Kommer oor Mantashe se grondplafon van 12 000 hektaar

Gwede Mantashe. Foto: Verskaf

Organisasies het hul kommer uitgespreek oor Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, se uitlating dat ʼn beperking op grondeienaarskap ingestel moet word. Boere sal volgens dié bepaling tot 12 000 hektaar grond beperk word.

Mantashe het Dinsdag in ʼn eksklusiewe onderhoud met News24 gesê wit boere wat meer as 12 000 hektaar grond besit, moet die oorblywende deel van die grond aan die staat oorhandig sonder vergoeding. Hy is die eerste ANC-leier om besonderhede te verskaf hoe die resolusie oor grondonteiening sonder vergoeding toegepas kan word.

Agri SA het in ʼn verklaring gesê dié organisasie is baie bekommerd oor Mantashe se kommentaar. Die organisasie meen Suid-Afrikaanse eiendomsregte moet ten volle beskerm word vir die ekonomie om te groei en so ʼn beperking sal net werkskepping kniehalter.

“Die stelling is irrasioneel en nie weldeurdag nie,” het Dan Kriek, president van Agri SA, gesê. “ʼn ‘One size fits all’-benadering druis in teen gevestigde landboubeginsels siende dat bedrywe en boerderypraktyke in terme van grondgebruik verskil. Verskillende gewasse of diere vereis verskillende grootte plase om finansieel volhoubaar te wees. ʼn 12 000-hektaar plaas in die Karoo sal skaars haalbaar wees. Agri SA se landbouhervormingsplan is met die nasionale ontwikkelingsplan belyn en sal transformasie in die sektor bespoedig.”

Breë voorstelle wat op onteiening sonder vergoeding gemik is sal ʼn negatiewe impak op voedselsekerheid hê en voedselinflasie laat toeneem. Boere het eiendomsregte nodig om produksielenings te verkry en onsekerheid oor eiendomsregte sal voedselproduksie smoor, het Agri SA bygevoeg.

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, meen ʼn grondplafon sal eiendomswaardes negatief affekteer. “Wanneer eiendomspryse wesenlik val word produksielenings onbekostigbaar. Banke sal etlike miljarde rande moet afskryf: die landbousektor het ʼn geraamde R160 miljard leningsboek.”

Grondplafonne is sedert 2011 onder bespreking, toe die Groenskrif op Grondhervorming gepubliseer is. “Verskeie kenners het oor die negatiewe gevolge van grondplafonne verslag gelewer,” sê Annelize Crosby, Agri SA se hoof van die sentrum van uitnemendheid: grond. “Dit sal nie armoede verlig nie.”

Agri SA sal enige vorm van onregmatige inperking van eiendomsregte teenstaan ten behoewe van alle boere en Suid-Afrikaners.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het intussen gesê Mantashe se uitlatings dien as bewys van die gevaarlike onkunde en die onrealistiese hantering van grond deur die ANC.

“Die realiteit is dat ʼn boer in die Karoo skaars kan oorleef met 12 000 hektaar terwyl 100 hektaar in ʼn vrugbare omgewing waarskynlik dieselfde produksie kan lewer,” het Groenewald gesê. “Mantashe se uitlating is ondeurdag en wys dat die ANC self nie weet hoe om onteiening sonder vergoeding te implementeer nie. Dié party gryp nou na grashalms om sy populistiese siening te bevorder deur onrealistiese verwagtinge by sy ondersteuners te skep.”

Groenewald daag die ANC uit om sy volledige planne ten opsigte van onteiening sonder vergoeding sonder verwyl op die tafel te plaas sodat almal kan sien dat dit onrealisties is, die ekonomie nog verder gaan vernietig en voedselsekerheid sonder twyfel in gedrang sal bring.

“Dit is noodsaaklik dat hierdie beleid van die ANC openbaar gemaak word sodat veral grondeienaars groter sekerheid kan kry oor wat hulle te wagte kan wees. Die gereelde uitsprake deur senior ANC-lede dat artikel 25 van die Grondwet reeds voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, maar dat sy leiers dit duideliker wil uitspel met hul gevaarlike uitsprake, is misleidend aangesien die artikel wel voorsiening maak vir onteiening onder markwaarde, maar gewis nie sonder vergoeding nie.”

