Kommer oor geweld in skole

skoolskoene-2

Argieffoto

Die ANC-studiegroep oor basiese onderwys het sy kommer uitgespreek oor die vlak van geweld in Suid-Afrikaanse skole nadat ʼn onderwyser vandeesweek deur ʼn leerder doodgesteek is en ʼn ander leerder ʼn wapen op ʼn onderwyser gerig het.

Nonceba Mhlauli, woordvoerder van die studiegroep, het gesê as ʼn struktuur wat ʼn oorsigtelike rol in basiese onderwys speel, is die groep baie bekommerd oor die skynbare toename van geweld in skole.

“Dít plaas weer die kollig op die noodsaaklikheid om veiligheid- en sekuriteitsmaatreëls in ons skole te herevalueer,” sê Mhlauli. Volgens die studiegroep het skole nog heeltyd gefokus op veiligheidsmaatreëls soos diefwering aan vensters en deure, sekuriteitswagte op die perseel en mure en heinings om skole. Die groeplede meen egter daar moet nou gefokus word op maatreëls om die geweld tussen leerders en onderwysers te verminder.

“Ons skole is veronderstel om veilige hawens te wees vir leerders én onderwysers, waar leer en ontwikkeling kan plaasvind. Die onderrig van leerders is ʼn samelewingskwessie en dit is nodig dat ouers en gemeenskappe ʼn noodsaaklike rol speel om ʼn sin van reg en verkeerd by ons kinders te vestig,” het Mhlauli gesê.

“Ons beklemtoon weereens die belangrikheid van ouerbetrokkenheid, die herinstelling van skoolberaders en ander noodsaaklike ingrypings om leerdergedrag te beïnvloed en te bestuur.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn 24-jarige onderwyser is Donderdag in ʼn klaskamer by die Ramotshere High School in Dinokana naby Zeerust in Noordwes vermoor. Die onderwyser was besig om op die bord te skryf toe ʼn 17-jarige gr. 10-leerder hom genader het. Volgens die polisie het die onderwyser omgedraai, waarna die leerder hom in die bors gesteek het sonder om ʼn woord te sê. Die onderwyser het kort daarna in ʼn plaaslike mediese fasiliteit gesterf.

In ʼn tweede onverwante voorval is ʼn 15-jarige leerder van Gauteng vandeesweek in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn wapen op ʼn onderwyser van Eldorado Park Secondary School in Johannesburg gerig het. Dit het later aan die lig gekom die wapen was ʼn gaspistool en die seun is aangekla van die rig van ʼn vuurwapen en die besit van ʼn gevaarlike wapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Cornelius du Rand ·

Hierdie is gevolge van n land sonder enige dissipliene of meriete. Daar word net gefokus op mense se regte maar nie op hulle verpligtinge nie. Elke reg het n verpligting. Kom kyk net wat gebeur in Ramotshere Moiloa. Ek bly hier. Niemand stop by stopstrate nie ens. Die SAPS bestaan net hier in naam.

Wenz ·

Ja nee. Vandag se kinders se maniere het net te danke aan al die mense wat die reel so verander het. Hoekom pakslae wegvat. Dit het kinders op hulle plekke gehou.

Judge Dredd ·

Julle will he ouers moet kinders leer oor reg of verkeerd, maar kyk bietjie hoe baie van hierdie ouers self optree, en dan het die regering boonop lyfstraf ook afgeskaf.

Leoni ·

Stem saam. Vir elke aksie is daar ‘n reaksie. Hulle moet nou verantwoordelikheid neem vir hulle wetteloosheid.

hannetjie ·

Andries ek stem saam met jou.Eerstens was daar ook na die ‘oorname’…’n moratorium op die onderwys..die Onderwys Kolleges was toegemaak..dit is ook waarom onderwys in sy maai in is.Daar is regtig weinig onderwysers wat rerig vakkundig is.Vanmelee se onnies was opgelei om kinders te lei..daar was nooit sulke barbaarse optrede in skole nie.Nou word messe uitgepluk..wapens in leerders se gatsakke. En dit moet voor die huidige regering se deur geplaas word.Want as mense nie hul sin kry nie..verwoes hulle.

Oud-onnie ·

Hierdie ding begin by die voorbeeld wat aan ons kinders gestel word. Hoe tree ons volwassenes/owerhede in die openbaar op? Respek vir mekaar het grootliks verdwyn. Is die suitable omkeerbaar? Ek twyfel…

Oud-onnie ·

Hierdie ding begin by die voorbeeld wat aan ons kinders gestel word. Hoe tree ons volwassenes/owerhede in die openbaar op? Respek vir mekaar het grootliks verdwyn. Is die situasie omkeerbaar? Ek twyfel…

Charles ·

Bring die rottang terug! Kinders moet gedissiplineer word, gaan nie help om sekuriteit op te skerp nie!

