Kommer oor miljoene rokers in SA

Argieffoto

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, is “hoogs bekommerd” oor die toenemende aantal rokers in Limpopo. Die departement van gesondheid sê dit plaas druk op dié provinsie se gesondheidshulpbronne.

“Limpopo sluit aan by die wêreldwye gemeenskap en herdenk die internasionale geentabakdag op 31 Mei,” sê die departement van gesondheid.

Ramathuba het gemeenskappe aangeraai om na hul gesondheid om te sien en dit nie op die spel te plaas nie.

“Ondanks die feit dat rook mense as’t ware doodmaak, veroorsaak dit ook onder meer kanker, hart- en respiratoriese siektes. Alles kan vermy word as mense net ophou rook,” het Ramathuba gesê.

Sy het bygevoeg daar is ʼn groeiende neiging onder jong mense om te dink rook is cool. “Ek twyfel of enigiemand dink om jouself dood te maak is cool.”

Volgens die Tabakinstituut van Suid-Afrika (Tisa) is daar 7,7 miljoen volwasse tabakgebruikers van wie 6,3 miljoen sigarette rook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Magda ·

Die rokers rook mos op eie risiko! Wat is die problem. Jy kan dood gaan aan hierdie siektes sonder om te rook ook.

jan van riebeeck ·

N groter probleem is al die suiker wat in al ons voedsel ingewerk word en soveel siektes veroorsaak , maar dit word toegesmeer , want daar is te veel geld betrokke

Cryosphear ·

Dit en al die goed wat hulle in diere inspuit wat ons eet en die melk wat ons drink en al die gif op groente en vrugte

Jolanda ·

Wat my bekommerd.Dis nie die rokery nie.Wat van mense wat drank misbruik
.Veroorsaak dit nie ook baie dood nie.Inteendeel is dit gevaarliker as rook.

Antheny ·

Ag los tog ons rokers uit. My ouers het nog nooit gerook nie maar my moeder is oorlede as gevolg van long kanker. As GOD jou strepie getrek het, is hy getrek, en as GOD wil he jy moet dood gaan van kanker sal jy dood gaan van kanker al rook jy nie en al kyk jy hoe mooi na jou gesondheid. Please all you people that is against our smokers…..get a grib

Heleen ·

Onthou jou liggaam is die Tempel van God…behandel dit as sulks…om so roekeloos te wees..so jy kan maar voor bus inloop want as dit nie jou tyd is nie sal jy niks oorkom nie..

Lc ·

Jy is baie reg as jy se dat mense wat nie rook nie ook somtyds dood gaan van kanker, as gevolg van sekondere rook van rookers om hulle.

Anoniem ·

Bekommer julle eerder oor HIV/AIDS… Dis waarheen die geld gaan!

Malindi ·

En wat van al die honderde vet, oorgewig, ongesonde mense? Al die rokers wat ek ken, is in goeie shape, die’s wat vet is bly net eet en eet en eet, want mens mag mos sê die modelle is te maer, maar as jy vir n oorgewig persoon sê jy’s vet, doen iets omtrent dit, dans dit verkeerd, ongeskik en fat shaming.

Desire ·

Ek weet nie waar jy daaraan kom dat mense wat oorgewig is net bly “vreet” nie. Ek ken baie oorgewig mense en hulle eet minder as hierdie “skinny” mense. Maar daar is nie medisyne vir onkunde nie. Gaan lewe ‘n week in ‘n “vet” persoon se huis en jy sal sien hulle “vreet” baie minder as jy. Of maak hulle jou “disgusting” en “vuil” voel. Baie mense is oorgewig oor mediese redes. Gaan laat lees jou kop en kry breinselle!

Ronell ·

Ek sekondeer Desire. Die arme mens weet nie waarvan sy praat nie. In elk geval ‘n vet mens gee geen nie walglike reuke soos rokers af nie, hulle asem stink ook nie soos honde bollie nie, en nog minder stink hul klere soos ‘n veldbrand.
Rokers is baie selfsugtig, hulle het nie eers ‘n greintjie simpatie vir hul pasgebore babas of ouer kinders nie. Sou die kinders siek word, is dit maar net een van daai dinge. Hul redenasie, ek is die grootmens, dit is my kind/ers en ek sal doen wat ek wil. WALGLIK!!!!!!!!!