Groenewald meen hierdie “bontpratery van die ANC” skep net verdere verwarring, en dit lei tot onsekerheid en onnodige spanning. “Dit is in belang van almal in Suid-Afrika dat die ANC se planne so gou moontlik volledig bekend gemaak moet word, en die VF Plus sal druk op die regering plaas, ook deur die parlementêre prosesse, om dit wel te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

39 Kommentare

Boerseun ·

Hoe vinniger grondplafonne ingestel word hoe beter. Dit moet egter verskil van streek tot streek. 1500 ha is bv genoeg in sommige dele en 30 000 in ander. Die sogenaamde groot of mega boere moet maar bq afstaan. Hulle word immers al jare lank bevoordeel deur al wat n prysstruktuur is.

Jan ·

Wil jy grondplafonne slegs vir wit boere he of ook vir swart en indierboere…

Peet ·

Regtig? Wil jy nie bietjie meer uitbrei oor hierdie wilde stelling van jou nie? Boerseun?

Willem ·

Peet, hy skiet so van die heup af, klink of hy ‘n byltjie te slyp het.

willie ·

Ek het gedink niks kan my meer verbaas of laat ek eerder sê verras tov dwase uitsprake wees onkunde deur ñ minister nie! 1 + 1= 7000 duisende kom al hoe meer te vore! Red nou ñ volk of volke met hierdie soort van boosheid!

Johann M van Heerden ·

Die uitspraak is totaal ondeurdag of so lyk dit. Die mense gee duidelik, net Mugabe, nie ‘n flenter om nie of is eenvoudig dom onnosel. Dit maak die gevaarlike situasie waarin ons verkeer baie duidelik. Een man een stem werk in ‘n land soos ons nie. Wat gaan ons doen? Die reg is nie noodwendig aan ons kant nie. Die uitsprake oor Afrikaans by universiteite bewys dit. Ek vrees vir my kinders en kleinkinders se toekoms in hierdie land.

Staak ·

Boerseun, die enigste vooreg wat hierdie boere met die groot plase gehaad het was die vooreg om gesonde besluite te kon neem en hulle boerderye te laat groei, plaas n plafon op die parlement sodat n LP nie minister kan word nie en n minister nie president nie, die is die voorstel van n plafon groote op plase.

Die gevaarlikste wat jy kry is wanneer jy kan sien n persoon het nie n idee wat hy doen nie en hy hou homself slim en kring net aan. Hierdie klomp het nie n idee waarmee hulle besig is nie en het ook nie n idee wat hulle doen en moet doen nie, dis bitter gevaarlik.

Anoniem ·

Die persoon wat nie die antwoord het nie en nie ‘n benul het waaroor dit gaan nie moet eerder maar sy mond styf toe hou en hom bepaal by waarin hy goed is – los asb die grond uit want ons gaan dit nie los nie ! Bedink eerder ‘n plan om werk te skep en gaan kyk diep in die informele nedersettings hoe swaar kry ‘Our People’ (geen lopende water – geen spoeltoilette – geen werk)

Werner ·

Weet nie hoekom ons nog na Agri se meening moet luister nie hulle droom net drome

Lerato ·

Manthase se aankodiging is diebeste nuus in n lang tyd.

Wie het plase groter as 12000 hektaar?

Die boere in die Noord Kaap waar jy groot grond nodig het vir een bok om te oorleef.

So as hulle die plase in die NKaap kleiner kap, sal die wat dit kry ondergaan.

Maar die goeie nuus is dat ander boere met minder as 12000 hektaar nie gepla gaan word nie.

Stuiwer ·

Lerato, hopelik gaan die 12 000 hektaar boere nie gepla word nie. Ek hou egter nie my asem op nie……. As iemand jou pinkie gryp, gryp hulle op die einde ook jou hele hand.

