Kommer oor doeltreffendheid van Konstitusionele Hof

grondwethof2

Die Konstitusionele Hof. (Foto: Reint Dykema)

Deur Tania Broughton, GroundUp

Dit neem in sommige gevalle tot tien maande vir die Konstitusionele Hof om uitspraak in ʼn saak te lewer. Só wys ʼn ontleding van sake wat tussen 2016 en Maart vanjaar voor dié hof gedien het. Dit terwyl hoofregter Mogoeng Mogoeng versoek het dat alle regters uitspraak binne drie maande moet probeer lewer.

Vrae ontstaan nou oor die doeltreffendheid van die Konstitusionele Hof wat ʼn voorbeeld vir al die ander howe in die land behoort te dien.

Die ontleding van die sake het gewys dat dit gemiddeld langer as ses maande neem vir dié hof om uitspraak te lewer. Dít vergeleke met ʼn gemiddeld van vier maande in 2017.

Die betrokke ontleding het alle sake in ag geneem wat die hof van 2016 tot Maart vanjaar oorweeg het. Dit dui op ʼn totaal van 182 sake, waarvan 48 nié in ag geneem is nie aangesien uitspraak sonder ʼn verhoor in dié aangeleenthede gelewer is.

ʼn Advokaat het GroundUP wel meegedeel dat dié sake ook gesloer het.

Statistieke vir 2017 toon ’n gemiddeld van 130,6 dae (vier maande) en ’n gemiddelde 106 dae (drie en ’n half maande) vir 2016.

Die saak met die langste tydperk tussen die verhoor en die uitspraak het gehandel oor die regte van leerders by private skole. Dié saak staan bekend as die Pridwin-saak en uitspraak is deur regter Leona Theron gelewer.

Die konstitusionele hof van Suid-Afrika (Foto: Stefan Schäfer, Lich – eie werk,via Wikemedia Commons)

Theron het beslis dat private of onafhanklike skole nie meer op kontrakte met ouers mag staatmaak as basis vir die skorsing van leerders sonder ’n billike verhoor nie. Argumente vir dié saak is in Mei 2019 aangevoer, waarna uitspraak op 17 Junie 2020 gelewer is – 398 dae (13 maande) later.

Volgens die ontleding het uitspraak in sewe ander sake langer as 300 dae (10 maande) geneem.

’n Verslag op die webwerf van die regbank se kantoor lui soos volg: “Regterlike beamptes het ’n keuse om uitsprake [met geen datum] voor te hou waar omstandighede van so ’n aard is dat die vonnis op ’n vasgestelde datum nie moontlik is nie. Volgens die norme en standaarde moet die regterlike beamptes moeite doen om voorbehoude vonnisse nie later nie as drie maande na die datum van die laaste verhoor te lewer.”

Prof. Pierre de Vos, ʼn grondwetkenner, meen die situasie by die hoogste hof in die land is “onaanvaarbaar”. “Hierdie sake is natuurlik die belangrikste in terme van ongeldige wetgewing en menseregte.”

De Vos wys daarop dat sommige sal aanvoer dat daar in dié hof net 11 regters is en dat uitspraak dus langer kan neem.

“Maar die regters hoor weer baie minder sake aan. Hulle het beter hulpbronne; elke regter het twee klerke om hulle te help.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: REUTERS/Siphiwe Sibeko via African News Agency/ANA)

“Dit is dus onduidelik waarom dit so lank duur. Dit is ’n nuwe ding. Dit was nie altyd so nie. Dit word die afgelope paar jaar erger,” het De Vos gesê.

Volgens De Vos is dit belangrik dat die regters van die Konstitusionele Hof ʼn voorbeeld vir ander regters stel. “Dit is nie goed as die hof, waarvan die hoofregter deel uitmaak, nie doen wat hy aan almal sê om te doen nie.”

’n Bron in die regsektor het aan GroundUp gesê die bestuur van sake gaan agteruit aangesien die hoofregter nie altyd teenwoordig is nie en sy adjunk-regter, regter Raymond Zondo, betrokke is by die kommissie van ondersoek na staatskaping.

Nathi Mncube, woordvoerder van die kantoor van die hoofregter, het egter gesê die rede vir die agteruitgang van bestuur is dat die 17de wysiging van die Grondwet “die jurisdiksie van die Konstitusionele Hof wesenlik laat toeneem het”.

Hierdie wysiging gee die hof jurisdiksie oor enige geval van algemene openbare belang wat hy verkies om aan te hoor, nie net grondwetlike aangeleenthede nie.

Die wysiging het egter reeds in 2013 in werking getree en dit is moeilik om te verstaan ​​hoe dit die afname in doeltreffendheid tussen 2016 tot 2020 verklaar.

GroundUp het die berig oorspronklik gepubliseer. Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Dit is maar soos dit orals in due land gaan. Hulle wil nie werk nie en dan wil hulle nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

Adam Adriaan ·

Ja alles in die land het sy geloofwaardigheid verloor, soos wat alles stelselmatig afgebreek en vernietig word.

Johann ·

Hulle is JUIS besig om n voorbeeld te stel. Een van laksheid en geen aanspreeklikheid of gewetens dr

Johann ·

Laks….stel n voorbeeld van wat onverandwoordbaarheid is en hoe kom jy daarmee weg. En soos die regs stelsel en howe gaan, so gaan die laaste hoop van en vir RSA om die anargie wat die ANC en sy trawante op ons loslaat te keer.

JohanR ·

Ons het moes nie meer ‘n Konstitusionele Hof nodig nie. Die ANC is nou sommer “judge, jury en executioner van homself! Stel ‘n ondersoek span aan om homself te ondersoek, met net ANC beamptes in die ondersoek span….lekker man!

Judge ·

Dis nou die einste de Vos wat nie wil he dat weduwees en kinders mag erf nie. Dink nou net hoe lank dit sal neem om uitspraak oor daardie bright idea te kry.

JohanR ·

Ja Judge….de Vos is eintlik deesdae hier, daar en oorals met sy twak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.