Jan ·

Ja-Nee, rokers en ander verslaafdes sal alle stories hê omdat hulle nie die guts het om op te hou nie. Probeer net aan ander dink wat jou 2 e handse nikotien asem moet inasem en daarvan kan siekword of doodgaan. Selfsug is erger as selfs as verslawing. Rook is soos selfmoord. Moenie nog ander ook wil betrek nie. Selfde geld vir ander verslawing, suiker en onnatuurlike produkte. Los dit vanself. Moenie ander daarvoor verkwalik nie

Anoniem ·

Jan. ek het NOG NOOIT enige roker iemand anders hoor verkwalik nie.

Bernadette ·

@Antheny
@Jolanda
@Magda
@Cryosphear
Ek stem volkome saam met julle almal. Drank is ‘n veel groter probleem. Het nog nooit gehoor dat iemand onder die invloed van rook gevang is nie… En ja, jy rook op eie risiko. Los ons rokers uit!

Nickey ·

Ek was self ‘n roker en dank die Vader ek het opgehou. Amper 4 jaar later en nogsteeds rookvry.
Maar ek wil net sê, daar is baie dinge erger as rook. Ja dit is sleg vir jou en kan jou doodmaak. Maar met al die misdaad, verkragting, moordsyfer, selfmoord, kindermishandeling ens staan jy ‘n groter kans om aan een van die dinge blootgestel te word.
So ja, geniet jou rook, maar respekteer die nie-rokers.

Jannie ·

Die beste kommentaar nog gelewer oor hierdie onderwerp dink ek.

Bees ·

Een goeie ding wat die ANC regering gedoen het om die klomp stinkendes op hul eie ashoop te laat vergader. Daar kan hul mekaar besoedel en besieklik. Ore het hul nie- vra vir Piet Byl

LB ·

My pa het vanaf ‘n jong ouderdom gerook. Niks wou hom laat ophou rook nie omdat hy dit geniet het. Toe hy egter met fase 4 long kanker gediagnoseer is, was dit te laat. Sy hartseer oë bly by my, want daar was nog soveel wat hy wou beleef saam met my ma, hy wou sy kleinkinders sien grootword en binne drie maande was daardie groot sterk lewendige man, maer, kragteloos, asemloos aan ‘n suurstof silinder gekoppel. Sy stem was swak, en die spyt in elke woord omdat hy nooit wou insien wat die skade is wat rook aan hom en ander doen nie. Ons as sy kinders ly aan allergië en my broer ook aan asma wat direk toegeskryf word aan die bloodstelling aan rook as kinders in die huis en die motor. Noudat al die rokers van beter weet, hou tog net op met ‘n duur, stink verslawing wat nie net jou eie lewe verkort nie, maar ook die passiewe rokers om jou se lewens raak en vergal. Aan al die rokers, gaan rook by ‘n ander plek as geboue se ingange. Ek en talle ander wat allergies daarvoor is moet deur daardie walm ingaan en sukkel ure later nog met die gevolge daarvan, jeuk en asemnood oa en ook humeurigheid weens die selfsug van die roker.

Leon ·

Daar is min dinge so hoog heilig soos ‘n nie-roker. Ek was self ‘n roker 21 jaar gelede maar dit irriteer my nog steeds as nie-rokers alewig ‘n eier te le het oor rokers. Los hulle uit man!! Jy sal nie sterf van ‘n bietjie rook wat na jou kant to waai nie. Julle nie-rokers se gesanik sal sommer maak dat ek weer begin rook net om julle afdraaende gesigte te sien.

sug ·

Leon ek stem saam. Ek het ook opgehou, maar die nie-rokers is so heilig. Dit is ekeen se eie reg om te besluit. Ek wonder waaraan gaan nie rokers dood. Volgende jaar is daar iets anders wat die oorsaak vir dood kry, dan spring dieselfde lot weer op daardie wa. Wens hulle wil iets produktief begin doen.

