Kommer oor ‘ernstige’ ongelukke op N3

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Altesaam 983 ongelukke het tussen Januarie en November vanjaar op die N3-tolroete voorgekom, maar dit is die graad van ernstigheid van hierdie ongelukke wat die kommerwekkendste is.

Só het Con Roux, die N3-tolkonsessie se kommersiële bestuurder, Vrydag gesê. Altesaam 1 044 ongelukke het in 2016 op dié hoofweg voorgekom – daar is dus ʼn geringe afname in die aantal ongelukke wat vanjaar op dié pad plaasgevind het vergeleke met verlede jaar.

Roux meen egter dit is geen rede tot feesviering nie, aangesien die ernstigheid van die ongelukke op die pad aansienlik verhoog het. Die volledige statistieke rondom ongelukke op die N3 in 2017 sal eers in Januarie beskikbaar wees, maar Roux meen kommerwekkende tendense kan reeds waargeneem word.

“Die N3-tolkonsessie deel die kommer van wetstoepassers en nooddienste dat oormatige spoed, roekeloosheid en ʼn toename in onpadwaardige voertuie die reeds gevaarlike situasie op ons paaie vererger,” het hy gesê.

Altesaam 148 mense het in tussen Januarie en November 2017 in ongelukke op die N3 gesterf vergeleke met 89 sterftes in 2016. Hierdie sterftes was die resultaat van 107 noodlottige ongelukke vergeleke met 69 noodlottige ongelukke in 2016. Altesaam 34 voetgangers was by die noodlottige ongelukke betrokke in vergelyking met 23 voetgangers verlede jaar.

Volgens die N3-tolkonsessie se data het die meerderheid ongelukke (25,5%) gebeur weens voertuie wat die pad verlaat, voertuie wat rol (21,8%) en voertuie wat van agter in beide bewegende en stilstaande voertuie vasjaag (13,6%).

By 38,6% van ongelukke was ligte voertuie betrokke, terwyl swaar voertuie by 23,8% van ongelukkig betrokke was. By 3,4% van ongelukke was voertuie wat vir openbare vervoer gebruik word betrokke en dié ongelukke het tot 11 sterftes gelei.

Roux het ook opgemerk dat daar vanjaar meer trompop-botsings op die N3 plaasgevind het (18 in vergelyking met 13 verlede jaar), asook meer ongelukke waar daar verskeie voertuie betrokke was (30 vergeleke met 21 in 2016).

“Ons doen ʼn beroep op bestuurders om uiters versigtig op die paaie te wees en te alle tye aan al die verkeersreëls gehoor te gee. Selfs ‘klein’ ongelukke kan massiewe onbedoelde gevolge hê en ongekende skade veroorsaak.”

Hy het gesê swaar verkeer word tussen 29 Desember en 2 Januarie op die N3-tolroete verwag, veral in ʼn noordelike rigting op pad na Gauteng. Volgens Roux word daar verwag dat die verkeer tot 2 500 voertuie per uur kan vermeerder en padgebruikers word aangeraai om te beplan vir spitsverkeer en vertragings te verwag.

“Alle N3-tolkonsessie-plazas sal teen maksimum kapasiteit werk, tensy daar opdrag gegee word deur die Padverkeersinspektoraat dat tolhek-bane toegemaak moet word om verkeer te beheer,” het Roux gesê.

Ongunstige weerstoestande word ook oor die volgende paar dae langs die N3 verwag met swaar donderstorms wat voorspel word en haelstorms wat onlangs in die Estcourt/Ladysmith-gebied voorgekom het.

Vir inligting oor verkeer- of weerstoestande kan die N3-tolroete se 24 uur-hulplyn by 0800 63 4357 geskakel word, of volg @N3Route op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eugene ·

Dit is omdat die owerhede net konsentreer op spoed lokvalle en nie die ware oorsake aanspreek nie

Chrisjan ·

Eugene ja dis so.Daar moet bewegende polisiering plaasvind om roekelose bestuurders op die pad vas te vat waar sperstrepe veral verontagsaam word.Sover dit spoedlokvalle betref behoord daar 1000 keer meer van hulle gehou word.Die Spoed waarteen ‘n voertuig beweeg hou direk verband met die ernstigheidsgraad van ‘n ongeluk.As jy besadig ry kan jy moontlik ‘n ongeluk vermy of die botsing sal minder ernstig wees as wat dit gaan wees sou jy vinniger gery het.FEIT.

Ronel ·

Chrisjan. Ek stem saam met jou, maar alhoewel dit so dat spoed kan doodmaak, kan mmense wat ver onder die spoedgrens ry ook dood op die paaie veroorsaak. Jy kom aangery teen sê 120km/h op die snelweg. ‘n Kar voor jou w at ook 120km/h ry, swaai uit vir iemand teen 60km/h aankruie. Hy tref iemand in die baan langsaan, jy is in die stadige voertuig in ens… So dis nie net mense wat vinnig ry wat ongelukke veroorsaak nie.

