Kommer oor beweerde mishandeling van bejaardes in tehuis

bejaarde-hande.jpg

Argieffoto

Nandi Mayathula-Khoza, Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het Vrydag haar kommer uitgespreek oor bewerings dat bejaardes van die Eersterust-ouetehuis, oos van Pretoria, mishandel word.

Mayathula-Khoza het gesê sy werk tans deur ʼn verslag wat die Pretoriase departement van maatskaplike ontwikkeling oor die beweerde mishandeling saamgestel het, en beoog om binnekort die tehuis self te gaan besoek.

Sy het gesê sy beoog om tydens haar besoek met belanghebbendes te vergader om sodoende agter die kap van die byl te kom oor die werklike probleme by die fasiliteit. Volgens haar behoort dié tehuis ʼn plek van veiligheid vir bejaardes te bied en nié ʼn plek te wees waar hulle mishandel word nie.

“Ek is baie bekommerd oor die verskeie verslae wat dui op mishandeling van bejaardes by die tehuis – dít terwyl daar na hulle omgesien moet word. Die mishandeling van bejaardes word gesien as ʼn maatskaplike euwel of siekte, en moenie verdra word deur gemeenskappe en families nie. Die regering doen alles in sy vermoë om te verseker dat niemand verder mishandel word nie en dat die skuldiges verantwoordbaar gehou word.”

Mayathula-Khoza sê bejaardes word boonop deur die Grondwet beskerm teen sulke gevalle, soos onder meer deur die Wet op Ouer Persone (Wet 13 van 2006), wat beklemtoon dat ouer persone beskerm moet word.

Volgens haar sal die departement ook voortaan daarop fokus om te verhoed dat bejaardes finansieel uitgebuit word. Sy sê die departement sal sy strategie van 2014 hersien om dié tipe voorvalle ʼn nekslag toe te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Manie Strydom ·

Laat carte blanche ondersoek instel en die skurke verantwoordelik boet.

Joshua ·

Hoogtyd dat Afriforum hierdie rassisme by die MRK aanmeld.

PJC ·

Wie en wat is die oortreders. Is dit ń soortgelyke geval as wat voorheen deur Carte Blanche ontbloot is. Ek kan nie onthou van optrede teen die oortreders destyds nie. Die ondersoekers is eerder beskuldig dat hulle die oumense se privaatheid geskend het met die beeldmateriaal. Ek is oortuig dat die oortreders skotvry daarvan gaan afkom en hierdie sal net weer as ń geval van rassisme afgemaak word want ons weet mos wie is die oortreders en verder sal daar niks gebeur nie.

Alida ·

Nog n skandaal. Hulle stel mos werksoekers aan sonder enige opleiding of integriteit. Kry vir jou Aaron.

Oom Kalahari ·

Dit raak ‘n normale tendens om frustrasies op hierdie oue weerlose mense uit te haal nie. Plaas kameras oral en laat Afriforum en Solidariteit ook betrokke raak en ondersoek en verslag deurgee aan Carye Blanche. Dit is hierdie ou mense se laaste paar jaar en hul verdien die bietjie goeie aandag en versorging vir al hul harde werk ook aan die gemeenskap in die verlede. Liefde en Aandag is al wat hul vra.

LouE ·

Ek kan nie sien hoekom sy deur die verslag moet werk nie. Ek betwyfel of sy ‘n kundige is en daar is beslis nie tyd daarvoor nie. Daar moet onmiddelik ‘n kundige persoon of persone aangestel word om dit te ondersoek en enige verdere mishandeling te voorkom en ook om toepaslike klagtes by die SAP aanhangig te maak. Moenie nou voete sleep nie.

TLC ·

LouE ek stem vir als wat jy sê Sy sal ook in die toekoms die tehuis besoek en ek sê sy moes die dag toe klagte aangemeld is al in haar BMW gespring het en besoek gaan afle het want more gaan dalk te laat wees

Alida ·

Die skuldiges sal nie aangekla word nie. Indien daar sterfgevalle is word die familie se monde gesnoer met miljoene rande. Dit is mos wat gebeur het toe 144 mense dood is van honger. Dit is om van te kots.

Adrian ·

Elke kamer asook badkamers moet in elke ouetehuis gemonitor word deur die matrone met beeldmateriaal. Die skuldiges moet aangekla en dan gestraf word sou die ouetehuis nie optree nie word die instansie op die swartlys geplaas hetsy staats of privaat

DJH ·

Dat mense nog steeds kan dink dat n’ offisieele voorafaangemelde besoek einigiets gaan oplewer gaan my verstand te bowe……teen daardie tyd loop almal met vrome smoele rond….plaas dat sy wanneer sy iets hoor eenvoudig ongemeld net daar opdaag en n’ rondte doen in die ouetehuis om te sien wat aangaam met haar eie oge.

Petro ·

My ma was ook in n ouetehuis, gesond, syt paar keer ‘geval, , haar heup gebreuk, kop stukkend geval, en haar gewrig gebreuk . En hoe is sy op die einde oorlede??? Sy het aan n marsmellow dood versmoor. En waar was die staf….. sooo hartseer.

Elsa ·

Besoek enige tyd van die dag en jul sal geskok wees om te sien die behandeling…sit kamreas op, versteek dit, en na ‘n dag sal jy sien hoe word oumense mishandel…Jare terug het ekself opgedaag by ‘n ouetehuis en gesien wat gaan aan. baie sleg en oumense verdien beter behandeling

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.