligheid, dink ons glo war hul se nie. Hul is bekommerd, en sal die 72uur plan in werking stel, en hul innige simpatie en en en…. snaaks dat hul dit ELKE keer se. As daar al iets gedoen was in ons land oor die situasies sou hul dit net een of twee keer gese het, dade sou die res gedoen het. Woorde se niks meer in ons land nie, dade doen. En ongelukkig kort ons leiers om dit te doen, nie n klomp wat n klomp geld verdien om te maak asof hul iets doen oor die pos iemand kort nie. Suid Afrika….ek mis jou.

Marcello ·

Dit is skrikwekend vir ons wat kinders/familie het, wat regsberoepe beklei.

Eidel ·

Kriminele het geen ontsag vir die wet nie. Dit sal voortduur tot tyd en wyl die oppergesag hulle werk na behore doen. Die wet beskerm die krimineel en strawwe te lig.

Skappie ·

Innige simpatie met sy gesin. Mag die skulldiges gevang word. As die doodstraf nou hier van toepassing was, sal ons nie al hierdie moord in ons land gelees het nie. En elke persoon wat nou net reg en links na mense skied. Wat het van ons mooi Suid-Afrika geword?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.