RHG ·

Ons leef in ‘n ongedissiplineerde samelewing. Afwesige of onbetrokke vaderfigure en afwesigheid van Godvresendheid.
Lê die rottang in en bring môre maar jou lyfwag saam.
Die respekloosheid het reeds te ver gegaan. Dis hartseer verby. So bly ek kon met streng waardes groot word.

hannetjie ·

Nee..geen lyfstraf nie.Geweld kweek geweld en boosaardigheid.Laat leerders detensie sit..ongeag dagskolier of koshuiskind.

Conrad ·

@Hannetjie – detensie dra nie by tot dissipline nie. Dit is net ‘n voortsetting van ‘n geleentheid om onderwysers uit te mergel, te misbruik, uit te daag, te verneder. Nee, dis nie die oplossing nie. Dalk sal dit help as ouers begin om detensie te sit want dan sal hulle verantwoordelikheid begin neem vir hulle kinders se gebrek aan respek. Maar ouers – in sommige gemeenskappe – het self geen dissipline nie.

Hans ·

Met die Dept van Onderwys voortdurend inmenging en die ter syde stelling van besluite ,beleid en norme geneem deur die skoolhoof en beheerliggame is grootliks verantwoordelik vir die anargie wat in skole heers.

piper ·

en dan wil hulle hulself indring in afrikaanse waar beter wet en orde is.

Conrad ·

In sommige gemeenskappe is ouers ‘afwesig’. Die baas in die huis is die kind. Ouers los die probleemkind vir onderwysers. Onderwysers pas dissipline toe met die moontlikheid van viktimisering. Dan los hulle dit vir ander. Maar daar is nie ander nie. Meeste kinders het géén respek vir hulleself, skool, ouers, gesag, dissipline nie. Ook nie vir leer nie al word hulle leerders genoem. As Cosatu graag iets wil doen, dissiplineer julle eie kinders.

ne ·

Julle het nou klaar van die skole ‘n gemors gemaak. Gaan voort, kyk wat gebeur. Tot die BYBEL praat van die roede.

Fearful ·

Kids are NOT safe in schools. My husband is a teacher at a rural school. He has been thrown with a dead meerkat, chased with a hammer, had to break up knife fights, break up fights where boys were beating girls with sticks, deal with a girl playing with the flesh of a dead and decaying dove carcass in class, and has to deal with drug users and dealers, high on anything they can get their hands on. I suppose as far as teachers go, he would be considered one of the “good ones”, but how do you teach in such a dangerous environment? The gardener at the school asked a pupil to pick up his plate (school has a soup kitchen) and take it to the kitchen and was attacked with a hammer for that. He has caught more than one child with a machete at school. I can go on and on and on… the system is so broken and outdated it has turned into a horror movie. I suppose in some schools things are not as bad, but the bad things happening there are covered up better most of the time. When my husband was recently moderated by the DBO, the lady complained about the low grades the kids get, my husband tried to voice his concerns and was simply told to “teach less and assess more”. I rest my case!

Se maar net 1 ·

Tuisonderrig vir die wat kan. WAS ook in die onderwys

Amelda Ferreira ·

Ek hoor wat almal se, maar plaas julle vir een oomblik in ons onderwysers se skoene wat 20 jariges in graad 9 en 10 het, met 45 leerders in n klas. Ons hande is afgekap en ons raak oom bang!!!!

willie ·

Ek kry julle jammer, want julle hande is afgekap en sit basies met ñ onmoontlike taak terwyl daar resultate verwag word!

Juanita ·

The Bible is misquoted! “Thy rod and Thy staff guide me” refers to a shepherd (the Lord) guiding and protecting his flock (us). The shepherd uses the crook to pull sheep away from straying and the rod to beat off predators. He doesn’t beat His sheep

Anoniem ·

Juanita, jy ken duidelik nie jou Bybel goed nie: 24 Whoever spares the rod hates their children,but the one who loves their children is careful to discipline them.

Proverbs 13:24 | NIV

Robert ·

Juanita, het iemand jou Bybel se bladsye uitgeskeur?!
He who withholds the rod [of discipline] hates his son, But he who loves him disciplines and trains him diligently and appropriately [with wisdom and love].
PROVERBS 13:24 AMP
https://bible.com/bible/1588/pro.13.24.AMP
Daar is nog meer.

