
Argieffoto
Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, is “hoogs bekommerd” oor die toenemende aantal rokers in Limpopo. Die departement van gesondheid sê dit plaas druk op dié provinsie se gesondheidshulpbronne.
“Limpopo sluit aan by die wêreldwye gemeenskap en herdenk die internasionale geentabakdag op 31 Mei,” sê die departement van gesondheid.
Ramathuba het gemeenskappe aangeraai om na hul gesondheid om te sien en dit nie op die spel te plaas nie.
“Ondanks die feit dat rook mense as’t ware doodmaak, veroorsaak dit ook onder meer kanker, hart- en respiratoriese siektes. Alles kan vermy word as mense net ophou rook,” het Ramathuba gesê.
Sy het bygevoeg daar is ʼn groeiende neiging onder jong mense om te dink rook is cool. “Ek twyfel of enigiemand dink om jouself dood te maak is cool.”
Volgens die Tabakinstituut van Suid-Afrika (Tisa) is daar 7,7 miljoen volwasse tabakgebruikers van wie 6,3 miljoen sigarette rook.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
65 Kommentare
Die rokers rook mos op eie risiko! Wat is die problem. Jy kan dood gaan aan hierdie siektes sonder om te rook ook.
N groter probleem is al die suiker wat in al ons voedsel ingewerk word en soveel siektes veroorsaak , maar dit word toegesmeer , want daar is te veel geld betrokke
Wat my bekommerd.Dis nie die rokery nie.Wat van mense wat drank misbruik
.Veroorsaak dit nie ook baie dood nie.Inteendeel is dit gevaarliker as rook.
Ag los tog ons rokers uit. My ouers het nog nooit gerook nie maar my moeder is oorlede as gevolg van long kanker. As GOD jou strepie getrek het, is hy getrek, en as GOD wil he jy moet dood gaan van kanker sal jy dood gaan van kanker al rook jy nie en al kyk jy hoe mooi na jou gesondheid. Please all you people that is against our smokers…..get a grib
Gelukkig hou ek my nie op met twak nie !