Kommer oor kinders in gr. 1 tot 3 ‘wat nie kan druip’

Angie Motshekga. Foto: Jacques Naude/ANA

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se plan om kinders wat in gr. 1 tot 3 druip, outomaties deur te sit, wek kommer.

Motshekga het vroeër die maand in antwoord op ’n skriftelike parlementêre vraag deur die VF Plus-parlementslid dr. Wynand Boshoff geantwoord dat so ’n stelsel van “outomatiese progressie” nie tans geld nie.

Op die oomblik kan ’n leerling een maal per skoolfase druip, maar nie meer as dit nie. Die twaalf skoolgrade is tans in vier fases van drie jaar elk ingedeel. Daardie stelsel bly geldig tot dit verander word – tans kan leerlinge steeds druip, ook in die grondslagfase.

Volgens Motshekga dui internasionale neigings en studies in die opvoedkunde tans daarop dat herhaling van ’n skooljaar baie min voordele vir jong leerlinge in die grondslagfase inhou. Die nadele oortref die voordele en akademiese prestasie verbeter nie noodwendig nie.

Die Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het in reaksie gesê die stand van grondslagfaseonderwys in Suid-Afrika is reeds rede tot kommer met groot getalle leerders wat nie oor basiese lees-, skryf‑ en wiskundevaardighede beskik aan die einde van gr. 3 nie.

Studies uit soortgelyke ontwikkelende lande soos Suid-Afrika wat reeds ’n beleid van outomatiese bevordering aangeneem het, dui grootliks op negatiewe statistieke en sentimente oor die implementering daarvan, het prof. Anne-Marie Beukes, hoof‑ uitvoerende beampte van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, gesê.

In Suid-Afrika is die bron van kommer tweeledig. “Eerstens kan verwag word dat oneffektiewe implementering van die beleid kan lei tot `ʼn onderwyskrisis soos reeds uit soveel ander voorbeelde blyk waar daar nie genoegsame voorbereiding vir implementering gemaak word nie. So byvoorbeeld is die huidige taalbeleid van die grondslagfase eendimensioneel geskryf vir ’n multidimensionele taalrealiteit wat veronderstel dat alle kinders moedertaalonderrig van gr. 1 tot 3 ontvang. Die werklikheid is veel meer kompleks, in ag genome ook die gebrek aan Engelse taalonderrig wat die oorgang na gr. 4 moet vergemaklik.

“Tweedens kom die toegang-teenoor-kwaliteit‑argument weer ter sprake. Die departement van basiese onderwys het oor die laaste dekade suksesvol toegang tot basiese onderwys vir derduisende leerders verseker. Sou slaagsyfers die belangrikste aanduider van sukses in die grondslagfase word, ten koste van kwaliteit en die versekering dat basiese vaardighede in plek is, kan die langtermyngevolge egter rampspoedig wees. Die Onderwyskommissie van die SA Akademie stel voor dat die beleid van outomatiese bevordering in die grondslagfase dringend heroorweeg word, en indien dit wel sou voortgaan dit ten minste weldeurdag en geleidelik oor ’n redelike implementeringstydperk moet geskied.”

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het ook sy teenstand teen só ʼn stelsel benadruk.

Chris Klopper, hoof‑ uitvoerende beampte van die SAOU, het gesê hulle keur nie die “pass-one-pass-all”-beginsel goed nie. “Leerders se agterstande gaan gewis nie hanteer word of verbeter indien hulle vinniger deur ʼn spreekwoordelike drukgang gejaag word nie.”

Noodsaaklike boustene in leerders se ontwikkelingsmure, wat met vaslegging en intervensie aangepak kon word, gaan agterweë gelaat word, meen Klopper. “Die departement se agenda word bevraagteken: word die leerders se onderrig en vaardighede hier bevoordeel of is hierdie besluit vir die departement ʼn finansiële kruk om die onderwysbegroting te probeer red?”

Volgens Klopper is die deurvloeisyfers reeds ʼn geruime tyd ʼn bron van bespreking. “Hierdie optrede is volgens die SAOU ʼn poging om dié syfers te manipuleer. Net soos wat ʼn tablet aan elke leerder nie ons onderwysstelsel se redding is nie, en die departement is bewus van die navorsing wat in hierdie verband gedoen is en die negatiewe resultate daarvan, net so gaan die aanstuur van leerders wat agterstande het, nie SA se onderwysstelsel se redding wees nie.”

Die SAOU het ʼn beroep op Motshekga gedoen om suiwer en met omsigtigheid oor dié aangeleentheid te besin: “Dit is Suid-Afrika se toekoms waaroor die departement besluit”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

NET EK ·

Duh!!!! i mean the child can not pass gr 1 how on earth is the child going to pass gr2??? Wonder of sy n regte matriek sertifikaart het???