Stef ·

Die probleem is was in die ore.
Jy moet die boude warm maak. Die hitte styg teen die ruggraat op en smelt die was. Probleem opgelos.

Juffrou ·

Op amper aftree-ouderdom het ek nog NOOIT lyfstraf op enige kind toegepas nie. Selfs die 12 jaar by n African skool. Leerders het my respekteer en ek hulle en ek het nooit met dissipline gesukkel nie. Dalk was ek bloot net gelukkig? Maar ek wil tog vir “Fearful” sê dat sy vir haar man n medalje moet gee en hom help om n ander pos iewers te kry. Dinge het veral in sekere gemeenskappe baie verswak. Dis ook interessant om te beleef hoeveel onderwysers (kollegas) tans die beroep verlaat, veral agv die klomp twak admin en baie assesserings wat die dierbare CAPS (KABV) kurrikulum voorstaan. Ons assesseer heeltyd sonder tyd vir vaslegging. Ons stuur dus n generasie die grootmenswêreld in wat nie die basiese (veral taal) vaardighede bemeester het nie.

Een van hulle ·

Kabv en ouer onnues se kritiek oor ons jonges se ‘onvermoë het veroorsaak dat ek by n tutor sentrum werk. So dit is dus jou skuld tannie.

Jurie ·

Ek weet nie wat die ANC se problem met die skoolkinders is nie dit is dan waarvoor hulle so geveg en gestruggle het,die vryheid om te moor,roof,verkrag en alles wat boos is.Hulle het nou waarvoor hulle geveg het

bgj van der westhuizen ·

wie moet bedank word vir dit die anc regering , kinder kan maak net wat hulle wil en kom weg met dit wat jy maai sal jy saai

Wonder Net ·

Ons het dan vandag selfs ń publieke vakansiedagin SA. Dit word genoem Jeugdag. Dis tot ere van ń spul rebelse kinders wat betoog. Ek wonder nie eers hieroor nie…. Ek stel dit as ń feit, indien dit as die norm gestel word om rebels en aggressief op te tree is daar geen hoop if toekoms vir die onderwys in die land nie.

1+1 ·

Om saam te vat Andries se “maai wat hulle gesaai het” is ‘n baie eenvoudige maar akkurate samevating van die onderwysnagmerie vandag. Die Afrikaanse vakbond het male sonder tal gewaarsku oor die rigting waarin die onderwys beweeg en wat die gevolge daarvan gaan wees. Die vakbond is op rekord. Vandag kyk ons terug en besef dat al ons waarskuwings oor die aanstelling en bevordering van onderwysers, kurrikulum-inhoude, departementele aanstellings, onderwys as ‘n roeping ens, ens slegs nou maar eendag as ‘n getuie moet dien .

Christo ·

Skoolhou van 20 jaar gelede en vandag verskil hemelsbreed. Kinders tree barbaars op, terwyl die onderwysdepartement altyd die kant van kind kies en die onderwyser blameer. Ramaphosa wil die staatsdiens verklein met 30 000. Ek weet van vele onderwysers in die ouderdomsgroep van 55-59 wat vroeg sal aftree.

Net nog 'n onnie ·

Skole moet leerders wat gedragsprobleme toon strenger hanteer. Na derde oortreding skors. Laat ouers met probleem tuis sit, self vrug eet van hul boom. Leerders sien die gedrag van ander leerders, val in by hom of haar, en so vorm dit vinnig ‘n groot groep wat alles ontwrig. Neem die leier uit die groep, en 95% van die groep herstel na aanvaarbare gedrag. Ek sien dit daagliks. Leerders wat nooit probleme gegee het nie, word beinvloed deur die een of twee wat tans die skool “run”, en skielik word jou oulike leerder van verlede jaar, ‘n groot probleem. Of soms sien hulle net ander leerders kom weg met swak gedrag, ouderwysers vloek, ens. Dan aanvaar hulle hulle kan dit ook doen, die res kom dan weg met dit. Skors die leerders met gedragsprobleme, want vandag se vloek teenoor opvoeder is volgende week ‘n wapen en moord. Die optrede teenoor die leerders sal vinnig die ander afskrik. Lyfstraf kry baie van hulle tuis genoeg, dalk te veel. Wys hulle eerder dat alle aksies gevolge het wat jou lewe en toekoms beinvloed.

Johan ·

IN skoole is daar geen disepliene nie lyf draf moet trug aseblief

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.