Kommer oor departement wat skenkings wil reguleer

(Argieffoto ter illustrasie)

Ongelukkigheid heers nadat die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling vandeesweek ’n beleidsriglyn uitgestuur het dat die departement voortaan alle skenkings in dié provinsie sal ontvang en versprei tydens die Covid-19-pandemie.

Nieregeringsorganisasies, maatskappye en individue sal dus geen skenkings aan behoeftiges in Gauteng kan uitdeel nie, maar dit eerder aan die departement moet rig.

Luidens die departement moet alle skenkings voortaan by ’n pakhuis in Booysens in Johannesburg afgelewer word waar die departement die skenkings op sy beurt sal fasiliteer en onder behoeftiges versprei. Diegene wat skenkings aan ’n spesifieke persoon of gesin wil rig, moet dit onder streng voorwaardes doen.

Dié riglyn ontvang nou teenkanting van partye soos die VF Plus en die DA. Die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand is ook van mening dat dié riglyn nié ’n haalbare opsie bied nie.

“Dit sal ’n kwade dag wees as die regering kosverspreiding van nieregeringsorganisasies wil reguleer,” het Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Volgens Noëth gaan Helpende Hand regsadvies inwin rakende die beleidsriglyn.

Wouter Wessels, parlementslid van die VF-Plus, het bevestig dat die party óók die saak verder gaan voer. “Dit is onverklaarbaar dat ander standaarde nou skielik moet geld. Dit is nou die tyd dat alle organisasies moet help waar hulle kan. Die regering is eerder veronderstel om hulp van organisasies te verwelkom,” sê hy.

Wessels sê dat die munisipaliteit van eMalahleni (Witbank) ook onlangs ’n beleidsriglyn uitgereik het om alle skenkings namens organisasies te fasiliteer.

Hy glo egter nie dit is wys om skenkings aan munisipaliteite se genade oor te laat nie aangesien skenkings polities misbruik word. “Dit is skrikwekkend en kan nie toegelaat word nie.”

Volgens Wessels is daar tans baie vraagtekens rondom die beleidsriglyn. Hy meen die regering behoort beter te kommunikeer en te verduidelik waarom alle skenkings voortaan deur die departement gereguleer moet word.

Die DA het in ’n verklaring gesê die departement is nie in staat om alleen in die nood van behoeftiges in Gauteng te voorsien en die gepaardgaande uitdagings te bowe te kom nie.

Die party het nou ’n beroep op Panyaza Lesufi, waarmemende LUR van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, gedoen om die beleidsriglyn te heroorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Die Wolf ·

Dit is mos duidelik hoekom hulle dit wil doen. Hulle wil my en jou skenking gebruik vir eie gewin Ek sal hulle ignoreer want daar is geen regsgeldigheid daarin nie. My skenking sal gaan waar ek dit wil laat gebruik.

Leeuwyfie ·

Interessant hoe dit nou ewe skielik van pas is, nadat helpende hand behoeftige wit en bruin mense gehelp het.
Skokkend dat hulle nou dink hulle sal hulp kry van Lepufi.
Aangesien my mense nie gehelp word deur die staat nie, sal ek NET my mense help. Dankie helpende hand. Julle taak is groot, want daar is baie behoeftige witmense, maar julle probeer ten minste met alles wat julle het.
Veg die staat!

daniel ·

Daar is hoegenaamd geen regsgeldigheid vir hierdie soort besluit nie. Dis pure nonsense.

Boortor ·

Lepufi is nou in beheer. Die geveg sal ons nie wen met hom daar nie. As ek skenk, skenk ek NET vir blanke hulp. Niemand anders nie!

Roggeveld ·

Daar is sowrintiewaar wittes wat wil hê ander wittes moet verhonger.

Ou toppie ·

Hoekom kommentaar op hierdie idiotiese magsmisbruik vra? Maar toemaar, hoe meer drakoniese die wette, hoe harder die val. As ons eendag al die magswellustiges in die tronk het, gaan hulle hul lekker kos darem mis!

Sonneblomkind ·

Ek sal dit nie ondersteun as die Regering die skenkings reguleer nie. Daar moet n petisie opgestel word. Wie kry dan die kossies…Ons hoor klaar dat Toetisme net sekere groepe help met finansies met klein bedighede…jammer

daniel ·

Dis gierige misdadigers wat die kos skenkings tot hul eie voordeel wil aanwend.

Burgermeester ·

Die ANC se onvermoë om regte besluite te neem word elke dag uitgelig. Die enigste rede hoekom ek dink hulle alle skenkings wil reguleer, is om dit na hulle eie huise te herlei. Genugtig, maar die regerende party bestaan uit ‘n klomp onbevoegde mense. Enige persoon wat vir hulle stem het ‘n tekort aan kritiese denke.