Sê maar net ·

In Suid Afrika het ‘n minister nie ‘n Matriek sertifikaat nodig nie, net soos die president….

Lou ·

Dit sal interessant wees om ‘n ontleding van die ministers se kwalifikasies te sien. Regte kwalifikasies, nie die wat hulle gekoop het of self toegeken het nie.

Awie jansen van vuuren ·

ek dink hulle gaan almal minister word van onderwys

JohanL ·

@Me Motshekga – stuur asseblief kundige mense wat onderwys verstaan na skole as julle via die provinsiale departemente skole inspekteer. Regtig, die intellektuele vermoe van sekere van daardie mense is verby verstommend. Hoe op dees aarde kan iemand van die departement die onderwyser (wat reeds goeie verduideliking en bewyse het) beveel om ‘n kind wat NIKS gedoen het nie, deur te sit?

Hennie ·

Hoe dink die minister gaan n kind wat druip in graad 1-3 en deurgesit word, slaag in Graad 4??????. Dit is een van die domste goed wat hulle nou wil deurvoer. Is 30% nie alreeds te laag nie??????

Wonder ·

Dink net die bottelnek van leerders in graad 4 wat nooit die basiese vaardighede van skryf, reken of lees baas geraak het nie. Hoe gaan al die druipelinge dan hanteer word. Of word hulle ook net deur gesit. Waarheen is onderwys oppad?

Lou ·

Maar dit is presies wat die ANC wil hê. Solank as wat die massas te dom is om vir hulle self te dink het die ANC ‘n kans om hulle om te koop met ‘n T – hemp en ‘n keps om aan te hou om vi hulle te stem.
Afrika politiek

johan ·

Ek het familie wie se kinders soo deur gesit is. En vandag 29 jaar oud is en nog steeds nie n hoorlosie kan lees nie. Glad nie Graad 10 kan slaag nie. Hul is nooit geleer om hard te werk nie.

Ella ·

Dis hoe hulle wil hê dit moet wees: kaalvoet, swanger en in die kombuis of op die “lande” om tussen 12 mielies te skoffel.

Onderwysers Mamma ·

Dan word daar jaar na jaar vinger gewys na onderwysers oor die matriekuitslae. Kinders sit in Gr 7 dan kan hulle nie lees, spel of enige manier van wiskunde doen nie. Op die einde van die dag is dit die onderwysers wat nie hul kant bring nie. Ek weet onderwyser werk baie hard en ons het van die bes gekwalifiseerde onderwysers, maar hulle hande is afgekap. Wens die slim mense in die regering wil net vir 1 kwartaal in ‘n onderwyser se skoene gaan staan. Sterkte aan al die onderwysers.

KrokodilBotha ·

Ja wel ek sal bekommerd wees as n kind graad 1 druip. Is dit nie net beter om almal deur te sit tot met Universiteit grade nie. Dans almal slim en kan vir die staat gaan werk.

Suzette ·

Ag nee Krokodil hulle werk reeds almal vir die staat nou gaan hulle opvolgers erger wees eish

EK ·

Hulle het geen bekommernis nie, want deesdae word tot bestuurslisensies gekoop op die swartmark. Wat keer hulle om enige sertifikate vir kwalifikasies, martiekserfikate of selfs vir Universiteits grade te koop.

Spookonderwyser ·

Dit gebeur al lankal in ander grade ook. Geen skool sal vyf- en twintig in n klas van vyf-en dertig druip nie. So hulle punte word aangepas tot hulle slaag. Onderwys is lankal n klug in baie skole, dan praat ons nie eens van standaarde nie!

Thomas ·

Dit verbaas my soms dat mense wat graag vertel hoe gebrekkig hul opvoeding was nou die besluite neem oor hoe dit gedoen moet word….

marous ·

Niks wat die vrou kwyt raak skok meer nie . Begin sommer om Graad 6 Doktor sertifikate uit te reik !

Ditsem ·

ANC regerings handleiding= Hoe om alles op te foeter wat werk 101

Ditsem ·

Dit sal vir my lyk dat dit ons enigste opsie gaan wees om ons eie skole of private tuis ondering gaan moet doen. Met n kurrikulum wat werk en op hoe standaard is. Ons kan nie ons eie kinders se toekoms in die mense se hande sit nie. Hulle is uit om alles te vernietig. Ons sal na ons self moet omsien. As ons saam staan kan ons dit maak werk in die gemors waarin ons is. Elkeen sal maar net sy eie selfsug moet los en ons moet mekaar help

Swannie ·

@ Ditsem,

Dit sal jou niks help om kinders tuis onderrig te gee nie, omdat hulle nogtans nie werk sal kry nie – regstellende aksie..onthou jy nog daardie woord ?