Gerhard ·

As julle rokers nie so selfsugtig was nie sou ons nie-rokers dalk nie so “heilig” gewees het nie. Ek laat nie wind in jou geselskap nie, want ek respekteer myself en ander. Kan julle klomp ongeskikte rokers dalk net biekie respek vir ander kry? Eendag as jy in ellende doodgaan aan kanker dan is dit ander se probleem, jou familie en almal se medies wat daarvoor moer opdok. Dit is nie net jou probleem nie.

Lee ·

Ek rook eerder voor ek alkhol misbruik soos baie mense en ‘n totale idioot van jouself maak en ander mense se lewens in gevaar stel as jy dronk agter ‘n stuurwiel inklim. Weet nie vir wat pla ons rokers die LUR van gesondheid nie want soos dit is kan hulle hospital staff nie eers mense met gewone siektes gesond maak nie. Ek betaal vir my sigarette en as ek doodgaan daarvan is dit my keuse niemand anders sin nie.

Manda ·

Ek het vyf jaar gelede opgehou rook en ek is spyt, baie spyt, dat ek ooit begin rook het. Maar dit is elkeen se eie keuse, net spyt daar was nie meer bewusmaking van die nadele van rook daai jare nie.

wielie ·

mmmmmm? Ons bly in SA DIT self is n risiko. As jy besluit om te rook en te dood, fine Ek ken ou mense van 80 wat nog rook ……….. maar as jy vermoor word ??????? Waarom begin die “slim” mense nie by ons pragtige land en die gemors waarin dit NOU is as om tyd te mors met twak nie??????

lw ·

Dis nie twak wat jy daar praat nie! Moord, ongelukke, dwelms, vraatsigheid en alkohol kan jou lewe ook eis!
Goed gesê in ñ rolletjie pruimtwak!

Skoorsteen ·

Laat ek uitwerk: 28 jaar gerook tot 1988 en nou reeds 29 jaar opgehou daarmee. Wat ‘n blerrie ‘fool’ was ek vir 28 jaar om elke oggend na ‘n gehoes (kwansuis verkoue) die uitskeiding van ‘n bors uit te spoeg. Elke keer was dit ‘n soort van beweging om te rook terwyl jy belangrike probleme in jou werksituasie moes oplos. Duidelik hoor jy die rasperstemme van veral vroumense wat rook wanneer hulle praat met ‘n gekug tussenin. My vrou het nooit gerook en kon myself doodskaam dat ek ook in die slaapkamer gerook het alhoewel daardie asbak en ek nie saam kon slaap. Daardie geel nikotienvingers met die stank van kleinhondjiepoef was ook genoeg om te verduur. Rook en ‘n koue bier het lekker saamgegaan. Nou word die hekel in rokers ál groter met hulle maniere om die wêreld met stompies, selofaanpapier en sigaretdosies te bevuil. Kyk maar by ingange van openbare plekke soos hospitale hoe word die stompies en halfgerookte sigarette weggesmyt tussen struike ens. waar dit bykans onmoontlik is om dit te verwyder. Nee-wat rokers, julle is ‘n nasie op julle eie en ek is dankbaar om nie deel daarvan (meer) te wees. Om julle gemors op te tel voor my huis in die straat is genoegsame aanmoediging om uit julle pad te bly. Natuurlik is daar ook ordentlike rokers maar by verre in die minderheid. Ugge-ugge-ugge gapoeee!!!!!

Piet Pompies ·

Ek was self ‘n roker en het so 30 jaar terug die twak gelos. Mense wat rook doen dit uit eie wil en ek dink dit is ‘n keuse wat die regering nie oor hoef te besluit. Rokers pla my nie en in die meeste gevalle toon rokers die nodige respek. Lekker trek aan die twakkies, moet dit net nie meng met rondkyktwak.

marous ·

Niks lekkerder as die reuk van ‘n vars stopsel Fox en Rum & Maple nie. Baie gevaarliker om vir 5 minute in die verkeer vas te sit , of kraanwater te drink as om ‘n twakkie te vang .

zeno ·

Rook is net so `n sondebok soos Apartheid. Drank is erger, maak meer mense dood. In restaurante mag jy drink,maar nie rook nie. As die persoon wat gewyn is daar uitstap, is hy/sy `n gevaar op die pad ,waar mense se lewens in gevaar is,waar net rook nie `n gevaar is nie. Moeg vir gepreek oor rook, daar is belangriker dinge om aan te dink en werk.

