Kommer oor belasting op suiwer vrugtesap

(Argieffoto: Unsplash)

Die DA het ʼn brief aan dr. Kenneth Jacobs, voorsitter van die gesondheidskomitee, geskryf oor die tesourie se voorstel om suikerbelasting op 100%-suiwer vrugtesap te hef.

Daar word tans belasting op ʼn reeks koeldranke en sappe gehef wat bygevoegde suiker bevat. Michele Clarke, die DA se woordvoerder oor gesondheid, sê indien belasting nou op suiwer vrugtesap gehef word, sal Suid-Afrika een van die min lande ter wêreld word wat natuurlike suiker in vrugtesap belas.

Volgens Clarke sal die instelling van ʼn suikerbelasting op 100% suiwer vrugtesap – wat natuurlike suiker bevat – massiewe gevolge vir suikerboere hê. Die raad vir verbruikersgoedere het ook kommer uitgespreek oor die impak van suikerbelasting wat gevolge van werkverliese in die landbousektor kan inhou.

“As in ag geneem word dat Suid-Afrika uit ʼn Covid-19-pandemie kom wat ernstige uitwerking op werksgeleenthede en ekonomiese groei gehad het, is dit kommerwekkend dat hulle poog om die koste van 100% vrugtesap te verhoog en selfs meer werksgeleenthede te verloor,” meen Clarke.

Die regering het in die vorige jare suikerbelasting ingestel met die doel om gesondheidsuitkomste te verbeter. “Daar is egter min bewyse dat die belasting wat hieruit verdien word, gegaan het om gesondheidsuitkomste te verbeter. Van hierdie programme sluit in om die bevolking op te voed oor voorkomende strategieë om ʼn langer en gesonder lewe te lei.”

Clark wys daarop dat die gesondheidskomitee tot op hede versuim het om ʼn verslag op te stel wat aantoon hoe belasting wat gehef word, gesondheidsuitdagings, soos diabetes en vetsug in Suid-Afrika getakel het.

“Die regering moet duidelike regulasies en voorkomende gesondheidstrategieë daarstel. Daar is ʼn behoefte aan waterdigte beleid om die verbruik van ongesonde kossoorte te verminder, duidelike statistieke oor die huidige gesondheidstoestand van die land en ʼn ouditverslag oor die doeltreffendheid van regeringstrategieë wat daarop gemik is om gesondheidsuitkomste te verbeter.

“Soveel as wat daar ʼn behoefte is om ʼn gesonder leefstyl aan te moedig en maatskappye aan te moedig om die hoeveelhede suiker in hul produkte te verminder, kan ons nie gesonde items met natuurlike suiker soos 100% suiwer vrugtesap onbekostigbaar maak nie. Suid-Afrikaners sukkel reeds met hoë pryse oor die algemeen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Witbaard ·

Kan me Clarke asb vir my verduidelik watse inpak die belasting op 100 % suiwer vrugtesap (wat dus 100% natuurlike suiker bevat) op SUIKERBOERE gaan hê. Indien daar suiker bygevoeg word, is dit mos nie 100% suiwer nie, of hoe?

marius ·

Wat van 100 % belasting op kitskos ? En Duitse motors ook .

Samuel ·

Belasting op kitskos sal goed wees, maar joekom op Duitse motors?? Gaan my verstand te bowe.

Alfred E Neuman ·

En op alle dubbelkajuit bakkies. Verdubbel sommer die belasting.

Jacobus ·

Ek hoop dit is n sarkastiese vraag, anders om watter rede?

JL ·

Duidelik werk die “suikerbelasting” en “sondebelasting” op drank glad nie. Kyk maar net hoe “uitermate gesond” is die politici. Net nog ‘n poor om geld te laat deursypel.

VaalDonkie ·

Wag tot hulle uitvind hoeveel suiker kruip weg in stysels soos brood een mieliepap!

Marius ·

Al die heffings en belastings op branstof, produkte land in kaders se ssakke. Niks word aangewend waarvoor dit bestem is nie. Dit is ‘n hartseer storie.

Linda ·

Ja die varke om die trog raak al meer en die kos al minder. Suurstof wat ons via die masker inasem gaan ook seker een van die dae belas word.

Pampoen ·

Dit word blykbaar gedoen om mense te ontmoedig om suiker te gebruik, maar hoekom kos suikervrye koeldrank dieselfde as suiker koeldrank selfs na die “sugary tax”?

Alfred E Neuman ·

Dit is n vraag wat MOET beantwoord word, veral deur die kleinhandelaars. Regte klomp skelms.

Chris dupreez ·

Ja lyk my die belasting is op die woord ,,suiker,, . Of dit nou ,,suiker,,vry is of nie.

Jacobus ·

Die term suiwer blyk ‘n onding te wees vir die geldgierige regering. Dit is ook duidelik dat gesondheids oorwegings totaal sekondêr is. Kriminele onkunde.

Winnie ·

Ai tog daai staatskaping onthullings het sekere beursies toegezip nou moet daar ander maniere gevind word om ietsie in die koekiejar te kry

Andrew ·

Dis net omdat so baie sap uitgevoer word. Ek sien nie strate vol van ceres boksies lê nie. Sap is duur veral teenoor die goedkoop sweeto smakende gas koeldranke wat nou volop is. Hoef nie te raai wie daai besit nie en hoe hulle net R10 n 2 liter kan vra met so baie suikerbelasting.

domheks ·

anc sal nog later, as jy toilet gebruik, ook ‘n belasting instel!

Aikie ·

Jy is te laat my dier, gaan koekeloer op jou erf belasting hoeveel betaal jy vir jou “waste water” hulle roer ons klaar daar vir die water in en uit jou wrf. Dis hoekom die ou sê ding van Transvaal die waarheid is.

Lourens CFG ·

Die regering skep net nóg ‘n melk koei vir hul sakke.

Anel ·

En môre word daar belasing gehep op die soethyd van vrugte. Hoe soeter hoe hoër die belasting! Wat ‘n siek spul! Maar wat van suiker in brood en mieliepap? O, vergeet dit is hulle stspelvoedsel en hulle moet dit amper verniet kry!!!

Linda ·

Die varke om die trog raak net al meer en die kos al minder. Ons gaan seker een van die dae belas word op hoeveel keer jy ontlas per 24 uur ook.

Deon ·

Iemand sal hierdie besluitnemers en voorstellers bietjie moet oplei, as hulle so aangaan, gaan mens op vrugte ook sonde belas word….. Miskien kan n plakker op die sap verpakking geplak word, wat lees, geen suiker, maak nie saak wat daar binne is nie…. As die baba n fopspeen soek, gee hom een… Skelm regering!!

Chris dupreez ·

Hoekom stel julle nie ,,korupsie belasting ,, ook in nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.