Kommer oor aanvalle op nooddienspersoneel   

(Argieffoto)

Twee paramedici is Vrydagaand in ʼn informele nedersetting in Germiston aan die Oos-Rand aangeval terwyl hulle die slagoffer van ʼn skietvoorval behandel het.

Die paramedici het reageer op ʼn skietvoorval in die Dukathole- informele nedersetting toe daar op hulle losgebrand is. ʼn Paramedikus is geskiet en gewond en moes na ʼn hospitaal gehaas word vir behandeling. Die ander paramedikus is ook in ʼn hospitaal opgeneem.

Die aanval op die paramedici het tot gevolg gehad dat die gewonde persoon vir wie hulp ontbied is, onderweg na ʼn hospitaal oorlede is.

Dr. Nomathemba Mokgethi, Gautengse LUR vir gesondheid, het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om ʼn einde te help bring aan die aanvalle op mediese personeel.

“As gemeenskappe nie saam met wetstoepassingsagentskappe werk om ʼn einde aan die aanvalle en voorvalle van vandalisme te bring nie, gaan mense wat mediese noodbehandeling benodig dalk nie hulp kan kry nie.”

Volgens Mokgethi is ʼn paramedikus vroeër die maand aangeval terwyl daar ook ʼn geval was waar ʼn span paramedici deur gemeenskapslede aangeval is.

“Die laaste ding wat ons wil hê, is dat nooddienspersoneel vir hul lewe begin vrees in plaas daarvan om soveel moontlik lewens te probeer red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Vonkprop ·

Hulp moet net eenvoudig onttrek totdat hulle die diens begin waardeer.

Persheks Adri ·

Nou vertel vir my hoe ons dit moet stop as ons self dag in en dag uit in vrees lewe? Cyril het mos nou werk geskep met die klomp sonder werk en ja ek’s sarkasties

Jr ·

SA is a disgusting criminal nest. People are out of control and this pathetic govt is totally inept to do anything. When good people like paramedics doctors and Leo Pretorius do good they are preyed on and threatened. Alles die skuld van politice wat haat aanjaag en die so genaamde twat professors op die MRC wat sê “dis nie haatspraak.
DISGUSTING

Michael ·

Mevrou Mokgethi, ,moenie net praat nie, kry beskerming vir die noodvalpersoneel en leer jou mense wat nooddiens beteken.

Termiet ·

As die nood diens werkers weier om by sulke plekke in te gaan, dan word alles weer gebrand en gebreek oor daar nie nood dienste is nie?

Persheks Adri ·

Korrek hulle sal weer brand en breek hel ons gaan nie wen nie. Niemand is nêrens meer veilig nie

Gert ·

Bewapen die nooddienste sodat nadat hulle hulle self beskerm het die aanvallers ook behandel kan word en dan sommer gearresteer word ook

SomeOne ·

ons wil nie graag dat nog van ons mense onnodig in die tronke beland nie, our people mense weier om in sulke woonbuurte in die nag in te gaan, want hulle weet dat hulle ook nie die son die volgende oggend sal sien nie

Blikke ·

Om te bewapen beteken niks as jy nie opgelei is om in so situasie te funksioneer nie..

Erika ·

Net n Vraag Wat gaan daadie selfsugtige”mense’ wat die Noodhulp personeel aanval doen as daar nie personeel beskikbaar is om hulle weer te help nie ( Nie so ver gedink nie Ne…)

Danie ·

Ek sal sê die paramedici moet tov elke oproep hulself bereid verklaar om te gaan maar moet aandring om te wag vir polisiebegeleiding.
Dit sal beteken hulle hoef nie te ry nie want die polisie sal nie opdaag nie.
Saak opgelos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.