Die Wolf ·

Nee nie kritiese denke nie. Weet dat dit eintlik baie voordele inhou, want kan maak soos hulle wil en sal niks oorkom nie.

Petrus Johannes ·

Hulle wil ons blankes se kos wegneem Dit is hoekom hul dit wil doen.

Jack Russel ·

Lesufi en sy anc trawante weet die kos gaan langs hulle eie paaie wegraak, maar voel n veer. Dit maak nie saak of hulle eie mense swaarkry nie. Met die volgende verkiesing stem dieselfde swaarkry mense maar weer anc want hulle het nie die vermoe om te onderskei nie. Siestog

Petrus Johannes ·

Mens gee kos soos die Here dit op mens se hart le

Ryno ·

Indien die departement nie die regulasie gaan wysig nie , sal ek (en vele ander) nie meer help waar dit só bitter nodig is nie. ‘n Pakhuis in Booysens? Gauteng strek wyer as Johannesburg. Hulp kom uit jou hart uit ( en dikwels van die Heilige Gees)… hoe kan enige persoon dit reguleer?

Fedup ·

The anc think they are clever. Please keep up your greed. People will not stand for their rules and regulations. All the non profit and non government organisations should ignore this stupid suggestion. No one can force you to comply.

Anel ·

Ek dink hulle het gesien dat die blanked nie meer vir our people wil skenk nie en slegs vir ons eie mense. Nou raak hulke bekommerd. Dit is dieselfde lot wat geld vra van blanke ondernemings maar blankes mag nie daarvoor kwalifiseer nie. Dat ons mense nie sien dat ons klaar in ‘n komunistiese staat verander het nie gaan my verstand te bowe. Hulle beheer ons lewe, wat ons mag eet en drink, wie ons mag sien en wie nie. Wanneer ons iewers heen mag gaan en wanneer nie, wat ons msa koop en wat nie. En nou, vir wie ons mag help en wie nie. Ek is nou siek vir hierdie beheptheid oor ‘n virus wat meer ander skade doen as wat hy mense siek en dood maak.

Fufu ·

Niemand sal my keer indien ek wil kos uitdeel aan behoeftige mense nie. Dit is my christelike plig. Probeer my keer en sien wat gebeur. Daar wag n verrassing.

Okmardom ·

Dis snert. Ek vat gereeld vir werkloses kos. Niemand van die regering het al by hulle navraag gedoen vir kos nie. Hulle is verhonger. Sigarette en drank is beskikbaar mits jy die risiko wil neem en oë agter jou kop het om jouself te beskerm. By al die verkeersligte staan homeless people, persoonlik dink ek die regering het dit te vêr gevat om onbillikke maatreëls af te dwing. Ons moet afsonder, ek stem, maar met deurdagte reëls. Ek dink die afsondering is verby. Die regering ten koste van ons hele bevolking.

Grassie ·

Die ANC-regering, op alle vlakke, is nou besig om hand uit te ruk. Hulle het demokrasie weggesmyt en regeer die land nou diktatoriaal. Hierdie besluit is ongetwyfeld ‘n ernstige aanslag teen die blankes in die land. Die agenda agter hulle besluit is om witmense te verhoed om voedselhulp aan behoeftige witmense te gee, Hulle wil Afriforum se voorrade skaak en aan die peoples gee, hul gun ‘n witmens nie meer die lug wat hy inasem nie. CR het ook nie meer veel sê nie, die land word uit Ntulihuis regeer.

Ben ·

Hierdie (mense!!!!) trap op ons net waar hulle kan. En die skapies doen maar wat hulle sê. Hoor elke dag die en daai organisasie vat hulle hof toe. Dan hoor ons niks verder nie. Hulle lag vir die wittes.

Charles ·

Mag Helpende Hand slaag om so ʼn belaglike voorwaarde van die regering omver te werp!!!

Michael ·

Dis mos duidelik hulle wil alles beheer-die virus was manna uit die hemel vir die ANC-nou kan hulle hul kommunistiese planne deurvoer onder die dekmantel van die virus. Die vreesaanjaendste is hulle het dit reggekry om ons met vrees sonder enige weerstand te laat toegee en talle het die hoofkommunis-Ramaparra nogal geloof en geprys. Hierdie vlakke van heropening is fyn beplan en gaan jare voortduur-ons leef nou amptelik onder ‘n kommunistiese regime.

Michael 1 ·

Ek sal skenkings en hulp gee waar ek wil en vir wie ek wil .

Chris ·

As dit nie ‘n tipiese kommunistiese streek is nie, weet ek darem nie?

