Die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie het terugvoer gekry oor vordering wat gemaak word met die inwerkingstelling van wetgewing wat staatsamptenare en spesiale adviseurs verbied om sake met die staat te doen.
Die betrokke departement het terugvoer aan die parlement gegee oor sy monitering van dié verbod, asook terugvoer van die intellektuele-eiendomsregister van maatskappye (Cipro) oor sy pogings om die regering te help om die wetgewing af te dwing.
Ingevolge wetgewing kan enigiemand wat hulle skuldig maak aan dié oortreding, ʼn boete of tronkstraf opgelê word.
Mina Lesoma, waarnemende komiteevoorsitter, sê die komitee wag tot dusver om sien dat enigiemand vir die oortreding voor stok gekry word.
Die komitee sê hy is teleurgesteld in rekenpligtige beamptes se versuim om nie wetgewing af te dwing nie. Hy wil nou reeksoortreders vasvat en gaan departementshoofde en direkteur-generaals vra om aan die parlement terugvoer te gee oor ondergeskiktes se bedrywighede.
Volgens die komitee het verskeie staatsdepartemente steeds nie toegewyde etiek-beamptes wat staatsamptenare wat steeds sake met die staat doen kan vasvat nie.
Hoewel Cipro geen wetlike mag het om ʼn amptenaar te verhoed om ʼn sakeonderneming te registreer nie, is die Wet op Staatsdiensbestuur veronderstel om staatsamptenare te verhoed om sake met die staat te doen.
Die wetgewing laat amptenare wat sakeondernemings bedryf toe om sake met die private sektor te doen, maar toestemming hiervoor word steeds benodig.
Die getal amptenare wat sake met die staat doen, neem jaarliks toe en die meeste van dié amptenare werk op provinsiale en plaaslike regeringsvlak. Sedert Maart vanjaar het 1 539 amptenare sake met die staat gedoen, ʼn toename van 471 sedert ʼn jaar gelede.
Volgens die komitee stuur die departement briewe aan ander staatsdepartemente wat hulle inlig oor oortredings van die wetgewing, maar die getal voorvalle bly toeneem.
Die komitee het ook die samewerking tussen die polisie en die departemente van onderskeidelik justisie en staatsdiensadministrasie verwelkom om te verseker oortreders word vervolg.
Die komitee gaan ook die polisie vra om terugvoer te gee oor vordering met die sake, asook enige vertragings in vervolgings.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Koop by Makro, merk hom op en verkoop aan die staat, tenderpreneurs, skitterend
Die gulsigheid ken geen perke nie
Dis ironies genoeg nie die junior beamptes nie, daar is prosesse in plek om hulle te keer. Verder nog is die praktyk ‘n direkte gevolg van BBBEE. Die staat is bereid om meeŕ vir alles te betaal (amptelik sowat 10%) solank dit BBBEE is. Nou kry jy 3 kwotasies by BBBEE plekke, en almal het reeds hulle pryse opgestoot (tenderpreneurs) so nou betaal die staat tot 100% meer as wat produkte beskikbaar is. En nou wonder die regering waar ons geld heen is!
Boete of tronkstraf of bevordering?
Die ouens maak asof dit reëls nie bestaan nie. Dit bestaan lankal, maar word nie toegepas nie. Toe ek in die staatsdiens gewerk het, moes ek toestemming kry om ekstra werk te doen. Ek kon net dit doen wat binne die raamwerk van sekere vereistes voorsgeskryf is. Daarby moes ons almal wat aansoek doen ‘n onderneming teken dat jy nie met die staat sal handeldryf nie. Daardie amptenare wat gewerk het met verkryging – veral die goedkeuringsproses – is onder streng voorwaardes toegelaat in die komitees wat finansiële besluite moes neem en goedkeuring verleen aan verkrygingsprosesse. So, pas net die… Lees meer »