Kommer oor dalende opbrengs van Tuks se beleggings

universiteit-van -pretoria

Universiteit van Pretoria

Die parlement se portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding is bekommerd oor dalende opbrengste van die Universiteit van Pretoria se finansiële beleggings en oor beweerde ras-eksklusiewe koshuise op kampus, maar het andersins ʼn baie positiewe verslag oor die huidige situasie by Tuks gepubliseer.

Dieselfde kan nie van Unisa en die Universiteit van Johannesburg, wat ook deur die portefeuljekomitee besoek is, gesê word nie.

Die komitee het die drie kampusse in Gauteng besoek om vas te stel hoe 2018 se studenteregistrasie verloop het, hoe voorbereiding vir die 2018- akademiese jaar gedoen is, wat verlede jaar se akademiese prestasie was en om infrastruktuurprojekte op die kampusse te besoek.

Tukkies het vanjaar 53 024 residensiële en 10 000 afstandonderrigstudente, van wie 59,8% swart is. Die universiteit het 5 323 personeellede waarvan 26% akademici is.

Tuks produseer tans 11,3% van al die akademiese navorsing wat in die land gepubliseer word. Die kampus se koshuise het 10 011 beddens. Ongeveer 76% van koshuisinwoners is swart en 21% wit.

Die universiteit is nie tevrede met hul akademiese deurvloeisyfers nie, maar dit is steeds beter as die nasionale gemiddeld. Die universiteit se jaarlikse akademiese uitvalsyfer is 21%.

Die DA het tans ʼn volstrekte meerderheid op die universiteit se studenteraad, met elf van die negentien setels. Daar is ook vyf onafhanklike en drie EFF-lede op die studenteraad.

Die parlementêre portefeuljekomitee was baie beïndruk met die kos, eetsale en verblyf vir studente op die kampus en het net komplimente gehad vir die goed beplande studenteregistrasieproses.

Die komitee het ook Huis Maroela en Tuks Village besoek. Maroela word tans opgegradeer en Tuks Village was vir die parlementariërs baie indrukwekkend.

Die terugvoer oor die Universiteit van Pretoria was dus baie positief, maar die bevindings oor Unisa kan as niks anders as ʼn treurmare en ʼn ramp opgesom word nie.

Eerstens is daar ontevredenheid oor salarisse en lone, en Unisa kan nie die verhogings bekostig wat die vakbonde wil hê nie.

Die EFF en die ANC-geaffilieerde Sasco het vanjaar die kampus ontwrig en sekere vakbonde het gestaak. Die parlementariërs het die Unisa-registrasieproses beleef en was uiters onbeïndruk.

Unisa het tans omtrent 77% swart en 11% wit studente.

Die Unisa-studenteraad se inset was omtrent ʼn geween en ʼn gekners van tande. Hulle het die swak registrasieproses op die universiteitsbestuur geblameer, veral omdat Unisa nou nog nie landwyd dieselfde rekenaar- en inligtingstelsels gebruik nie.

Op die keper beskou meen die Unisa-studenteraad dat die universiteit swak bestuur word en dat daar te min studiehulp vir studente is.

Vakbonde se terugvoer was dat daar min vertroue tussen hulle en die Unisa-bestuur is.

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het al meer studente wat van die nasionale finansiële hulpprogram vir studente (NSFAS) afhanklik is, en soos al die ander universiteite sukkel hulle ontsettend om NSFAS te kry om bedrae betyds uit te betaal.

NSFA skuld UJ omtrent R54 miljoen. Tuks se uitstaande NSFAS-skuld is R50 miljoen en Unisa s’n is R116 miljoen.

Die LP’s het bevind dat die registrasieproses by UJ vanjaar glad verloop het.

Vakbonde by UJ het gekla oor swak salarisse. Die universiteit het ook onder ʼn korrupsieskandaal van R25 miljoen deurgeloop, wat tot vrae oor hul finansiële bestuursprosesse gelei het. Die koshuise op kampus is oud, maar oor die algemeen in ʼn goeie toestand, het die komitee bevind.