LIEZL ·

Het vanoggend gehoor dat Malawiers geen kospakkies kry in Witsand, Atlantis, Weskaap nie. Al die Xhosas, Chinese, Somaliers, Zimbabwiers kry kos, maar nie hulle nie, dit is baie jammer en baie onregverdig. Hoe tref jy onderskeid in tye van nood? Hulle het nerens heen om te gaan nie, kan nie eens teruggaan huis toe nie

PieterP ·

Daar kom dit. Begin agterkom dat die blankes vir die blankes wil help omdat hulle nie kospakkies by die regering kry nie. Kom ons stop dit so reken hulle nou. Nee agbares, julle sal my nie vertel vir wie ek mag help nie.

Willem ·

Niks nuut nie korrupsie diefstal en oneerlikheid hul 3 pilare

Sarel ·

WERKLIK kan mens Polities so kleinlik wees. Misdaad teen menslikheid. Die Staatvkom dan nie eers versntwoordelikheid na teenoor Kinderhuise.nie.

Adam Adriaan ·

Tipies Die ANC, Kommunisme. wat alles sentraal wil beheer

Jorrie ·

Hulle is omtrent desperaat om te voorkom dat wit mense iets mag kry.

Nico ·

Hulle wil net seker maak geen Witmense kry kospakkies nie. Tiepies van rassistiese Lesfui

Termiet ·

Hulle wil die kos uit die behoeftiges blankes se hande hou. Dit is al waaroor dit gaan.

Lia ·

Dit is een van die mees absudste reëls wat nog tydends die tydperk op ons afgedwing word. Kannie glo dat hy dit tot op individuele vlak wil afdwing nie. Sy politieke agenda is baie duidelik, want waar hy kan, wil hy verhoed dat enige hulp na wit behoeftiges gaan. My goedheid gaan waar ek wil hê dit moet gaan. Ons span almal hier saam en deel aan gesinne in ons omgewing selfs voor COVID-19. Moet ek nou Booysens toe ry en hoop die mense in ons omgewing gaan iets kry.. Nee dit kan nie en mag nie daar gelaat word nie…

Robert ·

Hoe gaan hulle dit beter behartig as die NGO’s wat reeds daarmee suksessvol werk?

katerinadiekat ·

Is dit nou om seker te maak dat behoeftige blankes nie dalk iets sou kry nie?

Hanna ·

Mense maak toe julle oop hande e gee waar jy beheer het e weet na wi toe gaan jou bydrae. Te lank al dra ons d land, maar word nog steeds ni waardeer ni

Die Wolf ·

Dit is ons eie skuld. Stank vir dank. Wanneer gaan ons wakker skrik en slegs omsien na ons eie. Is dit n virus wat ons uit ons slapie wakker maak?

Marius ·

Maar as jy wit is mag jy nie skenkings ontvang…. Dus is hul besig om wit mense te vermoor met honger…

Kurt ·

Hulle het gesien dat ons wit mense na mekaar begin kyk omdat hulle ons uitsluit. Nou wil hulle keer dat ons n punt bereik waar ons se dat ons net vir ons mense gaan help. Ons sal na ons eie mense omsien en hulle wil dit verhoed. Mense moet begin kyk na hul eie wit gemeenskap voor hulle weier kyk.

Leeuwyfie ·

Hierdie het my warm onder die kraag!
Die vermetelheid!
Helpende Hand ons staan agter julle, veg die staat.

Anoniem ·

Ons vriende het onlangs hulle werk verloor. Almal van ons dra kruideniersware ens aan. Finansiele hulp is ook daar om hulle verband ens te help betaal. Ons doen dit sommer “EFT”. Ek het nie nodig om al die pad Booysens toe te ry nie. Die regering sal hulle kant bring vir “our people”. ‘n Boer maak sy eie planne.

Pierre ·

ANc Kan hulself gaan stoot klomp skelms, my volk altyd eerste

Henri ·

Hierdie is absoluut die verkeerde beeld wat nou na vore kom. Die verdeel die land se mense net nog verder.

Nie Verbaas ·

Skenkings van ons sal definitief nie by die uitkom vir wie ons dit bedoel het nie.

Maritha ·

Hou op om alles wat julle vir wit mense doen op sosiale netwerke gooi. Die Bybel se tog… die regter hand moenie weet wat di linkerhand doen ni. Hulle wil nie he dat ons vir ons eie nasie se armstes help nie! Al die geld wat by ons gebedel word, word net vir swart mense gegee. Almal kry swaar. Almal moet gehelp word. Ons moet ons eie nasie nou maar help en ondersteun, maar MOET ons dit op di nuus sit?

Rodger17 ·

Skenk net vir wittes,die regering gee kos net vir hulle people

Erica ·

Ek sal gee vir wie ek wil. Nes ek nou ook drank en n rookie agter julle rug koop sal ek vir my mense kos pakkies gee. Julle het klaar my lewe ontwrig. Genoeg is genoeg.

