Kommer oor militêre veterane se ‘onwettige optogte’

Die departement van militêre veterane het Vrydag gesê hy is besorg oor inligting dat sommige militêre veterane ʼn “onwettige optog” volgende week na sy kantoor in Pretoria beplan.

“Die departement neem kennis van en respekteer die konstitusionele regte van die militêre veterane om hul kwessies by die departement aan te roer oor die voordele wat die departement verskaf,” het woordvoerder Mbulelo Musi in ʼn verklaring gesê. “Die departement moedig die militêre veterane aan om binne die wette van die land op te tree en om die kanale te gebruik wat vir dié doel ingerig is.”

Hy het gesê die departement is deurgaans in gesprek met die Suid-Afrikaanse Nasionale Militêre Veterane-vereniging (SANMVA) en sy filiale om ʼn meganisme te vind wat sonder probleme die elf voordele, soos uiteengesit in die Wet op Militêre Veterane.

Musi het gesê die departement werk saam met SANMVA en sy filiale om meer as 11 000 aansoeke te verwerk vir die basiese en hoër opleidingsondersteuningsvoordeel vir die 2018 akademiese jaar.

“Die departement moedig militêre veterane en hul afhanklikes aan om nie aan enige onwettige betogings deel te neem nie en om met die departement en sy verenigings saam te werk om langdurige oplossings te kry.”

Musi het bygevoeg die departement werk met wetstoepassersagentskappe saam om die veiligheid van die personeel en die perseel te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

Sowat 2 dekades of miskien bietjie langer gelede, het die militêre owerheid alle oud-soldate dokumentasie laat voltooi wat daarop dui dat ons ook nou militêre veterane is. Bestaan daardie dokumentasie steeds en indien wel, vir watter doel? Wat is daar in vir militêre veterane? My eie opinie was dat dit gedoen is ter wille van gereedheid. Ek was nuuskierig daaroor en ‘n vriend wat ‘n hoë rang beklee het in die intelligensiediens het gesê dat ek vragvliegtuie sou vlieg indien nodig. Hy kan nie meer op vrae antwoord want hy het na ‘n hoër dimensie verhuis. Hierdie berig laat my weer wonder of ek steeds die status van militêre veteraan beklee en of dit net beskore is vir oud terroriste. En dit laat my met ‘n wrang glimlag onthou dat daar in Rhodesië ‘militêre veterane’ was wat 14 jaar oud was.

Veritas ·

Cherokee, dit staan jou, as lid van die ou SAW, vry om aansoek te doen om as veteraan te registreer. Ek het ongeveer twaalf jaar gelede, aanlyn geregistreer en ‘n paar jaar daarna uitgevind dat daar geen rekord van my op die stelsel is nie. Dít na 22 jaar diens in die burgermag. Of dit enige voordeel inhou om wel te registreer, is ‘n ope vraag. Daar was sprake van gratis mediese sorg en ‘n staatspensioen maar ek verstaan so tussen die lyne dat dit net ‘n sekere groep ‘veterane’ daarvoor kwalifiseer. Nog een van die NP beloftes wat nooit tot uitvoer gebring is nie. Te min teenwigte, sou ek sê.

Cherokee ·

Dankie vir jou opvolg, Veritas. Ek ken ook dieselfde beloftes as jy. En die gevolgtrekking was dat dit gedoen is in die stuiptrekkings van die vorige gesag en nou van nul en gener waarde is.

Vermeende ·

Nog nooit het n miltêre vetreraan in die land aan n protes optog deel geneem nie, hulle het nog altyd die rangstruktuur en gepaardgaande gesag met disepliens gerespekteer.
Dit is tyd om terroris veterane van militêre veterane te skei, geen militêre veteraan sal hom self hiermee opgou nie, dit is die werk van terroriste.

Justice ·

Slegs beskore vir die blankes wat 15 struggle liedjies se woorde in al die Afrika tale ken, dit kan sing in acapella en toi-toi sonder om te val wat kwalifiseer – jy sal dan vragvliegtuie selfs vegvliegtuie mag gaan vlieg al moet jy in die vliegtuig gehelp word deur `n verpleegster.

