Kommer oor 5 plaasaanvalle binne 48 uur

ian-cameron-2017-02

Ian Cameron van AfriForum. Foto: Verskaf.

Indien die pas waarteen plaasaanvalle tans plaasvind tot die einde van die jaar volhou, is daar ʼn goeie kans dat daar vanjaar selfs meer plaasaanvalle aangeteken sal word as in 2017.

Só sê Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Cameron het verwys na die vyf plaasaanvalle wat vandeesweek binne 48 uur plaasgevind het. Volgens hom is dit ʼn aansienlike en skielike toename ná ʼn tydperk waarin daar relatief min aanvalle op plase en kleinhoewes aangemeld is.

“In die tyd toe die openbare verhore gehou is oor die voorgenome wysiging van die grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, was dit eintlik relatief stil [in terme van plaasaanvalle]. Nadat die verhore afgehandel is, het daar skielik klomp aanvalle in ʼn kort tydjie plaasgevind. Ons sien ook skielik ʼn toename in grondbesettings. Ek glo dié twee aspekte loop hand aan hand.”

Volgens Cameron is hy bekommerd oor grondbesettings oor die huidige langnaweek omdat baie mense weg van die huis af is of oor die algemeen ontspanne en minder paraat is en besetters dan hiervan misbruik kan maak.

“As ons kyk na ons plaasaanvalstatistiek van verlede jaar en dit vergelyk met hierdie jaar, lyk tot dusver omtrent dieselfde. As die pas waarteen aanvalle in die laaste paar dae plaasgevind het egter volgehou word, is dit byna verseker dat ons ʼn styging in vanjaar se getalle gaan sien. Die feesseisoen lê ook nog voor en dit is gewoonlik ʼn tyd wanneer daar baie plaasaanvalle plaasvind.”

Maroela Media het vroeër berig twee manlike en een vroulike werker(s) is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Honingsnest-omgewing, noord van Pretoria, aangerand. Die vrou is ook tydens die beproewing verkrag, voordat die drie aanvallers met onder meer selfone, kos en klere op die vlug geslaan het.

Woensdagaand het vier aanvallers werkers op ʼn kleinhoewe in die Vastfontein-omgewing, nie ver van waar die Honingsnest-aanval gebeur het nie, aangeval. Volgens Cameron is ʼn man in die voet en arm gewond en ʼn vrou in haar arm geskiet. Albei is in die hospitaal opgeneem.

Cameron meen daar is ʼn moontlikheid dat dié twee aanvalle met mekaar verband hou. “Ek vermoed dat daar by die Honingsnest-aanval waarskynlik vier aanvallers was, maar dat die slagoffers net drie gesien het. In albei die aanvalle was net een van die aanvallers gewapen en in albei die aanvalle was dié wapen ʼn 9 mm-pistool. In albei aanvalle is dit werkers wat aangeval is. Dit is net te toevallig dat twee sulke soortgelyke aanvalle op dieselfde dag in dieselfde omgewing gebeur,” verduidelik hy.

In ʼn derde aanval is Gerhard (77) en Beatrice Badenhorst ook Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas buite Brits in Noordwes aangeval. Gerhard is tydens die aanval in sy skouer geskiet, voordat die aanvaller op die vlug geslaan het.

Woensdagaand was daar nóg ʼn plaasaanval in Noordwes, die keer tussen Lichtenburg en Ottosdal. Maroela Media het vroeër berig ʼn 66-jarige boer het op ʼn indringer in die huis afgekom wat glo ʼn skoot op die boer afgevuur het. Die boer het teruggeskiet en die rower is noodlottig gewond.

Volgens Cameron was daar Woensdagaand ʼn vyfde aanval op ʼn kleinhoewe naby Mbombela in Mpumalanga. ʼn 45-jarige man is met ʼn stomp voorwerp in die gesig geslaan. “Ek verneem ʼn gedeelte van sy gesig is heeltemal verbrysel. Die man se vrou het glo laat die aand by die huis gekom en het toe op hom afgekom,” sê Cameron. “Hy is na ʼn hospitaal gehaas.”

Hy sê dit is nie tans duidelik hoeveel aanvallers by dié aanval betrokke was nie.

Volgens Cameron het daar reeds vanjaar 269 plaasaanvalle en 38 plaasmoorde plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Calamarie ·

Ja, maar dis mos nie “national concern” nie. Belangriker dinge wat gedoen moet word. Die ding is, as jy wil he ander lande moet invest in joune, moet jy mos skoon maak. Jy gaan nie mense na jou huis toe nooi as dit vuil is nie, of hoe?