Willie E ·

Weet julle hoeveel ongelukkehet rokers al veroorsaak omdat hulle onder die invloed van nikotien was?
Weet julle hoeveel pa’s hulle vroue en kinders mishandel omdat hulle onder die invloed van nikotien is?
Weet julle hoeveel straat en kroeg gevegte breek uit omdat ouens onder die invloed van nikotien is??
Maar moenie worry nie my pel,skink vir ons daar ‘n dop,laat ons suip,gooi die dop,almal suip,selfs die ministers,maar o vader,moet om hemelsnaam net nie rook nie!!!
Groete van ‘n roker….

zahn ·

Nou wat wil die regering nou eintlik doen? Rook verban? Al die nie rokers hierbo, wat is julle groot motivering? Moet ons ophou taak produseer? Kom ons gaan ‘n kompromie aan, elkeen van julle neem ‘n werker, boer arbeider aan wat afhanklik is van hierdie landbougewas, aan. Dis ‘n hele boerderypraktyk wat julle ten gronde wil laat gaan. Dink bietjie buite die sigaretpakkie mense. Seblief. Moenie hier kom kommintaar lewer net omdat jy kan tik nie. (Pun intended)..

Dev ·

Die regering moet hul eerder toespits op drankmisbruik en misdaad. Tabakrook veroorsaak nie huishoudelike geweld nie. Tabakrook veroorsaak ook nie duisende padongelukke elke jaar nie. My pa het vir jare lank gerook en ons (die res van die gesin) het absoluut niks daarvan oorgekom nie.

Angel ·

Verwyder die rokende onpadvaardige voertuie van ons paaie asb, dan kan ons dalk gesels met die nie-rokers

Tjol ·

HOEKOM NIE EERDER KOMMER OOR DWELM MISBRUIK EN MOORDE NIE? Dit is tipies die SA regering, hulle sal hulle oor rook en suiker bekommer en nie oor die WREEDSTE moorde wat die afgelope jare plaasgevind het nie. En moenie vir my se dit het niks met mekaar te doen nie, ek gee nie om nie, die FOKUS is by die verkeerde dinge . Ek is self nie ‘n roker nie, maar daar is BAIE belangrikder dinge in SA wat aandag moet geniet, gaan maak liewer die POTHOLES reg dat die mense nie verongeluk nie.!

Oudste ·

Dr Pophi, hoe kan die rokers druk sit op gesondheids hulpbronne? Julle het geen meer gesondheid infrastruktuur nie en wat van die 100+ mense wat geestes gestremd was, wat julle deur nalatigheid laat sterf het? Vee eers voor julle eie deur, sussa. Elke hoenderhaan skrop mos sy eie mishoop!

My bydra ·

Eks n roker al vir 28 jaar en ek geniet my kankerstokkies veel meer as drank! Sigarette is gesond vir jou dit hou jou kalm en rustig en dit skep werk vir duisende mense vir die wat vir ons sigarrete moet maak, die as optel en die stompies optel so moenie moan daaroor nie. As jy oor die straat loop en n Chesterfieldlorrie ry jou dood dan is jy in elkgeval dood van sigarette as jy oor die straat stap en n Castlelorrie ry jou dood dan is jy in elkgeval dood van drank? Wie het al ooit gesond dood gegaan?. As dit nie vir ons rokers was nie kon die drs en regering nie so baie geld gemaak het nie! Los ons sigarret rokers uit dis al stressverligting wat ons het in hierdie Zupta land! Gaan koop n pakkie sigarette en probeer dis lekkerder om te rook as om te steel en te drink en koerup te wees! Moenie worry nie ek respekteer nie- rokers hoor hulle moet net met maskers aan loop want die gasse wat hulle in asem is veel erger as sigarret rook dit kan jou dood maak hoor!. Ek hou van almal se kommentaar. Mooi dag verder.

