Kommer oor betogings by Charlotte Maxeke-hospitaal

Charlotte Maxeke-hospitaal (Foto: Sindiso Ndlovu, Twitter)

Politieke partye het Donderdag hul kommer uitgespreek oor gewelddadige betogings by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg.

Jack Bloom, woordvoerder vir die DA, het sy kommer uitgespreek dat ontwrigtings by die hospitaal voortduur ná die hospitaal verlede maand geplunder is. Personeellede het die ingange na die hospitaal Woensdag met brandende bande versper en paniek gesaai en ontwrigting veroorsaak vir pasiënte en personeel.

“ʼn Verpleegster het vir my gesê hoe bang sy was toe sy nie om 13:00 met haar motor kon ry nie, weens aggressiewe betogers en ʼn buiteband wat aan die brand gesteek is,” het Bloom verduidelik. “Die werkers se griewe handel oor onbetaalde prestasiebonusse en die huidige loononderhandelinge.”

Hy het gesê Leratong-hospitaal aan die Wes-Rand is ook geraak deur werkers wat die hospitaal versper het en alle operasies, wat nie noodgevalle was nie, is gekanselleer.

Bloom het gesê die departement van gesondheid moet die werkers se griewe vinnig en regverdig oplos. “Die ontwrigting van hospitale kan nie geduld word nie, omdat dit noodsaaklike dienste is.”

Philip van Staden, woordvoerder van die VF Plus, het gesê die staking by die hospitaal is niks anders as ʼn aanduiding dat die provinsie se gesondheidsdienste finaal inmekaar gestort het nie. “Alhoewel die departement in hierdie jaar se provinsiale begroting die grootste gedeelte ontvang het, is dit steeds nie genoeg om die departement van algehele ondergang te red nie. Die jarelange korrupsie en wanbestuur wat in die departement heers en gelei het tot die Esidimeni-slagting en die ineenstorting van dieselfde hospitaal se dak, die haglike omstandighede waaronder mediese personeel moet werk en die gevaar waarin pasiënte daagliks verkeer, is maar net ʼn bewys dat geen salf meer aan hierdie wond te smeer is nie.”

Van Staden het gesê die VF Plus spreek sy kommer uit dat die Gautengse LUR van gesondheid, Gwen Ramokgopa, asook die LUR van gemeenskapsveiligheid, Sizakele Nkosi-Malobane, nie daarin kan slaag om die lewens van pasiënte in die provinsie se hospitale te beveilig nie.

“Dit is ʼn skande dat pasiënte vir hul lewens moet vrees en in die hospitaal se kelder moes wegkruip om hul eie lewens te beskerm. Die VF Plus sidder om te dink wat gebeur met pasiënte wat nie kan beweeg of nie eers weet wat om hulle aangaan nie. Dit is hoog tyd dat daar met ʼn ferm hand teen stakers opgetree word en dat die provinsiale departement van gesondheid dringend onder administrasie geplaas word om te probeer red wat nog te redde is,” het hy bygevoeg.

Ramokgopa was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie. Haar kantoor het gesê sy is na die hospitaal toe om die kwessie op te los.

Lees alle vorige berigte oor Charlotte Maxeke-hospitaal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

dejager ·

Daar was laas onder Apartheid ń minister van wet en orde.Dit is ook laas toe daar wet en orde was

Jacobus ·

Hier is nou ‘n saak waaraan die media, die Gauteng Provinsie, die staatsdepartemente en die howe werklik aandag aan kan gee.

Weerloses kan nie so gelaat word of aan sulke kriminele gedrag blootgestel word nie.

Wanneer word ‘n hospitaal vol pasiënte en personeel nie aan die brand gesteek nie., dink net aan so ‘n tragedie.

Politici, korrupsie, wanadministrasie, unies, misplaaste self reg, eiewaan, kriminaliteit, anargie, opportunisme; sal nog aanleiding gee tot groot lewensverlies.

