Kommer oor brandstofverhogings in April

Mbongeni Nzama, ‘n petroljoggie van iNanda, demonstreer by ‘n vulstasie in Morningside hoe die brandstofpryse verbruikers wurg. (Foto: Doctor Ngcobo/ANA)

Die skerp verhogings in brandstofpryse wat vir April verwag word, sal veroorsaak dat die werkersklas finansieel sukkel om kop bo water te hou.

Só het die vakbond Uasa Donderdag gesê.

Die brandstofprys staan tans reeds op R14,62 ʼn liter wat beteken basiese kommoditeite en vervoer is reeds duur.

Stanford Mazhindu, woordvoerder van Uasa, het gesê ʼn verdere verhoging, asook ʼn swaarder belastinglas, verhogings in doeane- en aksynsregte, hoër kragtariewe en ander verhoogde lewenskoste, wurg Suid-Afrikaanse verbruikers ál meer.

“Werkers is onder finansiële druk en verloor hul koopkrag as verbruikers wat lei tot ʼn sukkelende ekonomie wat lae groei toon en minimale werkskepping beteken,” het Mazhindu gesê.

“Dit sal ook daartoe lei dat verbruikersprysinflasie opgestoot word wat weer druk op die Reserwebank sal plaas om rentekoerse te verhoog. Suid-Afrika en sy werkers wat reeds swaar aan finansiële laste dra, kan geen verdere rentekoersverhogings bekostig nie.”

Mazhindu het gesê die goeie nuus is dat internasionale oliepryse moontlik in April sal daal wat brandstofverhogings sal beperk. “Indien wel, kan dit effense verligting vir werkers bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael ·

Stem ANC jy kry alles verniet. Daardie foto van die petrol joggie is eintlik baie goed. So gaan die ANC lyk binne kort

? leser ·

@ michael, ek trap nie op jou tone nie, maar passop vir die woord petrol joggie, more oormore word daar weer gese dat jy rassistiese neigings het, alles word deesdae as rassisme bestempel

willem Botha ·

Ek stem nie saam ons moet begin opstaan en n ding sê soos dit is sonder om beledigend te wees ,as jy nie n probleem kan identifiseer nie hoe kan jy dit regmaak. Hy is n swart petroljoggie as hy wit of chinees is sal ek hom so noem

Cherokee ·

Watter effense verligting sal dalende brandstof pryse bring anders as vir ons motoriste by die vulstasies? Word openbare vervoer goedkoper? Het enigeen van julle al pryse gesien daal wanneer pryse daal? Stygende brandstof pryse is ‘n groot bonus vir kleinhandelaars wat dat hul pryse opstoot en dit daar hou of weer verhoog wanneer brandstof pryse daal.

Bollie ·

Werkersklas moet maar dan begin stadiger ry.. sal voorstel 100 – 110 kmh op hoofweg en 60 kmh in dorp..

chrisjan ·

Ek het reeds my spoed aangepas en haal nou tot 15km/l uit my 18 iaar oue Isuzu d/k wat 2 ton weeg.En dis nie raai-raai nie dis werklike verbruik van vol tenk na volgende vol tenk gemeet.

LS ·

Alles dui maar net op n totale ineenstorting van die ekonomie, miljarde rande verdwyn eenvoudig deur absolute onbevoegde politieke bestuursaanstellings maar erger nog doelbewuste vergrype, plundering van die ekonomie vir eie gewin. Ramaposa en kie moet egter een ding besef en dit is wanneer die ekonomie totaal in duie stort, die rand geen waarde meer gaan hê, gaan al die miljarde in privaatsakke skielik waardeloos wees. Geen ryk of arm, almal arm, verhongerd en in absolute armoede soos in die meeste swart Afrika lande. Hou goeie moed ANC en meelopers, julle is amper daar. Grond kan nie geeet word nie.

jaco ·

Pryse van alles styg maar die werkersklas kom ook nie in opstand teen dit nie. Volgende verkiesing stem hulle maar weer almal ANC. Vreemd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.