Blits ·

Dis nie die rokers wat druk op die gesonheidshulpbronne sit nie maar erder de klomp in die regeering wat hulle sakke vol geld stop wat vir opvoeding, werkskepping en gesondheid bedoel is en nog vele meer, is dit die rokers wat veroorsaak dat klomp klinieke nie eers meds het nie? is dit die rokers wat veroorsaak dat die staats hospitale so swak is? is dit die rokers wat veroorsaak dat daar hospitale afbraand? Nee ek dink nie so nie. Ek rook en betaal my eie kankerstokkies, ek kry dit nie verniet nie. ek gaan nooit dokter toe vir rook vewante siektes nie maar net vir griep, was 4 jaar laas by n dokter selfs vir dit.

anoniem ·

Om twakkie te rook lyk my is verkeerd …
Wat van elektroniese sigarette
Kan di liquid en sigaret ding sommer by apteek koop….het geleerde naam “vaping” hahahaha nee kyk dis grap op sy beste..dis seker nou di inding…ek het niks teen rokers en jy kan enige siekte kry met of sonder twakkies…

Roker ·

Wat ek wel agter gekom het van mense wat rook is dat hulle baie vriendeliker is en mededeelsaam is as die nie- rokers. Ja rook is nadelig vir jou dit weet al ons rokers maar rook het nog nooit enige gesinsgeweld, moord, diefstal ens veroorsaak nie. Blameer eerder drank en dwelm misbruik as sigaret rokers! Hoekom wil Zuma dagga wat n erger dwelm is as rook wettig maak maar sigarette verban? Pkaas dat hulle eerder Ahlkol en dagga en dwelms verban en sigarette wettig maak! LOS ONS SIGARRET ROKERS UIT! Ons doen niemand behalwe onsself skade aan nie hou op met kerm oor ons rook asseblief!

Lc ·

Rooker. Sigerette is nie vir ban nie,en dagga is nie wetig nie.

Mila ·

Haha… wat n joke!! Ek rook al 22 jr en rerig haat die reuk maar ek is 109 meer kalm en rustiger as my man wat nog nooit gerook hey nie. Ek is ook n regte “sokker mom” en ook n suksesvolke beroepsvrou wat 3 kinders en n man se hele lewe organiseer. sonder my klein stilte tyd sigaret sal ek nie superwoman kan wees nie! Los ons rokers wat buite weg van ons gesinne rook uit en sort eerder die gemors in ons goverment en paaie op want dis wat eintlik die rook en gedrink veroorsaak van ons moedelose landsgenote

Cherokee ·

Hoekom rook julle nie eerder boom nie? Dìt (dink ek) is nikotienvry.

Skoorsteen ·

Om die boom van die bottel te sien is beter as om jou boom te sien deur die rook van boom.
Laat my dink aan die dronkie op die bus wat vir die tannie sê: “Sjoe, maar jy is darem lelik van aansien!” waarop sy antwoord: “Sies maar jy is vieslik gesuip!”
Hy antwoord: “More is ek nie meer gesuip maar jy nog steeds lelik!”
Dieselfde met rook, die skade is permanent. Alhoewel toegegee dat dranksug ook ‘n vieslike ding is en maklik verontskuldig word as ‘n siekte.

Naam loos ·

Hey dokter.hou op kla en begin werk in die staats hospitaal.

Adoons ·

Absolute vieslike selfsugtige gewoonte! Ek moes vanoggend weer naby ‘n persoon in ‘n vergadering sit wat pas klaar gerook het. Ek moes later opstaan en op ‘n ander plek gaan sit so het die persoon gestink. Google gerus onder ”images” hoe lyk rokerslonge, en kry dan vir julle!

Ai ·

Ai die mense wat so high en mighty hier dinge kwytraak oor mense wat rook. Ek rook self nie sigarette nie maar weet julle wat, bly net stil asb. Weet jy wat is selfsugtig “Adoons”, mense wat met hul dronk lywe agter n stuurwiel gaan sit en n ongeluk veroorsaak wat iemand anders se lewe neem. Nie net verwoes hy (sy) hul eie gesin se lewens nie, hy verwoes n ander gesin sin ook.