Nel ·

Nee jy vee eerder die vullis onder die mat in en vergeet daarvan.

Paul ·

Wie gee om as oorlog teen jou deur jou eie mense selfs uit die graf gevoer word?

Hanna Hoekom ·

Maar CR stel eerder n kommisie en taakspan aan vir die handjievol “politieke moorde” in KZN aan. En verder swyg hy en sy kabinet soos die graf. Stille goedkeuring?

Karolis ·

Ek stuur so veel as moontlik van hierdie tipe berigte asook sekere video “clips” na kennisse in die buitelande.
Hoekom voel ek soos ‘n gevangene in my eie land?

Peanut ·

Ek hoor nog nie dat julle president die plaasaanvalle en plaasmoorde veroordeel nie.
Sover ek weet sê die wet as mens stilbly oor iets, dan dra dit eintlik jou goedkeuring weg.
Nou wonder ek net, wat is die kans dat Afriforum vir Ramaphosa in die opnbaar, voor n skare mense, kan vra om enige en alle plaasaanvalle te verdoem

Dis so ·

Hkm nou plaaswerkers aanval? Is dit om hulle bang te naak dat hulle moet trek en nie self die plaas eis nie. Ek weet nie. Iemanf dalk n ander idee?

gatiep ·

Hoe lank nog?
Siek speletjie waarmee waarmee mense in die land mee besig is.
En so bloei ons voort vir demokrasie wat nie sal werk nie en almal weet dit nou al teen die tyd.

Jerry ·

Die statistiek reflekteer nie goed op Afri-Forum se paralelle struktuur wat juis gestig was om plaas en gemeenskapsbeveiliging te Virseker. Net soos wat die regering gefaal het om boere te beveilig, faal die forum dus ook. Wat die rede daarvoor is kan n mens seker maar net oor bespiegel, omrede die ware toedrag van sake nooit geopenbaar sal word deur forums wie se agenda op ondermyning van n multikulturele demokrasie, asook soos in die geval, sensasionele propaganda oor Afrikaner lewensverlies berus. Afri-Forum moet dringend en ernstig besin daaroor of hulle wil deel bly van die probleem en of hulle gaan deel word van n bevoegde, lewensvatbare, volhoubare en werkbare oplossing vir plaas en gemeenskapsbeveiliging! Die vermetelheid van forum lede om hulle gesigte te gaan wys by die familie van vermoorde boere wanneer die forum lede verantwoordelikheid geneem het vir die boere se beveiliging teen betaling, is om die minste te se n skreiende skande en net nog n klad op die forum naam.

Lana ·

Jerry, jy is baie deurmekaar en jy kort ‘n hele lot feite.

Nel ·

@Jerry: Have a heart. Afriforum kan onmoontlik nie alomteenwoordig wees om die totale boeregemeenskap te beveilig nie. En hulle het, menslik gesproke, beslis al baie meer gedoen om die krisis aan te spreek as wat jy en jou onnodige kritiek tans doen.

Koos de Meyer. ·

Dis gewoonlik mense wat op die wal staan wat ander kritiseer.

Sarel ·

Ai Ai , ou Jerry,
Somtyds moet mens dalk net stil bly, Dit is ten eerste die boere en hulle organisasies se plig om hulself te beveilig.
Mens sou dink alle boere sal aan die beskikbare organisasies behoort, nooit gesien nie.
Altyd net die simpel 7 .

Chantel ·

That 45 year old was hit with an AXE that was not that blunt.
And if it was not for his wife that pressed the panic button while he was being attacked it would have been worse. I know cause I am he’s niece get your facts straight.

Ivan ·

Hoekom hou n boer nie sy geweer vir beskerming by hom nie..Maak nie saak waar hy gaan moet hy dit maar aanleer dat dit die norm is omdat jy nie weet wat vir jou wag wanneer jy terugkeer van een of ander funksie of die dorp.Nog elke boer was veras en vermoor.

Elsa ·

Ek stem saam met Ivan. Is dit nie tyd dat elke plaashuis toegerus word met ‘n radiostelsel wat bure en omliggende plase met mekaar verbind nie en dat boere te alle tye gewapen rondbeweeg nie? Ja, dit gaan die boere geld kos, maar geld kan nie opweeg teen menselewens nie en baie lewens kan dalk so gespaar word. Die boeregemeenskap moet hulself beskerm, want dis duidelik dat CR en sy regering dit nie gaan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.