Pietman ·

Die ou strategie van verwarring wat verdeeldheid skep – die “bontpratery” is doelbewus en met elke “ondeurdagte” aankondiging skarrel almal in alle windrigtings in met dreigemente en slegsê – laat my aan pavlof se honde dink.

Ranonkel ·

Ek vermoed dat die grondgrypkwessies en plaasverkleiningpraatjies ‘n poging is om almal se aandag af te trek van die regering se onvermoë om te land suksesvol te regeer, werk te skep en diens te kan lewer. Dis ‘n poging om stemme te werf. Almal weet dat dit praatjies is wat nie maklik deurgevoer kan word nie. Almal fokus so intens daarop dat niemand agterkom hoe alles ten gronde gaan nie. (“No pun intended)!” Die ANC is seker ook baie in hulle skik dat talle mense ook nou sommer in hul duisende die land verlaat! Presies wat hulle wil hê…

Stuiwer ·

Renonkel, wat hulle nie besef nie, is dat as mense die land begin verlaat, hulle hul belastinggeld gaan verloor, asook hul kundigheid. Spite your nose, spite your face.

Die Verlore Skaap ·

Hoe meer julle gee….hoe meer sal hulle vat.
Maar gee sal julle moet.

Oom Kalahari ·

@Tamboti, beter as wat jy dit gestel het kan niemand nie. Dit is ‘n blik vol wurms wat uitpop. Die bowre het geslagte lank hard gewerk vir hul grond en ontwikkeling. Zimbabwe het baie grond en soek boere, so help hierdie swart boere om daar gevestig te word en hul staal te wys. As ou Manto praat is daar nie veel om na te luister nie.

Paul ·

Vir Mantashe en die ANC het dit nog nooit gegaan om alle Suid- Afrikaners in die land te akkomondeer terwyl daar aan daardie mense se behoeftes voldoen word nie, alle planne wat hulle maak, tot dusver gemaak het, is net op die swart bevolking gerig met die oog om werk vir daardie mense te skep, nie om die behoefte van ‘n sektor soos bv landbou en die boerdery bedryf met eie realiteite in ag te neem nie, nee, dit sal altyd opeindig by wat die swart mense pas, hul kultuur en hul lewensstyl. Hulle wil nie kommersiële boere wees nie, hulle wil klein bestaansboere wees. Hul gevoel is, doen hulle dit nie so nie, sluit hulle baie swart mense uit. Dus sal Mantashe dit dryf, al is dit ten koste van voedselsekerheid.

hoe sê ·

Agri sa ontspan moenie voortydig op hol gaan nie miskien maak mantashe net ‘n grap die wet moet nog eers verander word en dis nie so maklik nie en gaan nog lank vat jou mammon maatjies met meer as 12000 ha gaan nog baie geld kan maak voor hulle grond gevat gaan word

Corne ·

• I would immediately identify all the moveable assets on my farm and start selling them or placing them in a suitable storage facility. I list these below simply to demonstrate to non-farmers what makes a farm functional and profitable. The first to go would be all the livestock followed by all the machinery including tractors, pumps, silos, centre pivots, electrical transformers, irrigation equipment, water troughs, implements and piping. I would strip the dairy and sell the bulk tanks, milking machines etc. I would take down all internal fencing on the farm and recoup what I could. All sheds would be disassembled and all houses and other buildings would be stripped of anything sellable, including their roofs.
• I would disconnect/cancel the 5 Eskom points on the farm and obtain refunds on the deposits I’ve paid on them.
• I would re-trench all my staff and pay them off in accordance with the Labour Act. I would then strip all the staff accommodation on the farm and sell what I could.
• With the sale of all my livestock and cessation of the farming operation I would immediately default on the R5.5m I owe FNB but I wouldn’t worry as the farm is the loan’s security and I don’t really own anything else.

Lerato ·

Hi Corne
So jy sê die boer moet al sy infrastruktuur verkoop.

MAAR

As sy plaas nie onteien word nie, hoe herstel hy dan?

