Kommer oor lae damvlakke in Wes-Kaap

Die Stad Kaapstad het die sogenaamde Dag Zero vervroeg tot 28 April maar die Wes-Kaapse regering probeer vrese besweer dat krane gaan droogloop.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nico ·

Dit is nou die geleentheid om die bakinhoud van die leë damme skoon te maak en behoorlik uit te skrop, maar dit word nie gedoen nie !! Verspilde geleentheid !!

Frans C ·

Is dit nie ‘n ideale geleentheid om die damme skoon te maak nie en miskien so die inhoud te verhoog?

Peet Schabort ·

Dis wensdenkery dat die slik verwyder sal word. Só ook met die Vaaldam se lae vlak het niks gebeur.
Was ons Israel dan was die prentjie heel anders!!

jaco ·

‘n maatskappy met die nodige ondervinding, kennis en tegnologie het ‘n paar maande gelede ‘n seewaterontsoutingsplan aan die Kaapstadse stadsraad voorgelê. Dit was nie ‘n baie duur plan nie en dit sou in ‘n kort typerk al Kaapstad se waterprobleme sodanig hanteer het, dat daar geen sprake hoeganaamd sou wees van ‘n dag wat die krane finaal leegloop nie.
Hierdie plan is egter deur die Kaapstadse DA-geleide stadsraad afgekeur, want die maatskappy wat die plan voorgelê het pas nie regstellende aksie behoorlik toe nie en hulle bestuur is ook nie behoorlik BEE-compliant nie.
So, ons in die Kaap moet nou maar eerder vrek van die dors totdat ‘n tender ter oplossing van ons waterprobleme eendag toegeken word aan ‘n maatskappy waar alles betreffende die “regte” velkleur darem korrek is.
As dit is hoe die DA optree, sidder ek om te dink hoe die veel meer rassistiese anti-wit ANC die Kaapstadse waterkrisis sou hanteer het.

Daniel ·

Hier in die buiteland verlang ek dikwels na my geboorteland en mis my mense. Die onverpoosde agteruitgang, onbekwaamheid en onbeperkte politieke sotlikheid (soos deur Jaco verwoord) bring my telkens terug na die werklikheid en vervul my met dankbaarheid dat ons die geleentheid gekry het om ‘n nuwe begin elders te maak – hier waar redelikheid, standaarde, vooruitgang asook wet en orde ten minste nog geag word.

Frans C ·

Dit lyk my oplossings bly maar kleur en nie meriete gebonde nie.

Waterfiskaal ·

Vir enige staatsinstelling is Aankoop, diensteverskaffing en tenderprosesse uiters omvattend, moeilik en tydrowend agv die regstegniese prosesse wat gevolg MOET word, soos bepaal deur die Public Finance Management Act van 1999. Alles om korrupsie te bekamp. Glo my vry, die Weskaap word met valkoë dopgehou deur die ANC oor die toepassing hiervan. Een vd verkrygingsreëls is Regstellende Aksie en dit MOET nagekom word, hoe diskriminerend dit ook al klink.

Vir die ANC is hd waterkrisis n politieke geleentheid om uit te buit en hulle doen dit terdeë. Watersekuriteit en Rampbefondsing, volgens wet, n Nasionale, nie n Provinsiale verantwoordelikheid nie. Die Weskaap mag nie die staat se werk vir hulle doen nie agv skeiding van magte. Die Weskaap het in 2015 al vir rampfondse aansoek gedoen, toe die damme 75% vol was. Die ANC het hulle afgevee daaraan. So ook vroeër vanjaar met damvlakke op 35%.

Behalwe vir die politiek, is die Nasionale Departement van Water en Sanitasie letterlik bankrot en kan niks hulp verleen nie. Hulle skuld skuldeisers reeds meer as R4.5 miljard. Een vd voorgestelde groot desalinasie aanlegte se koste is R1 miljard. Dit MOET deur die staat betaal word maar hulle sal nie. Nou beplan Weskaap om Kapenaars vanaf Januarie 2018 met n (onwettige?) Waterbelasting aan te slaan vir die volgende 3 en half jaar. Alles om nuwe infrastruktuur te skep wat die Nasionale regering ,volgens wet, eintlik moet doen.

Vingers word na Weskaap gewys, maar Nasionale regering is die eintlije bruin ding in die drinkwater.

Gys ·

Ja almal is reg . Die damme moet skoon gemaak word om meer water te kan berg. BEE is Suid Africa se agter uit gang. Wie tog in sy regte verstand sal n besigheid begin en dan 51% net so oorgee aan n ander. Selfs al wil jy n besigheid begin gaan jy geen hulp kry van die regering af nie. Het dit telkemale al geprobeer. En ja Pieta het nie vergeet van jou nie. Die damme moet skoon gemaak word om die gawe van ons GROOT VADER nie te laat vermors nie.

Schalk ·

So waar Gys. Net jammer die regte mense lees nie die kommentaar nie.

Schalk ·

Die feite is waar enige iets tot voordeel van oorlewing en die mens en dier as sulks aangaan moet mensgemaakte wette en regulasies opsygesit word. Wie gee om as ‘n geliefde in nood verkeer oor die velkleur en geslag vn die dokter?
Enige wanbelans van die verlede volgens die nie-blanke gaan nie met onsinnige wette sakekennis en besigheidsinstink kweek nie. Ons is nie almal besigheidsmense nie. Ons is nie almal leiers nie. Om verandwoordelik te lei moet jy nie na die meerderheid se gekla luister en almal probeer tevrede stel nie. Luister eerder na die meerderheid se soortgelyke klagtes en probeer om gedeeltelik die groter probleem op te los. Feite is dat enige mens nie net altyd die regte besluite kan neem nie. Daarom is ons feilbaar en mense. Teen warefeite kan ons nie stry nie. Suid-Afrika kort intelligente besluite en besighede wat geleenthede skep. Polities gemotiveerde oorname teikens gaan faal. Jongmense is minder geskool en opgevoed as gevolg van regte en wette wat beheer moet toepas. Neem ‘n setigjarige persoon dieselfde roekelose besluite as ‘n agtienjarige….selde!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.