Kommer oor Kaapstad-veiligheid

kaapstad-lugfoto

‘n Lugfoto van Kaapstad. Foto: Sharonang/Pixabay.com

Die groot toename in aanvalle op stappers, strandgangers en fietsryers in en om Kaapstad is uiters onrusbarend en die VF Plus doen ʼn beroep op die polisie en stadsowerhede om veral bekende gevaargebiede te beveilig.

Só sê Erika Botha-Rossouw, VF Plus-raadslid vir die stad Kaapstad.

Botha-Rossouw meen veral die ernstige aard van die aanvalle is kommerwekkend. “Verskeie slagoffers het getuig dat dit lyk asof die aanvallers nie daarin belangstel om te roof nie, maar bloot om hul slagoffers ernstige leed aan te doen of te vermoor.”

“Net die afgelope naweek was daar twee ernstige aanvalle. In een daarvan is nege stappers op die Silwermyn-roete naby Vishoek deur twee mans met messe aangeval. Van die stappers is ernstig beseer. Twee Britte, Don en Yvonne Cormack, was onder die slagoffers,” het Botha-Rossouw gesê.

In ʼn ander voorval is vyf fietsryers ook deur twee mans met klippe en messe op die Helshoogte-pas naby Stellenbosch aangeval. Van die ryers is beseer. Verskeie ander voorvalle op Tafelberg en omliggende strande is die afgelope maand aangemeld. Van die slagoffers is ernstig beseer.

Sy meen dit is duidelik dat die aanvalle buite beheer toeneem en dat die owerhede nie genoeg doen om mense te beveilig nie.

“Die Stad Kaapstad moet in samewerking met die polisie optree om ʼn plan van aksie te beraam om mense te beveilig. Dit is onaanvaarbaar dat mense wat juis wil ontspan en die Kaap se natuurskoon wil geniet, nou die teikens van wrede aanvalle word. Die VF Plus hoop nie iemand moet eers sterf voordat daar daadwerklik opgetree word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Valie ·

Aanvalle orals…. Jeffreys baai se strande word ook geterroriseer deur misdadigers.

Penellope Jones ·

Totdat daar ‘n nie massiewe ommeswaai in die regering se denkprosesse en benaderings kom nie, kan ons vergeet van ‘n redelike krimineel-vrye omgewing.
Die regering het nie ‘n saak met misdaad as dit hulle nie direk raak nie.
Vir die res gee hulle nie ‘n snars om nie, nog minder vir toeriste en toerisme.

Hendrik ·

O so die misdaadkanker is ook nou by julle. Om dit uit te sny kort dit baie baie samewerking van die gemeenskappe. Maak toe, neem deel en moenie net voor die TV sit nie manne.

A ·

Los die perde uit. Waarom moet hulle die mens se vuil werk doen en hulle lewe ook in gevaar stel.

HPV ·

Jonathan , ek sê dit al jare! Veg terug teen minderheid misdadigers wat die meerderheid wetsgehoorsame burgers gevange hou! Jy MAG jouself verdedig.

Jakalas ·

Wys maar net dat tot die DA nie kan misdaad keer nie. Hulle moet dan meer polisie ontbied aan daai areas om dit veiliger te maak.

Zeus ·

Loop maar met n wapen rond as die area gevaarlik is. Ek verstaan nie regtig wat so moeilik daaran is nie.

Basie ·

Zeus. ek stem saam met jou, maar ons as besoekers in Suid Afrika mag nie wapens oor die grens bring nie. Daarom is ons baie kwesbaar.

Linda Gouws ·

Ek stem saam met die kommentaar gelewer. Die gate in die DA word al hoe groter!

Hendrik ·

Ek dink dat met die massiewe instroming van die Oos-Kaap mense daar net eenvoudig net nie genoeg hulpbronne om al die gate toe te maak nie. Die bevolking het toegeneem van 2.5 na 6 miljoen mense in die Wes kaap die afgelope paar jaar. Dit se alles!

KP ·

Dit is die ANC se handlangers wat die weskaap onregeerbaar probeer maak.

Adam ·

KP, gelukkig is daar nog mense soos jy wat kan onthou dat die ANC pre-1994 ‘n “beleid” van kom ons maak die land “onregeerbaar” gebruik het. Hulle sal voortgaan om dit te doen op elke plek waar hulle nie aan bewind is nie en ongelukkig is die opposisie-partye bykans irrelevant.

Mnandi ·

My gevoel ook.. maak Kaapstad onregeerbaar.. vir die ANC groot doring in die vlees dat Wes Kaap nie deur hul beheer word nie..

AG ·

Verlede jaar is ons seun en n vriend aangeval deur n bende met pypgewere en messe by Helshoogte. Hulle kon ongedeerd wegkom met skade aan die motor. Polisie het gesê hulle kan nie n saak maak nie omdat die oortreders onbekend was en dat dit net kinders is wat speel. Daar was later wel n verklaring afgeneem. Hulle het ook die universiteitsowerhede in kennis gestel omdat baie studente die area besoek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.