Kommer oor doeane en veiligheid by private lughawens

Argieffoto (Pixabay)

Die parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake het sy kommer uitgespreek oor doeanedienste en veiligheid by private lughawens en terminale soos Lanseria, Nelspruit-Kruger en die voorgestelde nuwe Fireblade- aankoms- en vertreksaal by die OR Tambo-lughawe in Kempton Park.

Die kwessie het ter sprake gekom te midde van ʼn ooreenkoms tussen die Oppenheimer-beheerde Fireblade, die departemente van binnelandse sake en vervoer, en die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA).

In hul voorlegging voor die portefeuljekomitee Dinsdagoggend het die departement van binnelandse sake daarop gewys dat Fireblade se huidige ooreenkoms met die wapenvervaardiger Denel (wat eiendom by OR Tambo het) is, en dat ACSA dit nou wil oorneem. Die fasiliteit sal dan as ʼn bykomende terminaal by OR Tambo bedryf word, soortgelyk aan die terminaal wat die departement van internasionale samewerking daar bedryf.

Die doelwit sal wees om spesifiek die soort welvarende passasiers wat op private vlugte die land inkom, op groter skaal beter by te staan.

Parlementslede van spesifiek die ANC en EFF was baie huiwerig oor die ooreenkoms, juis omdat hulle meen daar is te min toesig oor die aankoms en vertrek van passasiers en goedere wat misdadigheid in die land kan bevorder.

Die EFF-LP Hlengiwe Mkhaliphi het uitgewys dat die te stigte terminaal baie ver van die res van die lughawe se terminale geleë is, dat doeanepersoneel nie voortdurend daar gevestig is nie en dat Fireblade daar grootliks kan doen wat hy wil.

Die DA-LP Haniff Hosen het op sy beurt gevra of die ooreenkoms beteken dat die departement se aansoek na die konstitusionele hof oor die grondwetlikheid van die hantering van buitelandse passasiers deur private lughawens nou daar gelaat word, en wanneer ʼn mededingende proses daargestel sal word vir ander maatskappye wat dieselfde dienste wil verskaf.

Dr. Siyabonga Cwele, minister van binnelandse sake, het gesê dat die departement van binnelandse sake wel ooreenkomste sal sluit om sy pligte na te kom, en dat heelwat ander maatskappye inderdaad gereed is om dieselfde dienste as Fireblade te lewer sodra die raamwerk bestaan.

Daar bestaan tans geen ooreenkoms tussen Lanseria en die departement van binnelandse sake nie. Verteenwoordigers van Nelspruit-Kruger het nie opgedaag nie, want tien dae was vir hulle te kort om voor te berei. Dit is dus onduidelik of daar tans reeds ʼn ooreenkoms ingestel is.

ANC-LP’s was veral baie ontevrede hieroor en het gewaarsku dat die staat dienste behoorliker moet verskaf as wat tans die geval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Piloot ·

Dept van Binnelandse Sake bly verantwoordelik vir die funksie en dit maak nie saak aan wie terminaal behoort.
Daar word heelwat ‘halwe waarhede’ ingemeng deur die politici om hulle eie agenda te bevorder. (Soos gewoonlik)

(Maw daar is geen ‘doen soos hulle wil’)

Corne ·

Weet nounog nie hoekom hulle so bekommerd is oor mense wat per vliegtuig hier aankom nie kan waarborg dit is baie baie minder gevaarlike mense as die wat daagliks die land binne stroom oor die grens tussen ons en die Burger-lande wat aan ons grens, Bekwaam julle self eerde rom dit stop tesit as om nou bekommerd te wees oor die paar wat dit kan bekostig om in te vlieg. En veral die wat dit nog kan bekostig om met Pvt vliegtuie in te vlieg hulle het geld wat hulle in die land inbring tien teen een, Die Ander kom moor en roof net hier sort dit eers uit. !!!!

wraggies ·

Aagh asseblief, die misdadigers en onwettiges wat by die land se grense in en uit suipel is die prioriteit, asof meeste van hulle by hiertdie lughawens inkom, hou julle besig met belangrike sake. Die misdadigers wat in die parlement sit laat ook toe dat trougaste by a lugmagbasis en sleutelpunt kom en gaan soos hulle wil, wat is hulle skielike kommer nou oor iets wat wettig is.

Johan Barnard ·

Wraggies, ek stem eenhonderd persent saam met jou. Daar is meer misdadigers in die Azaniese parlement as op die res van die aardbol.

Stripes ·

Nou is hulle skielik bekommerd maar die gupta’s land op Waterkloof? As dit dan regtig ‘n probleem is doen dan die volgende: 1. Doeane beamptes/polisie/beamptes by al die sogenaamde “lughawens” wat in diens van die dept van vervoer is om die nodige take te verrig. 2. Salarisse/verblyf/vervoer van die lede word deur die onderskeie private lughawens betaal. Dan sal die privaatlughawens vinnig verdwyn. Rykes en sogenaamde vip’s se alies, die wette is vir ons almal en nie net die armes nie.

Stripes ·

Volgens ‘n berig elders op MM word dit bevestig dat Fireblade wel maandeliks betaal vir doeane personeel en dat die bedrag by Lanseria in hul maandelikse huur ingesluit is.

PJC ·

Wie is die ANC en EFF om te praat van moontlike misdaad. Bitter min van hulle het nog nie die wet oortree nie maar is nog net nie aan die kaak gestel nie. Kyk maar na bv. die Estina projek asook die VBS Mutual Bank gevalle.

Stephan de S ·

Ek verstaan die mense se kommer: dit beteken verlore kanse vir staatskaping en regstelende(die een l is doelbewus) aksie. Enige mens sal kla oor verminderende kanse op n billike inkomste.

Johan Barnard ·

Stephan, jy is heeltemal reg en jou een ‘l’ maak baie sin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.