Kommer oor inflasiestyging

(Argieffoto: pixabay)

Die verhoogde jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) van 5,7% in Februarie tot 5,9% in Maart vanjaar gee rede tot kommer oor die lewenskoste waaraan werkers onderwerp word. Hierdie verhoging is Woensdag deur Statistieke SA bekendgemaak.

Die verbruikersprysindeks het in Maart vanjaar met 1% maand tot maand toegeneem.

Die belangrikste bydraers tot die 5,9% jaarlikse inflasiekoers was voedsel en nie-alkoholiese drankies, behuising en nutsdienste, vervoer, en diverse goedere en dienste.

Voedsel en nie-alkoholiese drankies het op ’n jaargrondslag met 6,2% gestyg en 1,1 persentasiepunte tot die algehele VPI‑ jaarlikse koers van 5,9% bygedra.

Volgens Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond Uasa, veroorsaak die oorlog tussen Rusland en Oekraïne dat voedsel en ander noodsaaklike goedere, wat die primêre drywers van verhoogde VPI is, steeds ’n aansienlike uitwerking op die prys van brandstof en basiese goedere.

“Maart het ook kwartaallikse opnames van huurgeld, huiswerkerlone en jaarlikse onderwysgeldverhogings ingesluit, wat na verwagting sou styg en bydra tot ’n hoër VPI,” sê Moyo.

“Ekonome het gewaarsku oor ’n verwagte VPI-piek teen Junie, wat beteken dat die ergste nog voorlê vir platsakwerkers wat reeds sukkel om uit te kom met die bietjie wat hulle het.”

UASA moedig sy lede en Suid-Afrikaanse verbruikers aan om huishoudelike en ander bestedingsplanne noukeurig te deurdink voordat hulle hul beursies oopmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rudi ·

Hiekom bekommerd wees. Dis logies. Die hoë petrolprys veroorsaak dit.

Marius ·

‘n Verlaging van die BTW en persoonlike belasting op salarisse en pensioene sal nou welkom wees …

Papsak ·

Ja alles word net op gesit en duurder kyk nie die tipe mens wat nie werk het of van klein bietjie moet lewe

Manie ·

Plaas ‘n 1 voor die 5, dan is julle waarskynlik nader aan korrek.

Kokerboom ·

SA sit op ‘n tydbom.Die onbeerbare koste en skuldsiklus stoom voort en regering het GEEN plan van ‘n dagoud!Gerieflikheidshalwe word oorlog in Oekraine vir ALLE onbevoegdheid geblameer

Nico ·

Wat van die mense wat afhanklik is van paraffien wat nou so duur is asook die mense wat afhanklik is van LPF gas.

Swerwer ·

Waarom bekommerd wees…………..die ANC Regering is die oorsaak en tog word daar absoluut nie ‘n vinger verroer om die inflasiekoers hok te slaan nie. Die ou mensdom gee mos mos maar net en die ANC vernietig maar net so vêr hul gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.