Kommer oor beroep op studente om ‘net op te daag’

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Die Universiteite Suid-Afrika-forum (Usaf) het sy kommer uitgespreek oor uitsprake van politieke leiers dat studente met die begin van die 2018 akademiese jaar bloot by universiteite moet opdaag om te begin studeer sonder dat hulle vooraf aansoek gedoen het vir toelating tot die tersiêre instansie.

Dit kom nadat Julius Malema, leier van die EFF, die afgelope naweek ʼn beroep gedoen het op “akademies verdienstelike studente” om met die begin van die akademiese jaar by die akademiese instansie van hul keuse aan te meld.

Hy het gesê enigiemand wat in die verlede matriek geslaag het, “maar nou as petroljoggies, in kleinhandel of as veiligheidswerkers werk omdat hulle nie universiteitsfooie kan bekostig nie”, moet net by ʼn tersiêre onderriginstansie aanmeld. “Die EFF sal by die hekke van al die onderriginstansies wees om seker te maak daar word nie voorkeur gegee aan diegene wat kan bekostig om te betaal nie,” het Malema gesê.

Malema se uitsprake kom nadat pres. Jacob Zuma einde verlede jaar in ʼn omstrede aankondiging gesê het studente wat vir tersiêre onderrig kwalifiseer, en uit ʼn huishouding met ʼn gekombineerde jaarlikse inkomste van R350 000 of minder kom, se studies aan openbare universiteite en kolleges wat tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding bied sal vanaf 2018 ten volle gesubsidieer word.

Zuma het ook gesê daar sal nie enige verhoging in klasgelde wees vir studente vanuit huishoudings wat tot R600 000 per jaar verdien gedurende dié akademiese jaar nie. Die plan is om die subsidies oor die volgende vyf jaar in te faseer.

Zuma se aankondiging is uit verskillende oorde beide verwelkom en gekritiseer, met sommige wat meen dat dit die eerste stap is om ʼn einde te bring aan akademiese uitsluiting van armes, terwyl ander daarop wys daar is geen duidelike en volhoubare plan in plek om Zuma se beloftes uit te voer nie.

Prof. Ahmed Bawa, uitvoerende hoof van Usaf, het gesê Suid-Afrika se 26 openbare universiteite is onkant gevang deur die aankondiging deur die president. Hy het ook die tydsberekening van die aankondiging bevraagteken, aangesien daar geen duidelike implementeringstrategie of plan is vir die befondsing van hierdie subsidies nie.

“Die ideaal sou gewees het indien ons ʼn jaar gehad het om die nuwe stelsel te implementeer – nou het ons net twee of drie weke. Ons het al herhaaldelik ons kommer uitgespreek oor die studiefooi-kwessie wat as ʼn politieke speelbal gebruik word. Dit is nie net oneerlik nie, maar baan ook die weg vir die kwessie om bloot vir politieke doeleindes gebruik te word soos ons al gesien het.”

Bawa het in ʼn verklaring gesê studente wat vandeesmaand net by tersiêre instansies opdaag en eis om tot die instansies toegelaat te word, kan weer tot ʼn soortgelyke voorval lei soos in Januarie 2012 toe ʼn ouer tydens ʼn stormloop by die hekke van die Universiteit van Johannesburg (UJ) doodgetrap is.

“Ons doen daarom ʼn beroep op alle politieke partye en studenteleiers om ʼn verantwoordelike benadering te volg oor hierdie nuwe verwikkelinge in die openbare hoëronderwyssektor en om saam met die universiteite te werk om die uitdagings aan te spreek wat die begin van die akademiese jaar moontlik kan ontwrig,” het Bawa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

zoom zoom ·

Net ‘n paar woorde wat dit beskryf. HIER KOM GROOT SPORT.

Max ·

zoom zoom, u het SPORT verkeerd gespel om die situasie te beskryf….