Peet Schabort ·

Nogal bekend: https://www.youtube.com/watch?v=PcMUlQFhUww
Ook: https://www.youtube.com/watch?v=uKi2QEreUF0
Ook bekend maar kyk die plan gemaak: https://www.youtube.com/watch?v=eKb57ZmCjUM
Nodeloos om te voorspel dat niks gaan beter word. Die gesindheid waarmee motoriste bestuur is skrikwekkend. Ons sien dit daagliks op ons paaie en dorpstrate waar daar blindelings gejaag word sonder om te dink aan die gevolge wanneer iemand kwansuis voor jou kan in ry. Wanneer jy as kind groot word in ‘n huis en in ‘n motor waar verkeersreëls nie gehoorsaam word dan gaan jy ook eendag so ry. Dit geld ook vir ander goed soos rommelstrooi. Begin op laerskoolvlak met kinders om hulle koppe reg in te stel. Daardie kind kan dan die ouer(s) leer om bedagsaam te bestuur.
Lagwekkend is ook die skoolhandboek van my kleinseun (Gr. 10) waarin daar staan dat die trompop slag van botsing verdubbel tussen twee voertuie met dieselfde spoed en massa. Voor die eksamen vra hy toe wat om te antwoord sou hierdie vraag opduik? My antwoord: ‘Antwoord maar liewer verkeerd want dit is die regte antwoord’. Dankie ook dat ek 57 jaar gelede nie met ‘n K53 bestuurslisensie op die pad losgelaat is want vandag is ek nog ongeluksvry danksy my pa se voorbeeld asook eie bestuursondervinding soos tydrenne en gymkhanas vroeër jare. Lekker was ook die ovaal grondbaan op privaatgrond vir die beheer van my voertuig.

Blits ·

Daar is baie meer drank betrokke, mense dink dis cool om te suip tewyl hulle bestuur, spoed maak nie dood nie maar dis die roekeloosheid en nalaatigheid wat daar plaas vind

Hansie ·

Vragmotors is die no 1 oorsaak van alle ongelukke, maak soos in Europa en verbied vragmotors op vakasie dae en lang naweke op die paaie. Het ongelukkig nie n oplossing vir no 2 ( excuse the pun) die taxi probleem nie !

Chris Ws ·

Hansie,het jy al die swaarvragmotor verkeer op die N3 gesien?Daars letterlik duisende vragmotors wat op een dag heen en weer beweeg.Dis agv die anc regering wat die spoorvervoer netwerk in duie laat stort het.Is jy bewus daarvan dat die spoed perk op ons paaie vir swaarvragmotors 80km/h is?Op die N3 word dit kwaai afgedwing deur die verkeers polisie.Die groot probleem is motoriste wat onbevoeg is om hul motors veilig te bestuur .Kyk maar hoe roekeloos is hulle om vragmotors en ‘n gelaaide vragmotor kan nie vinnig swenk nie en vat lank om te stop al werk sy remme perfek.Ja daar is vragmotor bestuurders wat ook eerder ‘n kruiwa moet bestuur maar motoriste is by verre die meeste verantwoordelik vir ongelukke waar swaarvragmotors by betrokke is.

Cherokee ·

Waar in Europa word swaar verkeer verbied op naweke en vakansiedae? Indien ek ‘n belastingbetaler is en my geld met ‘n lorrie maak sal jy my nie stop om ‘n inkomste te maak oor naweke nie… finnish en klaar! Teen hierdie tyd en die anc saam behoort jy al genoeg te gelees het oor menseregte.

Boet Fasie ·

Verkeerspolisie moet meer aandag gee aan sperstreep oortredings en voertuie wat vragmotors verbysteek terwyl dit nie veilig is nie. Baie ongelukke gebeur waar ‘ n onverskillige motoris voertuie verby steek terwyl voertuie van vooraf aankom Die aankomende motoris moet dan probeer om ‘n kop aan lop botsing te vermy en verlaat dan in die proses die pad wat noodlottige gevolge vir homself en sy gesin het. Die staat moet ‘n motoris wat die oorsaak is van so ongeluk aankla van moord of pogting tot moord. Die probleem is dat skuldige motoriste nie stop op die ongeluks toneel om te sien wat hy / sy gedoen het nie en maar net aanry asof niks gebeur het nie. Menneer en mevrou jy het iemand vermoor en dalk ‘n kind se lewe ook geneem !!!!!!!!

Lba ·

In oos kaap is dit tradisie om te wag vir sperstreep voor verby gegaan word. Selfs polisie ry so dis n wonder dat daar nog lewe is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.