Kommer oor daggakoekies in skole; talle reeds gehospitaliseer

Dagga word gewoonlik in ʼn bruintjieresep ingewerk (Foto: Hans Braxmeier/Pixabay)

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het Sondag gesê hy is besorg oor ʼn voortgesette tendens van leerders om daggakoekies te eet.

Verskeie leerders van Randfontein High School aan die Wes-Rand en Mamellong Secondary School in Tsakane, Ekurhuleni is Donderdag en Saterdag onderskeidelik gehospitaliseer.

Altesaam 11 matriekleerders van Randfontein-skool het Donderdag tydens skoolure siek gevoel en is dadelik na verskillende hospitale geneem vir mediese behandeling. Twee van die leerders het teruggekeer huis toe. Nege is in die hospitaal opgeneem waarvan een in ʼn kritieke toestand was. Dié kind is nou in ʼn stabiele toestand.

“Die leerders het ‘space cakes’ geëet wat ʼn ander matrikulant verkoop het. Dié matrikulant word nou deur skorsing in die gesig gestaar omdat hy die skool se gedragskode oortree en die lewens van sy medeleerders bedreig het,” het Lesufi in ʼn verklaring gesê.

Vier matrikulante van die Mamellong-skool het Saterdag glo van die daggakoekies gekoop op pad na lesse. Hulle het dit geëet en is uiteindelik in die hospitaal opgeneem.

“Ons is baie besorg en ontevrede oor dié ‘space cakes’. Ons maan leerders om nie enige onbekende middels te koop of te eet wat hul gesondheid en lewens kan bedreig nie.”

Die toestande van die leerders word gemonitor. “Ons wens hulle spoedige beterskap toe,” het Lesufi bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marius ·

As jy so simpel is om dwelms te gebruik moet jy die gevolge dra.

Jaco ·

Maar Lesufi se eie ANC-regering het dagga dan wettig gemaak. So waarom nou daaroor kla en die een wat die daggakoekies verkoop skors?

marius ·

Dis mos nie onwettig nie ou lefufi . Bedank julself daarvoor .

JL ·

“Dié matrikulant word nou deur skorsing in die gesig gestaar omdat hy die skool se gedragskode oortree en die lewens van sy medeleerders bedreig het,”
Hy moes summier permanent uit die opvoedkundige-stelsel verwyder word. Skool is skool en nie ‘n Spaza winkel of Sjebeen nie.

Swerwer ·

En dissipline is mos “moord” in hierdie Kommunistiese land . Alle dissipline moes mos uitfaseer sodat die kommunis kan koning kraai.

Christa ·

ANC moet maar pa staan vir hulle dagga-baba! Daar is gesag en respek in talle van die skole nie, ANC mentaliteit.

Alfred E Neuman ·

Ek is geenvoorstaander van enige dwelms nie, maar ek het nog nooit gehoor dat die gebruik van dagga jou in intensief kan laat beland nie. Ek dink dié koekies was met ander sterker bestanddele gemeng, soos najope, heroin of methamfetamien.

Amanda ·

Daar moes iets anders ook in die koekies gewees het. Dagga alleen gaan jou beslis nie in die hospitaal laat beland nie. Die ergste wat kan gebeur is jy kan dalk “greenies” kry, waar dit vir jou voel of jy doodgaan haha!

SjN ·

Lesufi, jy is dan deel van die besluitnemers, hoekom nou ewe skielik besorg wees?

Snuffelgids ·

The space chickens have come home to roost…julle en julle slim legalization

Pieter ·

Dis nie die Dagga se skuld nie – Verantwoordelikheid… Net soos met alles anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.