Kommer oor aansoek vir steenkoolmyn by Kruger

Die organisasie sê indien met die mynbedrywighede voortgegaan word, dit enorme nadelige en vernietige gevolge vir die omgewing kan inhou. (Foto: Verskaf)

Groot kommer heers oor Manzolwandle Investments se nuutste aansoek om steenkool in ’n gebied van ongeveer 87 000 ha naby Komatipoort en die Nasionale Krugerwildtuin te myn.

Die burgerregtegroep AfriForum se regspan het ʼn brief aan die maatskappye gestuur om as belanghebbende en geraakte party te registreer, asook om alle inligting rakende Manzolwandle se aansoek te verskaf.

“Indien met hierdie aansoek voortgegaan word en daar word wel in die gebied gemyn, kan dit enorme nadelige en vernietigende gevolge vir die onmiddellike omgewing, die Krokodilrivier en ander waterbronne, natuurreservate, wildlewe, die padnetwerk in Mpumalanga en landbouaktiwiteite inhou,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir omgewingsake.

In die brief sê AfriForum se regspan hy is ontevrede omdat Manzolwandle Investments nog ʼn aansoek vir ʼn mynlisensie indien. “Ons kliënt is van mening dat alle aansoeke tot dusver ongegrond was en ongegrond sal bly ingevolge ʼn behoorlike omgewingsimpakstudie. Ons kliënt sal voortgaan om hierdie aansoeke teen te staan.”

AfriForum het reeds in 2019 strafregtelike klagtes teen Singo Consulting (Edms.) Bpk. – wat as konsultante vir Manzolwandle Investments opgetree het – ingedien nadat daar na bewering bedrog in die vorm van plagiaat in hul omgewingsimpakstudie gepleeg is.

Die organisasie is verder besig met ’n hofaansoek teen Barbara Creecy, minister van omgewingsake, om die mynlisensie wat sy aan Manzolwandle toegeken het, te laat hersien. Die maatskappy is ook tot dié saak gevoeg.

De Klerk sê AfriForum sal nie toekyk hoe onwettige mynboubedrywighede die land verwoes nie.

Maroela Media het vroeër berig Manzolwandle Investments wou ook ʼn steenkoolmyn oor ’n gebied van 18 000 hektaar in dieselfde omgewing begin. Organisasies soos AfriForum het in 2020 al hul stem dik gemaak teen die ontwikkeling van die myn omdat dit enorme nadelige en vernietigende gevolge sou inhou.

AfriForum het destyds ook gesê dat Mpumalanga as toeristebestemming ekonomies in duie kan stort as daar met onwettige mynbedrywighede voortgegaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

CA ·

Soos wat ons meer en meer energie gebruik om ons lewenstyl in stand te hou, so sal die druk al groter raak vir nog myne. Selfs die brawe siele by Afriforum sal al meer sukkel. Die oplossing? Nie maklik nie, maar ‘n boer maak ‘n plan! Steek hand in eie boesem en skaal af, vervang energievretende nuwe tegnologie met goed wat altyd goed gewerk het sonder fossielbrandstof. Petrol- of elektriese blaar-blaser? Vat ‘n besem en vee die blare op, dit het nog altyd gewerk…

Samuel ·

Hoeveel belastinggeld gaan die ANC weer hier kan genereer? Hulle gee nie om vir hulle eie mense of die omgewing nie.

Toy ·

Mensdom is geldgierig, dit laat mens eintlik siek voel. Voel niks vir die natuur of diere nie, gaan net oor eie gewin. Siek man.

domheks ·

Myn? Op die voorstoep van Kruger? Mini-ster Barbara Creecy het geen kultuur nie!

SomeOne ·

sy kry sekerlik agter die rug baie ?? soos alle kaders wat die myn graag daar wil hê

Witbaard ·

Waarom altyd net AfriForum of Solidariteit. Waar is die DA dan. Wag seker tot die myn reeds daar is, dan wil hulle hof toe. Lyk my hulle is ook maar net salaristrekkers. Maak altyd n bohaai na die tyd, maar doen eintlik nie veel nie.

Di ·

Die korrupte ANC Kaders al als goedkeur net on geld in te palm. Op die ou einde gaan SA erger as Zimbawe wees, NIKS oor in die natuur nie, net een HOOL

Swerwer ·

Dit sal tot totale vernietiging van die gebied lei. Belaglik, wand weereens is toerisme ook in die gedrang. Daar is ander gebiede waar hul kan gaan eksperimenteer vir steenkool en ontginning.
Geld is nie alles in die wêreld nie.

Pieter ·

Minister Barbara Creecy het ook ‘n prospekteeraansoek deur Singo goedgekeur in die Waterberg, desondanks ‘n reeks appèlaansoeke. Singo se werk is van swak gehalte, dus dit sê veel van die Minister. Alhoewel die prospektering op papier kan deurgaan, is dit prakties onuitvoerbaar weens ‘n gebrek aan risiko analise.

Kokerboom ·

Hopekom swyg Minister van Omgewingsake?
Hoeveel ANC hoës besit aandele?
Dankie Afriforum!

Alfred E Neuman ·

Ek is nie bewus van enige kragsentrale in dié omgewing nie. Dink nou net hoe die paaie weer verniel gaan word as die steenkool hoëveld toe vervoer moet word. Een idiotiese optrede na die ander.

CA ·

Steenkoolmyne en al die omgewingsvernietiging en klimaatsverandering wat daarmee gepaardgaan sal ongelukkig nog lank met ons bly. Saam met ander fossiel-energiebronne lê dit ten grondslag van die lewenswyse waaraan baie van ons gewoond is: groot karre, groot huise, groot tuine, vakansiehou, oorsese reise, hoë-tegnologie fone, rekenaars, smart dit en dat, winkel toe ry vir ‘n koeldrankie, aircon-luier terwyl ons in die SUV vir ons kinders by die sportveld wag, noem maar op.

Alles benodig energie en al hoe meer daarvan. Selfs die sg. hernubare son en wind benodig fossielbrandstowwe om te bou, in stand te hou, te vervang en te herwin.

Werk ons daaraan om drasties minder energie te gebruik, of kla ons net as hierdie ouens met hulle masjienerie wil inbeweeg? Sien ons die verband in?

Veronica ·

Net soos met Shell en sovele ander projekte gee hulle nie n flenter om vir die skade aan die omgewing en natuur nie. Dit gaan net oor hoeveel geld hulle in hulle sakke kan steek!!!! Dis n flippen skande!!!!

Niklaas ·

Sit daar nie alweer Guptas hieragter nie ? Niks verbaas my meer in SA nie

CA ·

Raak ontslae van jou flatscreen tv, jou smartphone, jou aircon, jou reuse geyser en gaan slaap saam met die hoenders, dan het ons minder steenkoolmyne nodig. Ongelukkig kan son- en windkrag by verre nie ons baldadige lewenstyl ondersteun nie.

Andries ·

Elke paar jaar kom hierdie staatskapers voorendag om die steenkool te myn. En elke keer kos dit privaat mense miljoene om die besluite omver te gooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.