Eish ·

Chaos is oppad.
My simpatie lê uit en uit by die Afrikaansprekende blanke studente wie reeds alles in plek het as eerste jaar, sowel as die wat terugkeer vir n nuwe jaar van studie.
Dit is baie jammer dat die politieke speelbal in n gevaarlike kartets ontaard het, maar die aankondiging oor gratis onderwys is myns insiens met voorbedagte rade gedoen.
Die akademiese jaar gaan dus afskop met betogings wat tot grootskaalse ontwrigting gaan lei.
Eish, nie n goeie begin vir studente nie.

Theresa B ·

Sy mond moet net toegeklap word. Ook geen brein nie. Besef nie watter ghaos gaan hy veroorsaak nie. Enige een kan sien dit is mos ‘n saak van onmoontlikheid. REGTIG!!!!

JULIAS ·

WEL niemand wil mos vir JULIUS op sy plek sit nie, so laat die duisende studente wat kwalifiseer en nie kwalifiseer nie opdaag en klaarkry, niemand kry hom in die tronk gegooi nie, niemand kry hom skuldig bevind nie, en niemand neem enige daadwerklike aksie teen hom nie. Laat hulle maar opdaag en chaos veroorsaak en klipgooi en afbreek en afbrand .. dit is die toekoms van SA . EK sou net die studente wat wel ingeskryf is die eerste twee dae aanbeveel om WEG TE BLY.

Frans C ·

Die mense wat voorheen hulself as benadeeldes beskou het,het nie gestem omdat daar so’n
goeie grondwet onderhandel is nie,maar eerder uitgesien het na die beloftes vervat in die Vryheidsmanifes.
Dit het belowe:The Doors of Learning and Culture Shall be Opened!
The government shall discover, develop and encourage national talent for the enhancement of our cultural life;
All the cultural treasures of mankind shall be open to all, by free exchange of books, ideas and contact with other lands;
The aim of education shall be to teach the youth to love their people and their culture, to honour human brotherhood, liberty and peace;
Education shall be free, compulsory, universal and equal for all children; Higher education and technical training shall be opened to all by means of state allowances and scholarships awarded on the basis of merit;
Adult illiteracy shall be ended by a mass state education plan;
Teachers shall have all the rights of other citizens;
The colour bar in cultural life, in sport and in education shall be abolished.”

Om jou regte volgens die grondwet toegepas te kry het jy geld en ‘n goeie prokereur nodig.
Om die Vryheidsmanifes uit te oefen moet jy net opdaag ,want beloftes daarin vervat
maak skuld en skuld moet een of ander tyd vereffen word,al is dit onbetaalbaar en onhaalbaar.

Adam ·

Frans C, die probleem is nie die Vryheidsmanifes nie, maar die totale gebrek aan dissipline by politici wie elke liewe ding probeer omskakel in politieke punte. In jou aanhaling word daar duidelik verwys na “awarded on the basis of merit” en “equal for all children”. Ek kan en kon nog nooit daarmee fout vind nie, maar my probleem is die Zuma en Malema interpretasie daarvan. Ek kan nie begryp hoe op aarde die toelatingsvereistes tot universiteite afgewater word tot die punt waar sommige studente nie eens oor basiese taal- en syfervaardighede wat van van skool-leerders verwag word, beskik nie. Wat soek sulke “studente” op universiteit? Dit sou veel beter wees om die standaard van ons skoolopleiding op die vereiste vlak te kry.

Blits ·

Ek gee Zuma 10/10, Dit is n briljante plan gewees, Hoe gaan enige iemand kan konsentreer op saats kaping en sy 783 aanklagtes as die hel los breuk oor die gratis onderig?.
Hy het met di woorde seker gemaak dat die land in n lekker spin gaan en almal gaan probeer om die ding te ontlont terwyl hy en sy makkers nou vir die laaste keer gou sakke vol geld maak.

Dinarie ·

Hoe groter die chaos aan die begin van die studie jaar, hoe beter die kans dat onse Prez n algemene noodtoestand kan afkondig en homself as diktator aanstel en alle politieke verwikkelinge sedert Nasrec ongedaan kan maak.

piper ·

die groot sport gaan kom wanneer hulle uiteindelik klaar geswot en werk soek en nie werk kry nie. dan gaan hulle met die niks werd graad maar elkgeval petroljoggies gaan wees.

