Kommer oor hoe afsonderingsregulasies kinders raak

(Foto: Unsplash)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n skrywe aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gerig waarin daarop aangedring word dat die vlak 3-afsonderingsregulasies gewysig word om kinders onder die ouderdom van tien jaar teen strafregtelike inhegtenisneming en vervolging te beskerm.

Afsonderingsregulasie 34 stipuleer dat dit verpligtend is vir elke persoon ouer as die ouderdom van ses om in die openbaar ’n masker te dra wat sowel die neus as mond bedek. Die regulasie bepaal verder dat enige persoon wat versuim om te voldoen aan die mondelingse opdrag van ’n wetstoepassingsbeampte om só ’n masker te dra, hulself aan ’n misdryf skuldig maak en ’n boete, tronkstraf of albei opgelê kan word.

AfriForum se skrywe wys egter daarop dat artikel 7 van die Kindergeregtigheidswet 75 van 2008 spesifiek bepaal dat ’n kind onder die ouderdom van tien jaar nie oor die bevoegdheid beskik om ’n strafregtelike misdryf te pleeg nie en dus nie vir enige strafregtelike oortreding vervolg kan word nie.

“Dit is kommerwekkend dat die regulasies indruis teen bestaande wetgewing in dié verband,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Volgens Kamfer skep dit onsekerheid by die wetstoepassingsbeamptes wat die regulasies moet afdwing en kan tot gevolg hê dat kinders jonger as tien jaar weens die oortreding van die regulasies in hegtenis geneem word.

Dít volg nadat Bheki Cele, die minister van polisie, vroeër vandeesmaand aangekondig het dat sowat 7 000 mense reeds in hegtenis geneem is omdat hulle nie maskers gedra het nie.

“Lede van die wetstoepassingsowerhede het gedurende die ramptoestand hulself keer op keer skuldig gemaak aan die onregmatige inhegtenisname van persone wat na bewering die regulasies oortree het. Ondeurdagte, onduidelike regulasies kan veroorsaak dat hierdie optrede meer voorkom en dat kinders jonger as tien jaar direk geraak kan word.

“Dit blyk of Cele aan vervolgingsbeheptheid ly. Dit is jammer dat die staat in sy magsbeheptheid selfs inbreuk maak op die beste belang van kinders,” meen Kamfer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
domheks

zuma en cele is van die 30% prestasies. Cowboy en Kopdoek ewe onnosel. Magsbehep en geen menslikheid nie.

PH

Al waarin die regering belangstel is die “sacrifice of class suicide ” van die bevolking om kommunisme te bevorder – soos per kopdoek se skriftelike dokument gedateer 20 Mei 2020

Anel

Ek wonder of mense besef hoe ongesond die dra van maskers werklik is?

Maans

Die sogenaamde leiers van ons land is almal so dom soos peanutbotter. En magsbehep

Kremetart

Ek sal graag ook wil weet: wat van my verstandelik gestremde kind wat weier om haar masker te dra. Ek kan haar nie alleen by die huis los as ek inkopies doen nie, en kan haar nie in die kar los nie. Sy is sestien jaar oud met gedrag van n 2jarige.