Leon ·

Angie het verseker nie Gr1-3 gemaak nie, want haar besluitneming getuig daarvan. Dis die belangrikste 3 jare van enige kind se lewe, want dis waar die grondslagfase gelê word van kinders se skooljare.

Ronel ·

Miskien moet hulle meer konsentreer op spelling en lees as op pengreep. My seun is linkshandig en is male sonder tal gepenaliseer oor sy pengreep. Lefties hou ‘n pen anders vas as regshandiges. PUNT! Leer eerder die kinders spel en woorde klank as woordherkenning. Almal dink die outjies is te oulik as hulle die leesboekies so vlot kan lees, maar hulle het nie ‘n clue wat hulle lees nie, want hulle herken bloot die woord.

EDT ·

Die deursit in fases is wat die meeste van die probleme versoorsaak. Vat nou bv. wiskunde, ‘n vak wat ek dink nie onderhandelbaar moet wees nie. Wat jy volgende jaar gaan leer, is boublokke van wat jy hierdie jaar moet bemeester. Ja, en as jy na die kurrikulum kyk, sluit dit graad 1, 2 en 3 IN. Maak eerder seker jy het ordenklike onderwysers in elke graad in elke skool wat omgee, as om leerders aanhoudend deur te sit en hulle agterstand net groter maak – en hulle toerus vir ‘n toekoms van “failure”.

Nika ·

As n kind nie Gr1-3 deur kom nie sê dit vir my daar is groot probleme in n huishouding.
Dit is nie net onderwysers se plig om seker te maak kinders kom deur nie! Onderrig begin eerste by die huis! Hulle maak generasies dom!

Zorro ·

Slaat my nou maar met ‘n kierie, maar ek dink ook nie mens moet ‘n kind in graad 1 tot 3 druip nie. Kinders in daardie grade speel en lees en tel. Hulle leer nie. As hulle nie deurkom nie is daar groot fout en help dit nie om die fout op die kind uit te haal nie. Druip op so ‘n jong ouderdom breek ‘n kind se moed. Die sielkundige effek daarvan is te groot vir so ‘n jong kind.

Onderwyser ·

@Zorro

Dit word grondslagfase vir ‘n rede genoem. Dis waar ‘n kind se grondslag vir die res van sy skoolloobaan gelê word. Kinders in die grondslagfase speel lankal nie meer nie. Dis baie intense harde werk wat in daai fases gedoen word. As ‘n kind nie sy grondslagfase slaag nie sal hy nooit verder op skool slaag nie. Ek praat uit ondervinding, is ‘n onderwyser en het self 2 kinders in die grondslagfase.

JK ·

Hoekom moet die kinders dan graad R – 2 skool gaan. Begin dan skool in graad 3

P'TJIE ·

Ons land wat skole, politiek, finansies, werks geleenthede aanbetref is een GROOT grap….

Trojaanse Donkie ·

What could the reason be for this precipitous decline in the sale of textbooks?

The unexpected change in the way the National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) disburses funding for book allowances could explain this unexpected change – and be the reason for these unintended consequences.

Whereas for more than 20 years the NSFAS textbook allowance was ringfenced and could only be spent on textbooks and essential learning materials, in 2019 – for the first time – the allowance was paid in cash directly to students’ accounts.

The decline in book sales can only mean that vast sums of public money intended for students to buy textbooks and learning materials are not being used for this purpose. It is either being spent on items other than academic learning materials or students have been pressured to remit money home to friends and family.
So lyk dit as hulle ouer word ?

Jeremia ·

Onderwys is ná meer as twee dekades verlaag tot – aansoek doen in triplikaat om te druip.

Besorgd ·

Ek is ń onderwyser by ń engelse hoërskool.
Ons ontvang elke jaar kinders wat min of mer in hul huistaal onderrig word. Wanneer die kind in die klas kom verstaan die arme siel en nog minder die ours die engelse taal van onderig nie en word ons as die onderwysers blameer omdat die arme kind nie die instruksies in engels kan volg en verstaan nie.

Die stelsel is besig om die arme kinders in die steek te laat asook hul ouers. Ons probeer baie hard.

In die Wiskunde vakgebied, dieselfde die basiese kennis van die grondbeginsels, maal, deel en selfs, area, omtrek ens. kan nie gedoen word nie.

Sy moet regtig waar na haar raamwerk begin omsien. Engels van gr1 af in sekere gevalle gaan die kinders en die land op die langduur baie help.