AndrewL ·

Dit is baie duidelik dat die ANC die skenkings wil gebruik vie eie gewin. Daar is genoeg bewyse dat hule enige en alle skenkings op ‘n ras gebasseerde wyse toeken. Hoekom alles wil beheer?

As ek skenk, wil ek minstens weet dat dit aangewend gaan word waar ek wil hê dit moet heen gaan, nie waar politieke wellustiges dit wil aanwend vir hul eie doktrines en kiesersbasis nie.

Die tyd waarop dit aangekondig word sê als. In die verlede het organisasies en kerke hul ding gedoen sonder probleme.

Lorna ·

Maar my magtig
Hul seker uitgevind van sekere witmense wat kos net vir wit plakkerskampe deurneem want die regering gee nie om vir ons nie
O nee hul is magsbehep

Maritha ·

Dis baie eenvoudig. Doen net wat reg is MOENIE alles afneem en die wereld instuur nie. Hou op spog met goeie dade.

Bertie ·

Veg eerder hierdie saak Afriforum ,en los daai ander sake vir nou!

Corne123 ·

Ai ja ne hoekom want wil als vir hulself hou ja hulle wil alles reageer en ook in beheer wees van als

Chris ·

So jammer maar van my kant sal daar geen sent kom nie. Ek sal gee vir wie ek wil en waar ek wil.

Leon ·

Kommunisme! Die staat wil ons voorsê wat ons mag en nié mag nie.
Die ANC kaders lyn hulle eie sakke met die belastingbetalers se geld, nou moet hulle ‘n ander plan maak om goed te lyk in hulle eie mense se oë.

Wanneer gaan die menigte se oë oop gaan en sien dat hulle aan die neus gelei word? Hulle “leiers” skep miljoene en hulleself moet tevrede wees met krummels.

Eerlik ·

Presies wat ek gister gese het, hulle sien al die skenkings wat ons vir ons mense gee en besef dat hulle eie mense nie veel bydrae nie. Kyk maar na die ou wat bedel op die straat hoek, hy stap direk na die blankes toe vir n bydrae. Motsepe het maar ingespring en sy deel vir Covid geskenk nadat die Oppenheimers en Ruperts dit gedoen het (motsepe se bydrae het baie meer lig in die kollig gekry as die ander twee sn) Hou maar steeds julle Checkers strokies dop, ek sit niks verby hulle nie.

koos10 ·

Ons beweeg op die rand van kommunisme!
Die staat wil totale beheer hê, en gaan hiemee sy burgers uithonger!!!
Ek bly in Pretoria en sal nie Jhb toe ry om skenkings af te lewer nie, en verder ook dit is teen inperkings regulasies. Maar nou ja, as ministers nie na die president se opdragte luister nie, dan kan ons seker verwag dat LUR’e nie na ministers sal luister nie!!!!

Strandloper ·

Departement van maatskaplike ontwikkeling…miskien sal hul in die volgende eeu effe ontwikkeld wees…

madels ·

Mense, vind uit wie sukkel en betaal geld direk in hul bank rekenings. Hoekom nou staat maak op die regering om dinge te doen. Nie n sent van my geld sal ooit in n regerings skema geplaas word nie.

Piet Snot ·

Wanneer ek daai kos gekoop het, is dit my eiendom. Ek maak met my eiendom wat ek wil.
Ek gee dit vir wie ek wil, en julle kan gaan speel.
Om die waarheid te sê, dit inspireer my om sommer nou iets te gaan aflaai waar dit gaan saak maak.

Leeuwyfie ·

MM hierdie is nie meer net van toepassing in Gauteng nie. Witbank het daarna dieselfde regulasies gekry. En toe ook al die ander provinsies. Hierdie is ‘n groot storie wat julle moet volg en oopvlek.
Ons mense word verhonger deur regulasies.

daniel ·

Net nog n ander manier om te sorg dat voedsel hulp nie by die wittes uitkom nie. Dit is skande dat die covid19 nou vir politieke doeleindes aangewend word.
Dit sal nie ongestraf bly nie.

Pieter ·

Tyd geword om die behoeftige se selnommer te vat en eerder direk vir hom of haar per ewallet geld te stuur.

Jaco ·

Gelukkig kan niemand my keer om n eft te doen na n behoeftige gesin, kinderhuis of DBV nie..ANC onthou net karma is a …..

Jorrie ·

Die “Hunger games” het ‘n realiteit geword! Maar soos Haman vir Mordegai ‘n galg gebou het en tot die laaste moment nie besef het sy koning  wat hom al die mag gegee het, gaan ook die finale bevel gee dat hy aan sy eie galg gehang word – so het die ANC nou hulle eie galg reeds gebou en sal deur die monsters wat hulle self gekweek het gevreet word wanneer hulle “koning” hulle uitlewer . Dis byna tyd…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.