Rooi jan ·

Soos die tienduisende Zimbabwiërs wat hier in SA woon en werk. Hulle grade is ook niks werd nie.

Steg ·

Maar wat van diegene wat reeds oor die hond se stert is met hul graad/kursus? Gaan hulle graad dan ook niks beteken?

Koos1 ·

Prof, jy sal van meer tyd gehou het, wel ek sou ook daarvan gehou het as UOV in Bloemfontein nog in Afrikaans kon klas gee, maar ons kan nie almal kry wat ons wil hê nie.
Welkom by die politieke speelbal wat met trots gebring word deur die ANC.

snoefie ·

tot tyd en wyl die gereg nie streng gaan optree teen malema, “Aan-die-lê” en hulle kornuite nie, sal die opstokery tot geweld (want die eisery gaan nie vreedsaam verloop nie) aanhou. wanneer gaan hulle (betogers) verantwoording doen vir die skade wat hulle aanrig?

BKOMVANSELF ·

Enigeen wat matriek deurgekom het? So kwalifiseer jy dan vir medies en al die beroepe wat jy graag sou wou voor studeer, nieteenstaande die vakke wat jy geneem het en die persentasie wat jy daarvoor verwerf het nie? Wonder wie het sy BCOM aan hom toegeken? Mense wat se hy is so slim is net so dom om te dink hy het sy BCom regtig behaal, dit is aan hom toegeken .. met sy skoolsimbole kon hy beslis nie gaan studeer nie en ook nie met die IK wat sulke strooi uitdink nie.

G ·

Nou laat hul hul eie gratis universiteite bou, en Malema vra om vir hul almal te betaal. Die meeste kan nie eers hul skoolvakke slaag nie, maar nou soek ons graad.

Vermeende ·

MET VERANTWOORDELIK BENADERING VOLG???????

Verantwoordelikheid is n westerse konsep wat verwep sal word met alle minagting.

Carel ·

Wat van al die studente wat druip. Kan hulle maar net aanhou swot en druip. Dan kom volgende jaar se nuwe studente by. Hier kom ‘n ramp. Nie een van die univesiteite kan daardie volumes hanteer nie. So al hoe hulle dit onderbeheer gaan kry is om standaarde te laat sak en elke 2 pertol joggie en veiligheids wag gaan nou ‘n graad he. So dan beteken daardie grade net mooi niks.

Frans ·

Onderrig is nie gratis nie indien iemand anders (die belastingbetalers) dit befonds nie!!

jaco ·

het die ANC en die SA Kommunistiese Party dan NIKS by hulle kommunistiese mentors van die struggle jare geleer nie? In daardie lande, veral die Sowjet-Unie, Oos-Duitsland, Hongarye en Tsjeggo-Slowakye,was:
-onderwys, ook op universiteitsvlak, gratis
-staatshospitale gratis en van goeie standaard
-skoolstandaarde hoog
-behuising vir almal, nou nie luuks nie, maar GEEN plakkerskampe nie
-werk vir almal, nou nie altyd wonderlike werk nie, maar GEEN werkloosheid nie
Daardie kommunistiese regerings het nou wel kerke aan bande gelê en mens kon nie reis of verhuis na die Weste nie, daar was geen politieke vryheid nie en geen vryheid van spraak nie, maar dit was nou ook nie so sleg om daar te bly nie. Selfs VANDAG nog verlang baie mense wat onder daardie stelsel geleef het, terug daarna. Plaas die ANC ‘n mini Oos-Duitsland of mini-Hongarye in SA geskep het…

Bekkie ·

Ek is net DANKBAAR my kind het haar studies na 6 jaar met 3 kwalifikasies voltooi. As n A-gemiddelde op skool moes Sy baie hard werk om n sukses as student te wees. Om matriek te slaag is nie genoeg nie. Dit kos deursettingsvermoe met goeie ondersteuning om suksesvol te wees. Hier kom chaos. So jammer vir ernstige studente.

Rupert Ashford ·

En so jammer vir die ernstige studente van 2019, 2020, 2021 en so-aan. Ekskuus julle, ons het saam gebou hieraan en party wil nog verder werk hieraan as mens die kommentare lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.