Kommer oor kinderontvoerings in Gauteng

Argieffoto

Sizakele Nkosi-Malobane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, is woedend oor die beweerde ontvoering van kinders in Gauteng.

Twee mans is verlede Vrydag aangerand ná ʼn poging tot ontvoering van ʼn jong meisie in Eldorado Park. Die verdagtes het glo naby ʼn skool probeer om die meisie te ontvoer. ʼn Video van die voorval word sedertdien op sosiale media versprei. Die gemeenskap het vurig opgetree en die twee moes na ʼn hospitaal gehaas word vir mediese behandeling.

Oor ʼn onverwante voorval het Ofentse Morwane, woordvoerder vir Nkosi-Malobane, gesê die kêrel van Liyaqat “Lee” Mentoor (3)  se ma het ook Maandag in die hof verskyn ná Lee deur ʼn paartjie in ʼn silwer motor gelaai is toe hy 16 Maart by sy ouma se huis in Roodekrans afgelaai is.

“Ek veroordeel die beweerde voorvalle van ontvoering van kinders in Gauteng ten sterkste, maar in dieselfde asem veroordeel ek ook die aanranding van verdagtes deur gemeenskapslede.”

Volgens haar is daar ander moontlikhede vir gemeenskappe om hul kommer aan die lig te bring in plaas van aanranding en gewelddadige betogings.

Nkosi-Malobane het die wetstoepassingsagentskappe opdrag gegee om albei sake deeglik te ondersoek “sodat geregtigheid sal geskied”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerrit ·

Sjoe ek het daardie vidio gesien die twee skelms is uit die polisie voertuig gehaal en byna dood geslaan deur die gemeenskap.Dit kan nie goedgepraat word nie maar ek wil twee vrae vra
Sal die twee ontvoerders weer so iets doen?
Wat moet die gemeenskap doen as sa n patetiese polisie diens soos huidiglik het?

Johanna Botha ·

Alles en almal is in gevaar ..aa die polisie tog net wil regkom en hulle werk doen soos hulle moet !

anti-crime ·

Die ontvoerders sou niks oorgekom het nie – en die massas weet dit – die gemeenskap het dus gedoen wat hulle voel is reg.
Indien dit my kind is sal ek dit hulle ook beetgekry het.

marous ·

Die optrede van gemeenskappe dra ‘n boodskap uit . Beskerm jouself want die regering wil dit nie doen nie!

BEA ·

wel as dit my kind is sal ek nie eers een keer dink om so iemand iets aan te doen nie en NIEMAND sal my keer!!

ME ·

Vigilante optrede kan nooit goedgekeur word nie, want dit lei tot choas. Maar, in SA kan mens verstaan hoekom dit gebeur! Die publiek is moeg daarvoor om te voel die regering kan nie wet en orde handhaaf nie, en die regstelsel bring nie die nodige vergelding nie.

Ben Niemand ·

Alhoewel dit lekker is om te dink aan hoe die gemeenskapslede hierdie twee booswigte laat les opsê het, moet mens ongelukkig besef hoekom dit nie aanvaarbaar is nie. Dit wat laas week in Eshowe gebeur het, nadat ‘n veiligheidswag iemand op ‘n plaas doodgeskiet het, maar die gemeenskap het gedink dit was die boer gewees en die plaas begin afbrand het, bewys maar dat “mob-justice” ook baie maklik op die verkeerde spoor kan gaan oor wie gestraf moet word…

Beskermers van misdadigers ·

Die ANC, polisie, hof en liberale gemeenskap het menseregte gekaap, hulle wil chaos onder die massas veroorsaak deur om ontvoerders en misdadigers te beskerm, en die wat hulself noodgedwonge probeer beskerm, te vervolg. Mooi so aan die helde wat hul eie gemeenskappe beskerm, dis hulle reg, die regering voer nie meer hul mandaat van beskerming uit nie, hulle verbreek die sosiale kontrak, daarom mag en sal ons onsself beskerm.

Louise ·

Wel MOB JUSTICE is die enigste tyd wanneer die regereing reageer en hulself STERK uitspreek teenoor teenkanting van misdaad.
Net snaaks om te sien wanneer die gemeenskap onstapn word daar steeds niks gedoen om mense en kinders te be-veilig nie.
Ons is nie eers meer veilig om net brandstof in te gooi sonder om te wonder wat gaan gebeur nie. Dis n plek vol beweging en kameras, laat mens wonder ne???

Coen ·

Ek hoop die polisie het ook n paar warm klappe gekry sodat hulle regkom ,ons is moeg verby vir die belasting vermorsing deur die klomp in blou.

Danie ·

As ek ooit pres van suid afrika word jaag ek eerste al die polisie weg en start affresh

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.