Twee van my neefs het feitlik al hulle vee verkoop. Ek het vir hulle gesê. Ek dink dis n baie groot fout

Stuiwer ·

Corne, although I fully agree with your proposal, I couldn’t help but wonder: WHO would actually buy all these things? Surely no-one would want to buy it, because where would they use it? They wouldn’t want to farm themselves, because of all the rumors and instability going around.,

Nie Stupid Nie ·

Hoe clueless wil die ou nou wees met boerdery.

Eerstens het die regering almal op hol oor grond wegneem sodat almal hulle buite weste skrik en nou kom hulle met ‘n 12 000 hektaar sodat almal kan beter voel?
Dit is die stadige warm maak van ramapadda se paddapot.
Ons is nie stupid nie.

Paul ·

Onder die opskrif: ‘Boere in VS moeg vir die ANC grappe’, skryf Charles Smith vandag in Volksblad:

“Die ANC kan nie eens ’n vis-en-tjipswinkel behoorlik bestuur nie. Wat nog te sê om ’n land te regeer. As Theo Venter, politieke ontleder, se woorde gister op Vrystaat Landbou se kongres in Bloemfontein nie so waar was nie, was dit nogal snaaks. En dan wil hulle links en regs plase afvat en traai boer.”

Anita ·

Al die plase wat sedert 1994 onteien is, vertel ‘n verhaal van; grypsug + grootskaalse onkunde + werkskuheid = mislukking. Deel daardie plase wéér uit en sny hulle sommer in klein repies. Dit sal veral goed werk in die ou Wes-Transvaalse mieliewêreld. Kyk daardie is nou vir jou vrugbare wêrelde. Daar het een of ander vroulike politikus se diere sommer gevrek van die honger omdat hulle eenvoudig nie kos gekry het nie. Die status om ‘n plaas te hê benewel sodanig dat daar dadels van boer en kosproduksie kom. Hierdie politici ly aan een of ander nagmerrie-agtige waan.

nee wat ·

Oningeligte voorstelle deur oningeligte mense in beheer. ‘n Ramp soos alles in SA.

Pietsepan ·

Mnr Kriek, daar is weinig van hul stellings wat rasioneel en weldeurdag is.

Celtis Africana ·

Die VLU kongres lewer n paar kartetse op. Daar word reguit gevra na Agri SA se motiewe. Dan kom n ander prentjie na vore oor boere se houding oor OSV as wat die media aan ons voorhou. Die Vrystaatse boere op die kongres is oor die algemeen omgesukkel en wil begin byt!
Die enigste wyse waarop die 35000 boere n wesenlike invloed op sake gaan hê, is saamstaan, nie net as boere nie, as Afrikaners. Die TLU is reeds by die partytjie.
Agri SA raak in totaliteit irrelevant hoofsaaklik omdat hul nie uit die geskiedenis leer dat die meerderheidsregering volgens n agenda werk ongeag hul insette en goeie bedoelings.
Afriforum is op die regte pad. Berekende verset en veral buitelandse aktivisme.

lerato ·

Hoe sal”Berekende verset en veral buitelandse aktivisme” die boere help?

Mrs H ·

As jy meer as 12000 hektar het, sit die ander grond op gesin en familie name…

Johannes ·

So wat is volgende? Jy mag net een eiendom besit? Of een voertuig?

Maar ons wou mos en wil nog steeds met die kommuniste onderhandel…?

Dankbaar ·

So WAS ek hartseer oor ‘n stukkie grond wat my Pa nie kon koop by Landbank toe ek skool verlaat het nie (want ek wou bitter graag boer en die grond is aan “agtergeblewendes” gegee wat na 12 jaar NIKS MAAR NIKS daarop kon vermag), maar so dankbaar is ek vandag dat my Pa nie die tender gekry het vir die grond nie. So hartseer dat ek moes wag om ‘n huis te koop want my studies is duur, maar so dankbaar is ek vandag dat ek geen eiendom besit en in werklikheid nie van plan is om eiendom hier te besit. So jaag hulle ons (ek is onder 35) uit die land en ons het (binnekort gehad) ‘n PRAGTIGE land.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.