Ek sal met die grootste liefde langs n persoon sit wat stink na rook as wat ek op n pad moet ry wetend dat ek die pad deel met n klomp dronk lappe!!!

Gert ·

Hierdie jaar reeds twee vriende begrawe wat laaste ruk pal aan suurstof vasgekluister was, kon nie eers meer dorp toe ens. Ook n buurtannie en die masjienjie dag en nag moes hoor wat die suurstof opgewek het sodat sy kon bly lewe. Daar nag nie n kragonderbreking wees nie. Lang lyding. Geen vrou is vir my vroulik wie rook nie. Wie soek n vrou wat na twak stink. Nee dankie. Rokers sal altyd fout by ander vind soos by drankmisbruikers. Rook en drink gaan hand aan hand elk geval. Oral langs sportvelde moet mens rookwalms trotseer. Wat n selsugtige spulletjie. Wag maar, meer mense gaan aan longverwante siekte dood as aan enige ander soort kanker. Google dit. Feite. Rokers is verslaafdes en in die mag van n gees wat hul wil doodmaak. Daars geen ander uitleg daarvoor nie. Die minister is korrek.

Andre ·

Ek is ‘n roker, maar ek gaan meer gereeld as nie uit my pad om te probeer dat dit nie ander pla of afekteur nie. Rook nie in my kar nie en rook nie in my huis nie. Rook nie naby my vrou of kind nie. Ek RESPEKTEER mense. Dit sluit nie rokers in. Dis darm vir my verskriklik oulik om julle preetse nie roker komentaar te lees. So high and mighty maar hier sit en slenter julle ander. Ek weet nie van veel nie rokers wat rokers respekteer nie?
My pa is dood asgevolg van ‘n grinder ongeluk, moet ek nou almal kritiseer wat met grinders werk? En so vir die wis, ja hy was ‘n roker…
Ons rokers het niks te se oor julle nie, los ons uit asb. Ons is nie kwaad vir julle wat net slefte komentaar kwyt raak nie.

Lillie ·

Ek het my skoonma versorg van longkanker by haar gediagnoseer is tot met haar dood. Die kanker het van haar longe na haar niere en brein versprei. Die dokters het haar 2 maande gegee maar sy het 7 maande lank gesuffer voor sy dood is. Daar het nie meer genoeg suurstof na haar vingers gekom nie so haar vingers het begin doodgaan, sy het sulke dooie swart stokkies vir vingers gehad. Haar bene was heeltyd geswel en baie seer oor die kanker in die niere. Sy het epileptiese aanvalle gekry en geen balans gehad nie agv die kanker in die brein. Sy kon nie loop nie en ook nie sonder ondersteuning sit nie. Nie eens die sterkste morfienplakkers kon die pyn wegvat nie. Rokers is lafaards wat nooit sal erken die skade wat hul rook aan hul gesinslede doen nie. Hulle vergiftig hulle kinders en gee nie ‘n duit om nie en dan probeer hulle die onderwerp verander deur ander misdade en probleme uit te wys. Ja daar is baie ander probleme, maar rook is ook een. Gaan rook jouself vrek, ek gee nie om nie, maar gaan doen dit waar jy nie ander benadeel nie. Ek dink net so min van ‘n roker wat voor sy/haar kinders rook as ‘n dronkgat wat sy vrou en kinders slaan.

Marietjie ·

Ek het gerook maar het jare terug op gehou…. My moeder en Skoon moeder het gerook nooit iets makeer nie my skoonmoeder 9maande na Sy op gehou het oorlede haar liggaam kon nie sonder die gifstowwe funsioneer nie my moeder na haar derde maag operasie was Sy 3 maande in die hospitaal haar liggaam het verswak Sy het geen weeratand gehad nie daai nicotine en teer het haar gevoed klink stupid maar dis waar. …. My siening…. As Jy rook en na 50jr nog nie dood is daaraan nie…. Geniet jou gifpyltjie lewe is Kort genoeg Jy kan in die straat loop en getrap word Jy kan in n ingeluk omkom… ALS maak dood…. Jy word gebore Om dood Te gaan…. Leef en laat leef…. Maar neem ander ook darm net in ag

Marisa ·

Ag mense, dit was internasionale geen TABAK dag. Hoekom moet daar op dié dag oor ANDER gevare as tabak gepraat word. Rokers sal nooit erken dat hul swak gewoonte aan die wortel van al hulle kwale lê nie. Kwale wat mediese fondse swaar belas en wat voorkom kan word. Staak nou maar die minagtende woorde teenoor die minister en druk dood die gifpil. Dis hoog tyd.