Bobbejaan ·

Besorgd jy praat baie groot waarheid.Ek gee die spesifieke graad en vak waarna jy verwys en die kinders verstaan nie eers die verskil tussen omtrek en area nie.Hulle ken hulle tafels nie en hulle kan nie eers ordentlik lees nie.Gee egter vir hulle kaarte en hulle dobbel,muntstukke en hulle speel spin.Al die dinge gebeur terwyl ek as onderwyser fisies aan hulle Wiskunde verduidelik.Geen respek,geen gewete nie en dit is wat my bekommer.Steek mekaar met skere terwyl chemiese formules se balansering aan hulle verduidelik word in graad 9.Hoe kan ons so skool hou?

Ja ne ·

Die onderwysers gaan weer die skuld kry vir die arme bloeitjies wat nie kan bybly nie…. Baie mense dink mos alreeds om die onderwysers die skuld te gee is ons nuwe nasionale sport.

Hb ·

Ek stem. In my tyd het niemand gedruip op daardie ouderdom nie. Was heeltyd speeltyd. Kom by mense. Hu kan jy n kind druip op daai ouderdom. Dit bly hulle hele lewe by hulle op daai ouderdom

Kobus ·

Daar was in die laat tagtigjare reeds sprake van so aksie weens die groot getal kinders wat toetree tot skole, wat dadelik `n bottelnek effek veroorsaak, te veel kom in vir die beperkte werksgeleenthede, universiteite, ens wat na matriek wag, en dit raak net erger, niks om oor geskok te wees nie, kom al `n laaang tyd.

Susan vl ·

Waarvoor nog skool toe stuur. Gee sommer matriek sertifikaat met geboorte. …
Gelukkig het ons en ons kinders met trots en regte geleerdheid groot geword.

Hans ·

Kry onderwysers en laat hulle klas gee op youtube. Die wat agterbly kan elke les wat moeilik is weer en weer kyk tot hy verstaan. Goeie platform vir “home schooling”.

Peet ·

Daar is dit nou. Dumbing down 101.
Die belangrikste fase in almal se skool loopbaan.
Mens wil huil?

Danie ·

Die boek “The bell shaped curve” verduidelik alles baie mooi. Party het dit, ander het dit nie.

Bobbejaan ·

Ek is ‘n onderwyser by n tegniese skool.Ek sien daagliks hoe die kinders nie vaardighede het nie.n’ Toets is gedoen en daar is bevind dat ‘n graad 8 leerder by ons het die lees vermoee van ‘n graad 4 kind.Dis tegnies.Eskom is nou al ‘n gemors. Sekere van die kinders het geen vaardighede nie.Ouers leer julle kinders die tafels en om vlot te lees dan het jou kind ‘n voorsprong bo baie wat geen belangstelling het in lees of wiskunde nie.Wees streng en neem fone weg.Ons sal dringend ‘n omkeer moet kry in die land anders gaan daar probleme wees.

Tinus Vorster ·

Gee sommer die matrieksertifikaat – dan mors ons niemand se tyd en geld nie.

Db ·

Dit is haar manier om plek te maak in die skole vir die nuwe instrominge van die wesens want hulle is net te veel as daar druipelinge moet agterbly in die klasse. Sy het ook gehoor “‘n boer maak ‘n plan” maar die hele begrip mis gesit

Regtig? ·

Regtig my seuntjie verjaar in Desember en is in graad 1 hy sukkel vreeslik sal verkies dat hy volgende jaar graad 1 oordoen. hoe sit mens kinders deur en ja hoe gaan hul die ander grade deurkom? Die land is ‘n helse joke, ongeleerde onopgevoede mense wat in die hoë poste sit. Kom by Minister van basiese onderwys

riana ·

Serioulsy en dan doen hulle elke jaar daar na 2 of 3 maal en is 25 in matriek en steek mekaar met messe dood wat groot mense hoort nie in ‘n skool meer na 18 nie…. was so in ons dae as jy 19 word en weer druip…. gaan kollage toe en doen N4 sertifikaat.

Lei julle onderwysers op maak seker kinders kan lees en skryf en in hulle eie taal for that matter, Studies het bewys kinder moet tot op Graad 7 verkieslik in moeder taal onder rig word en dan kan hulle in sekondere fase in 2 de taal leer….. Maar nou ja ou SA gaan 1 tree voorentoe en 20 agteruit.

Danie ·

Man, laat hulle sommer net skool begin op graad 4. Probleem opgelos.

Duiker ·

Mens noem dit intelektuele inflasie. Soos Zim gedink het mens print net meer geld as mense nie geld het nie dink die span weer as jy n kwalifikasie kort vir n werk dan verlaag jy net die standaard dat meer die kwalifikasie kan kry. Probleem is jy gaan soos met geld inflasie later n universiteits graad nodig he om rakke te pak by die winkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.