Kommer oor Dros-verkragter wil appelleer

Nicholas Ninow in die hof. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die #NotInMyName-beweging het met ontsteltenis gereageer op die nuus dat die sogenaamde Dros-verkragter Nicholas Ninow aansoek om verlof tot appèl gaan doen.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kon egter nie bevestig of Ninow teen die uitspraak of vonnis, of albei, gaan appelleer nie. Ninow sal Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria die aansoek bring.

Themba Masango, sekretaris van #NotInMyName, meen Ninow het geen gronde om te appelleer nie en dat dit onstellend is dat die saak enigsins aangehoor gaan word. “Dit moes onmiddellik en stilletjies van die hand gewys geword het.”

Ninow is op 17 Oktober 2019 lewenslank tronk toe gestuur deur regter Mokhine Mosope vir die verkragting van ʼn sewejarige dogtertjie.

Masango meen die regstelsel beskerm steeds diegene wat tronk toe gestuur word en wie se regte eintlik “opgeskort” moes word. “Die president weier om ʼn noodtoestand te verklaar met betrekking tot die afskuwelike aanvalle op vroue en kinders en die SAPD voldoen nie aan die Wet op Gesinsgeweld wat die president wil wysig nie, en dit dra by tot die gebrek aan vertroue wat die publiek in die regstelsel het.”

Nicholas Ninow. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Ninow is skuldig bevind aan verkragting, die besit van onwettige middels en dwarsboming van die gereg. Hy het skuldig gepleit dat hy die kind in 2018 in die badkamer van ʼn restaurant in Pretoria verkrag het.

“Ons is hartseer en teleurgesteld dat ‘n onskuldige kind wat net probeer om ‘n normale lewe te hê, steeds deur die Suid-Afrikaanse regstelsel geviktimiseer word,” het Masango gesê.

Mosope het Ninow ook vyf jaar tronkstraf opgelê vir die besit van onwettige middels en nóg vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Laasgenoemde vonnis word gelyklopend met die vonnis vir verkragting uitgedien. Die regter het ook beveel dat Ninow se naam in die register van seksoortreders opgeteken word.

ʼn Forensiese maatskaplike werker van die polisie het tydens die verhoor getuig oor die uitwerking wat die verkragting op die kind gehad het. Sy het gesê die voorval het nie net die kind nie, maar ook haar uitgebreide familie diep geraak en dat die verkragting haar waarskynlik lewenslank gaan bybly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Nicholas jy besef jy het verkeerd opgetree en ek veroordeel jou nie ou seun maar ek glo met my hele hart dat jy maar veiliger in die tronk is op hierdie stadium. Daar kan jy leer en jy kan inskakel by gebeds groepe. Wat gaan jy doen as jy nou daar moet uitkom. Jy gaan weer n kind verkrag en dan die kind ook doodmaak in die hoop dat hulle hierdie keer jou nie gaan vang nie. Jammer ou seun vat nou jou straf en leer daaruit en ek hoop dat ander ook daaruit sal leer dat jy nie wegkom met jou dade. Ek is ook n ouer en bid en hoop dat dit nooit met my sal gebeur nie want as enige iemand een van my kinders of vrou of selfs kleinkinders so iets moet aandoen dan sal daar geen vergifnis kom van my kant tot en met ek dit gewreek het.

Santjie ·

Ja, en dan doen hy dit dalk weer en NOG ‘n onskuldige kind moet boet! Soos met die ander tweetjies wat deur monsters op parool vermoor is.

Patch ·

Hou hom net waar hy is, hy hoort nie in die samelewing nie. Geen verkragter en moordenaar moet ooit weer vrygelaat word nie.

Kwikkie ·

…hy het skuldig gepleit??? En nou appelleer hy…….. hy het seker nie n aangename tyd in die tronk nie.

Maar ek dink hy is veiliger in die tronk .

smith ·

Dis vir my hartseer om te dink dat die ou enige regte het. Daai arme kind het nie n reg of n keuse gehad nie. Sy sal vir die res van haar lewe met die wete van wat haar aan gedoen is moet loop. Ek kan maar net bid dat vir haarself dat sy hom eendag sal vergewe en NIE OMDAT HY DIT VERDIEN NIE, maar oor sy dit verdien. Ek hoop dat sy n survivor sal uit stap en nie n slagoffer nie. Dat sy sal omdraai en hom in sy gesig sal kyk endag se se: Jyt my nie gebreuk nie maar sterker gemaak. Ek bid dat sy sal seevier bo oor die slegte ding wat met haar gebeur het en dat sy haarself ook nooit sal verkwaalik en so ook die mamma haarslef sal verkwalik nie.

Prontuit ·

verkragting = lewenslank – moord = 7 jaar, wow hoe kom mens by dit uit – NIE dat ek se die een regverdig ‘n ligter straf nie maar hoe messed up is ons stelsel, jy kom ligter daarvan af om iemand se lewe te neem as om hulle lewens te verwoes, hoekom dan nie vir moord ook lewenslank nie??????????? ons regstelsel is ‘n grap

Helene ·

Dit Kan ek ook nie verstaan nie. Ons regstelsel is n grap!

Nette ·

Verkragting van ‘n kind is veel erger as moord, wat regverdig die daad? Geen kind behoort deur so iets te gaan nie, ek sê altyd hulle moet my eerder vermoor voordat hulle my verkrag.

ES ·

Nee wat – hy kan maar appelleer – die appelhof gaan sy aansoek van die hand wys.

Sit maar boet.

Marcello ·

Ek verstaan dit dat hy wil aansoek doen, (ek praat dit nie goed nie), maar ek neem aan hy reken seker maar bv. die onlangse gevalle waar kinders verkrag en doodmaak is, se vonisse is dan nie lewenslank nie, of is dit nou oor hulle van ‘n ander “kultuur” is.?

Onnie ·

Het ek ook gedink… In onlangse gevalle is 2 kinders vermoor deur mans wat uit was op parool. Die een vir die moord van sy eie kind en die ander vir verkragting van n 5 jarige seuntjie. Hoekom het hulle nie ook lewenslank gekry nie? Hoekom was dit nie eers in die nuus dat hulle die wrede dade gepleeg het nie? Hoekom was die gemeenskappe, waarin hulle vrygelaat is, nie ingelig toe hulle op parool vrygelaat is nie? Ons regstelsel is nie konsekwent nie. Die een ou kry 5 jaar vir moord en die ander ou kry 5 jaar vir dwelmbesit??! Its all messed up.

RB ·

Die regstelsel maak nie sin nie. Hy kry lewenslank vir verkragting. Net in ander berig kry Richard se MOORDENAAR 7jr!!
Ek kla nie oor Ninow se vonnis.
Maar iewers is die skaal van die gereg nie gekalibreer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.