Rook ·

Dis nie die rokers wat die land se ekonomie benadeel nie, dis die wat nie rook nie. So help n man uit.
?

Skoorsteen ·

Vir al hierdie klomp twak wat julle hier kwyt geraak het gaan ek julle ‘n Bell’s gee.

Ou roker ·

Nie veel om te sê. Maar sal julle rokers asseblief gou nog ‘n ou sigaretjie aansteek.
Toe my oom nie kon asemhaal nie, was dit hel. So sê hy my toe hy uiteindelik in die hospitaal wakker word en met ekstra suurstof darem wees skoon lug kon inasem.
Nou hoekom wil ek hê julle moet nou dadelik nog een neem?
Sommer, want as julle nie asem kan kry agv van die skade aan jul longe nie, wat nog te sê ‘n lekker ou trekkie aan jou verslawer, moet julle hierdie een onthou. Dan kan julle rustig jul emfiseem en kankers geniet met die wete dat julle mos 1 Junie 2017, ‘n lekker ekstra enetjie, vir hierdie oomblik van waarheid, geniet het. Dan behoort julle nie dié te mis wat julle nou nie KAN trek nie.
Net ‘n vinnige enetjie: You’re not the smoker, the sigaret is, you’re only the sucker behind it?
Net jammer ons nie-rokers, wat sekondere rook, agv julle plesiertjie, en sonder filters, moes inasem, nie die keuse gehad nie. Danksy wetgewing en keuses, haal ons darem nou rustiger asem. RIP

ai ·

Ai mense. Jy mag enige iets doen, hoogmoedig wees en verkeerd spel, in jou neus krap, drink, moord pleeg, verkrag, vloek en en en.
Flip JY MAG NET NIE ROOK NIE. LOL

John ·

Sjoe, die kooltjie gloei! Zim smokkel goedkoop twak en… baie meer… na SA so deur die stukkende drade. Waar kom ons nuutste lekkerte, dagga, vandaan wat die regter so vroom nou die dag gewettig het? Ons landjie is kappot en ons het nie sieners nodig om te weet ons beweeg vinnig in die rigting van Suid-Amerika waar dooies en dronkes skoolkinders soggens oppad skooltoe begroet nie. Kyk na ons Kaapse vlaktes… ‘bang… bang’… die gevolge van die ultra weelde van vryheid… Verdriet.

Leo ·

Plaas bekommer hulle eerder oor die drank misbruik wat hoeveel huwelike en lewens verwoes, vrouens en kinder en soms ook mans, waar die Ma die drank misbruiker is, geraak word, maar nee, kom ons bekommer oor sigarette. Regtig?! Ek self is nie ‘n roker nie, maar magtig, die rubriek sal mens dryf daartoe.

anton ·

As mens so na die kommentare kyk wat al die rokers uiter, kan mens duidelik sien wat se skade die rook reeds aan hulle denkvermoeë gedoen het!!!
En hulle sal altyd die skuld probeer verplaas na ander goed soos drank ens.!!!
En die ergste is dat die meeste rokers, ook drank gebruik.
WEES LIEF VIR ROKERS WANT HULLE TYD IS MIN!!!

Walter ·

Kom ons los ons sigaretjie en gaan almal nog n 15 minutte in die traffic staan en als ons dan eintlik by die huis is maak ons die braaivuur en hoes n biekie, brand hormone vlees drink water uit asbestos waterpijpe en leef ”lank en gelukkig”. asb moe nie mal wees nie, almal weet rook is nie gesond nie maar als almal alles moet los wat nie gesond is nie stop als.
N mens is maar n hipokriet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.