Kommer oor bendeskietery ná vrou sterf

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: ANA

“Ek is bekommerd oor die bendeverwante voorvalle wat steeds kop uitsteek en waarin onskuldige mense doodgemaak word,” het die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Sizakele Nkosi-Malobane, ná die skietdood van ʼn 45-jarige vrou in Johannesburg gesê.

Die vrou en haar 10-jarige, wat in die been geskiet is, het Donderdag in die kruisvuur van drie vermeende bendelede in die westelike voorstad Westbury beland. Die polisie het kort daarna twee verdagtes aangekeer, maar ʼn derde man is nog op vrye voet.

Nkosi-Malobane sê dis selfs ontstellender dat die jongste voorval gebeur het teen die agtergrond van ʼn veldtog en oorlegpleging oor veiligheidsvraagstukke met inwoners van die Sophiatown-polisiegebied, waarvan die werkersklasvoorstad waar die skietery gebeur het, deel is.

“Sulke voorvalle kan nie [geduld word nie], want dit bedreig die veiligheid van ons gemeenskappe en veroorsaak blywende trauma omdat hulle dit sien gebeur.”

Die voorval het Donderdagmiddag naby die Rahima Moosa-ma-en-kinderhospitaal gebeur. Dit volg twee maande ná die dood van ʼn seun wat voor ʼn skool in die omgewing geskiet is.

Nkosi-Malobane het die afgelope maand die Sophiatown-polisiegebied as deel van ʼn veiligheidsuitreikprogram besoek om probleme soos afknouery, bendebedrywighede en dwelms die hoof te probeer bied.

Die Gautengse regering het belowe om polisiehulpbronne in die omgewing te ontplooi om maatskaplike euwels te help uitroei, sê Nkosi-Malobane.

Sy doen ʼn beroep op inwoners om kalm te bly en die versoeking te weerstaan om eie reg te gebruik nadat hulle vanoggend amok gemaak en alle toegangspaaie na die voorstad blokkeer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Msp ·

Wonder of dit nie fakenuus is nie. Volgens Mnr Ramaposa en sy minister Lindiwe Sisulu is daar geen sulke dinge wat in Suid Afrika gebeur nie. Hy sê dis net leuns wat verkondig word. Die een minister is bekommerd oor al die “crime” en die ander ontken dit.

H.A. ·

Msp. Solank as hulle alles ontken en wegsteek sal die kanker in die land versprei. Dus is hulle besig om die land vinnig te vernietig.

Cherokee ·

Is die DA se Kapenaars besig om na Jo’burg te emigreer? Bendebedrywighede is tog eie aan die Kaap, nou na-aap Johannesburg hulle! Dankie tog, ek woon in Durbs. Hier lyk dit effe anders. Die Zulu-Chief het gesê hy wil onafhanklikheid uitroep. Dan sal die potensiële Volkstaters hierheen move en ons sal koring, suiker, piesangs en bunny-chows na die RSA uitvoer.

Tommie ·

Sê hulle my tannie, sê hulle.
Jy sal dit nie duld nie!
Hulle sal vir jou luister.

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

“Although the police cannot really prevent crime, they can affect crime, both directly and indirectly.” (Page 58)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

AW ·

“The organisation Gun Free South Africa says that the greatest sourse of illegal weapons is loss and theft. According to them, an average of twenty guns a day are stolen from civilians and two a day from the police. The real figure, however? Is probably significantly higher, since it is safe to assume that not all gun theft is reported to the police.”
(Page 211 – HEIST! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered – Anneliese Burgess, 2018)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.