Ek sider om te dink wat die toekoms inhou vir die land.

HPV ·

Watter toekoms? Onder die regime is daar geen toekoms, wag maar tot die eiendomsdiefstal begin dan sal die Verenigde Nasies moet ingryp om ‘n burgeroorlog en menseslagting te voorkom. Net nog ‘n ellendige en siek Afrika demokrasie.

Wilma ·

Onbevoegdes in poste. Voel vere vi pasiente. Net daar vi di pay. Sies

RM ·

Please view on YouTube and share videos about this specific incident and other “transformations” happening in SA that are suited for an international audience:
Starbird Disagrees
Reynaldo Gouws
Willem Petzer

This fantastic coverage highlights the circumstances South Africans face in their daily lives. It is time the world wakes up to the infringement of basic human rights happening to ALL citizens. 19, 000 murders a year is a catastrophe. Xenophobic, targeted killings are a catastrophe. Nobody wants to live like this.

anti verrotting ·

Die regering voel ‘n veer – want dit is al wat hulle ken en gemaklik laat voel – anders sou hulle dit gestop het.

John ·

… en gaan hulle nou gekalmeer word met geld… aan hul eise toegee? En more buk dieselfde aggressiewe morsjorse oor siek pasiente se beddens en glimlag liefdevol… soos Florence Nightingale destyds met die lampie en ‘n sagte hand…. grrrr!

Elize ·

Wat het geword van die eed wat afgelê word in die medieseberoep? Ag ek het nou sommer ‘n simpel vraag gevra want die enigste eed wat afgelê word is om jou eie sakke vol te stop en alles te vernietig

Performance ·

Los dit, moet dit nie herstel nie. Erens moet iemand verantwoordelikheid daarvoor aanvaar en dit moet nie EK die belastingbetaler wees wat REEDS duur aan private mediese sorg betaal en nog staatshospitale ook moet onderhou met my belasting nie. Ja baie mense gaan daaronder ly maar kyk na die groter prentjie .. Fire almal . In die nuwe bedeling wil almal werk he maar hulle wil nie iets doen nie .. net rondsit .. en ‘n bonus is jy NIE Op geregtig nie .. VERAL nie in die staat waar die geld lankal op is nie. Ons bonusse is ook teruggehou en ek het nog niks uitgebrand nie.

alida ·

Mooi man stuur dit die HELE WERELD vol na CR LS en die EU. Hulle wil mos nie glo wat hier aangaan nie. Trump waar is jy? kom kyk asb hoe werk dit in ‘n derde wereld dan smeek ons nog ander lande vir beleggings!!!! CR moet ophou om ‘n gek van homself te maak en oorsee te verkondig dat alles OK is in SA.

Bande brand ·

In die eerste plek stem ek saam dat die regering die werksomstandighede sowel as die hospitaalgeriewe moet verbeter. Tweedens stem ek nie saam met personeel wat bande brand nie. As ek in ‘n hospitaal is, moet ek die personeel kan vertrou om na my om te sien. In hierdie geval lyk dit nie of die personeel vir die pasiënte omgee nie, maar net vir hulleself. Ek verstaan dat werkers ontevrede kan wees met hulle salarisse, maar wat het geword van praat? Waarom moet bande gebrand word? Laastens net die opmerking oor die bonusse: Die word “bonus” is presies wat dit sê, ‘n “bonus”. Werkers kan mos nie aandring daarop nie? Ek hoop ons regering begin aandag gee aan die probleme op grondvlak. Verbeter basiese dienste en hou op om geld te mors op nonsens.

GM ·

En dan sê hulle dit vat SO lank om sinkgate op te vul! Kry díe manne en manninne om dit te doen. Kyk hoe vinnig kry hul ‘n pad toegemaak met sulke lekker groot klippe as hul ontevrede is ook iets. En prestasiebonusse? Ha, watse prestasies?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.