Die portefeuljekomitee het ook sommige Oos-Kaapse universiteite besoek, maar dis dalk beter om ʼn sluier daaroor te laat val. Die Gautengse instellings, en spesifiek die Universiteit van Pretoria, het baie beter gevaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

AD ·

Wat julle meer hê. Kyk na daai persentasies gelys. Voel as jy n wit student is, is jy eintlik nie welkom nie???!

Kaufman ·

Daar is n groot verskil tussen koshuise of geboue wat ‘oud’ is, en wat nie onderhou word nie. Oxford, Cambridge, Harvard almal se geboue is nog baie ouer…maar onderhou.

Koos Nel ·

My graad laas jaar by Unisa klaargemaak. Wat n storie! Sterkte aan almal wat dit oorweeg. Dit is moontlik byt net vas!

TDW ·

Ek wil dit sê, maar ek mag nie. Ons almal weet hoekom tuks beter is, maar nie meer vir lank gaan wees nie.

Pietman ·

Gaan akkoord met TDW. Die Tuks wat ek destyds ondervind het word stelselmatig ondermyn deur toenemende middelmatigheid…

Sakeman ·

Ek het al verskeie tuks b.com afgestudeerdes in werksonderhoude raakgeloop wat nie weet wat ekonomiese indikators of gelykbreekpunt is nie…

Koos ·

Dis verspotmaklik. Gelykbreekpunt is wanneer jy ‘n teestel van die GW afgooi… ; )

AJ ·

‘Trash in – trash out!’

Net soos by rekenaarstelsels bepaal die kwaliteit ‘insette’ (slim studente) wat die kwaliteit van die ‘uitsette’ (graduandi) sal wees by universiteite.

UP was vir dekades lank bevoorreg om die van die beste matrikulante in die wêreld te trek. Dit het akademiese aansien ÉN finansiële gesondheid verseker.

Soos wat die kwaliteit van UP se studente aanbod (matrikulante) toenemend VERSWAK, agv eksterne en interne faktore, so sal die finansiële gesondheid en akademiese aansien agteruitgaan.

Jammer Tuks!

Rupert Ashford ·

Soos hulle in slegte Engels se: “You aint seen nothing yet”… Alumni se bydraes wat afneem of dalk selfs verdwyn, finansiele wanbestuur van die beleggings (korrupsie), onvolhoubare onttrekking van kapitaal om toekomstige kostes te dek in plaas van net opbrengste wat onttrek word. Dit alles le nog in die toekoms…

SDL ·

Ek het ‘n graad in Antieke Ingenieursbestuur en Tik voltooi by Tukkies. Antieke Ingenieursbestuur omdat van die vakke se inhoud op meestersgraad vlak PRESIES dieselfde is as wat ek 8 jaar terug voorgraads gedoen het. Bestuurs tegnieke en metodes wat in die industrie algemeen is, was in die klas as futuristies beskou. Verder het ek in my skripsie geleer om vinnig te tik en verbale diarieë te kry soos benodig, dit het my glad nie ‘n beter ingenieur of bestuurder gemaak nie. Meer as helfte van my klasmaats was elke dag laat en het na middag ete verdwyn. Dit nou van mense wie se wergewers hulle betaal om daar te wees en wat geidentifiseer is as die “leiers” van die toekoms.

leon ·

Stadig maar seker sal die standaarde val. Die geld van staat se kant gaan opdroog en student gaan aandring op gratis studie. Tuks se begroting sal aangepas word met die jongste en mees talentvolle dosente wat sal groet. Wanorde, standaarde sal dan die beste student ander paaie laat vat. Dan sit ons met nog ‘n swak Afrika universiteit. Arme student met grade wat nie veel beteken nie en beperkte kennis.

O ja in die tussentyd sal Dela Rey met haar voordele, haar “sukses”, verlaat.

Al wat my laat beter voel as oud Tukkie dat ek sedert 2016 nie ‘n sent meer bydrae nie en dat my dogters elders gaan studeer.

SO ·

Politiek word oral ingesleep saam met die rasse kaart wat in ons kele af gedwing word verduidelik die agteruitgang.

Boerseun ·

Westerse konsepte werk vir westerlinge of die wat aanpas. Dan is swot n voorreg en nie n reg nie. En as jy nie die kapasiteit het nie hoort jy nie daar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.