Cherokee ·

Dit is duidelik dat dit vir jou ‘n verrassing is wanneer ek sê dat wanneer ‘n vlieënier 25 jaar oud is, is dit te oud vir vegvliegtuie in aksie.

Justice ·

As oud valskermsoldaat wat op Ondangwa gestasioneer was is dit vir my absoluut `n verassing.

Anton ·

Ek SAMIL, skuus ek bedoel samel, geld in vir n rugby game tussen die twee opponerende veteraan groepe van die jare 1970 tot 1980. Die video van die wedstryd sal verkoop word aan alle rerige veterane wereldwyd en so sal ons met daardie inkomste alle studente se studiegeld verewig kan betaal in Suid Afrikaal-gestroop.

Waarheid ·

…kyk na Amerika vandag, onder Nuwe bewind word hul veterane bedank vir hul diens en onreg REG gestel.
RSA, die Angola-oorlog en dié soldaat in bruin..wat nou as ware Veteraan KWALIFISEER, talle is nooit hul voordele gegee wat hul toekom, wag maar, geskiedenis haal gewoonlik die hede in, want blatante ONTKENNING word nog steeds gehandhaaf.

CE ·

Boys dit gee n slegte nasmaak om te sien wat gebeur…ons is vir n ride gevat. Vergete geskiedenis RIP kamerade julle sal heroes bly vir my

Johannes Meintjes ·

Die DMV funksioneer nie baie effektief nie. Aansoeke sloer baie lank en voordele is beperk. Die “kanale” is so toe soos ‘n “Dinky toy” se uitlaatpyp, selfs al werk jy deur ‘n instansie soos die SAWV!

John ·

Eise, eise… duisende studente registreer by universiteite vir gratis kursusse wat nog uitgedink moet word. Sassa-kaarte word die immer-gewilde pas na wettige parasitisme. Die ‘regte’ adres (nie die geheime een in die goeie duur buurt nie) vir gratis krag en water. En so gaan dit aan. Eise vir regte en optogte vir nog hande in die geldlaai vir die immer verontregtes en net vir hulle. Selfs natuurrampe word gebruik om krane te laat tap. Binnekort koskoepons vir na’-die-hamburger-opgeeet is. Die rotte kraag in die regering se agterplaas met die geldsak vol leningstate en skuldeise. En kort-voor-lank sal optoggangers eis dat alle werk verbied word (en in plaas daarvan betogervergoeding) en dat meer gee-kantore oopmaak. Mooi grotes met baie sitplek en gratis etes, want wie kan dit hou in sulke lang toue. Dis absoluut so on-afrika… Skree ten hemele vir ‘my human rights’….

Gatvol ·

Maar die MK terroriste kan links en regs optogte en protes hou – dis glo nie onwettig nie. In volle terroris militêre uniform (sommiges ook gewapen) – maar dis nie onwettig nie. Verder is dit baie duidelik dat meeste van die sogenaamde veterane heeltemal te jonk is om ‘n ware veteraan te wees.

Len ·

Ek is n lid van die militere veterane maar van enige voordele soos belowe is, het daar dadels van gekom. Ek soek nie n “handout” nie, al is ek ongeskik verklaar, net wat my per regte toekom. Ek kan ook almal verseker dat om n ongeskikheids “grant” van R1600pm te kry is n lang proses elke jaar “elke jaar moet heraansoek” gedoen word en jy is 1 uit 100 blankes wat aansoek doen. As dit GOD se wil was, het ek nou nog as n chemiese ingenieur gepraktiseer. Alles is in GOD se hande – as die sogenaamde “veterane” wil optog hou, laat hulle toe………

Ben ·

Die veterane wat hier na verwys word is MK Terroriste. Die werklike republiek se veterane het net stank vir dank gekry. Al is hulle geforseer deur wetgewing om diens te gedoen het hulle diens gedoen om alle landsburgers se lewens te beskerm. Dit teenoor MK wat onskuldige vrouens en kinders en siviele mense geteiken het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.