Kommer oor ‘giftige’ hoendervleis

Argieffoto

Argieffoto

Talle “siek” hoenders is vandeesweek op ʼn Limpopo-plaas gesteel wat glo skadelik vir mense kan wees wat die vleis eet.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê nagenoeg 165 hoenders is Dinsdagoggend by die Sefalaolwe Seleteng-hoenderplaas buite Lebowakgomo, suid van Polokwane (Pietersburg), gesteel.

“Minstens 15 van die gesteelde hoenders is siek en met ‘gevaarlike’ medisyne ingespuit wat skadelik kan wees as mense die vleis sou eet,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het inwoners versoek om die polisie in kennis te stel van enigiemand wat hoenders in verdagte omstandighede verkoop.

Die Lebowakgomo-polisie se veediefstaleenheid ondersoek die saak en het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

Stem saam met Jean,hulle gaan die hoenders in wees vir hulle self as hulle siek word.

Berhalet ·

Iemand wat 165 hoenders steel, steel nie omdat hulle honger is nie… Laat hulle maar siek word en op die harde manier leer!

Arsène Lupin ·

Dis dalk nou ‘n baie dom vraag, MAAR die medisyne wat die hoenders ingespuit is, is dit om die hoenders gesond te maak – hoekom is dit giftig? Sou dit nie maar beter gewees het om die hoenders op ‘n “humane” manier van kant te maak nie?

Mamparra ·

Hoe maak mens ‘n hoender op “humane” manier dood? “Humane” word vermoor op die wreedste maniere ooit. Of dis kanker, hart, motor-ongelukke ensovoort. Ek lees nog die opskrif: “Hoender sterf in motorongeluk”

jennefer ·

Jinne, ek wens ek kon my stoetbeeste iets inspuit, sodat die diewe wat hul slag by die dood omdraai.. Dit word byna onbekostigbaar om te bly boer. Hongersnood wag as daar nie na ons boere gekyk word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.