Kommer oor mishandeling van Gauteng-leerders

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die DA het sy kommer uitgespreek rakende die toename in klagtes van fisieke en seksuele aanranding van leerders deur onderwysers in Gautengse skole.

Khume Ramulifho, die DA se woordvoerder, het Sondag gesê Panayaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, het in ʼn geskrewe antwoord op ʼn vraag in die provinsiale wetgewer aangedui dat altesaam 218 klagtes van aanranding van leerders deur onderwysers in 2017-’18 ontvang is. Van hierdie klagtes was 175 van fisieke aanranding en 43 van seksuele aanranding.

Van die 175 klagtes van fisieke aanranding het 118 tot skuldigbevindings gelei. Van die 43 klagtes van seksuele aanranding deur onderwysers het 19 tot skuldigbevindings gelei.

“Die aantal klagtes van aanranding van leerders deur onderwysers het in die finansiële jaar 2017-’18 toegeneem. Dit dui daarop dat onderwysers versuim om gehoor te gee aan die beleidstellings rakende lyfstraf en seksuele aanranding,” het Ramulifho gesê.

“Dit is teleurstellend en kommerwekkend dat onderwysers wat toevertrou word met die verantwoordelikheid om na leerders om te sien gedurende skoolure ook die mense is wat hulle mishandel. Bykomend hiertoe is 81 sake na die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SACE) verwys – 55 onderwysers is skuldig bevind en 41 afgedank. Altesaam 41 departementele beamptes is ook by die SACE verkla.”

Ramulifho het ʼn beroep op Lesufi gedoen om onderwysers in te lig oor die beleidstellings rakende lyfstraf en seksuele aanranding en te waarsku dat sulke voorvalle geensins geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie is nog niks. Nou moet julle ‘n ondersoek doen oor Skoolhoofde en Beheerliggame wat ouers mishandel……….julle gaan julle hande saamslaan!!

Lag maar ·

Ek gee skool en beleef dat kinders valse aantuigings daagliks maak teen mekaar en selfs onderwysers. Hulle het n vreeslke “mob mentality” dat hulle self saam sal lieg. Ek sê nie als is vals nie maar, hoe sal mens nou weet? Ouers glo ook elke bietjie snert wat uit hul engeltjies se monde uitkom.

Boeremeisie ·

Victim blaming. Lyk my dis nou deesdae ons Afrikaners se nasionale sport!

Ouvrou ·

Ek sit tans met die selfde situasie. Pa bel skool en kla oor my en my buurvrou. Ons viktimiseer sy kind (volgens die kind). Hy eis ‘n vergadering met ons. Ek het GEEN IDEE waarvan hy praat nie. Dis ‘n oulike kind. Hy wil geen inligting telefonies verskaf nie. Hoe verdedig ek myself teen hierdie onwaarheid. Die kind is 10 jr oud en daar is 10 kinders in die klas. Dis die 2de keer in 4 jaar dat dit met my gebeur. Toe het die kind na 6 maande van hel erken hy het gejok.

Pakslae ·

n Pakslae is nie mishandeling of aanranding nie. Vandat die rottang uit ons skole is gaan dit net al hoe slegter.

John ·

Sodra die speletjie verby is, is die onderwyser die enigste dominante deelnemer en afpersing volg en werk dit nie, is die koerante die volgende stap vir groot geld.

JaNee ·

Help my asb: waar kom die woord ‘leerder’ vandaan? Wat het van leerling geword? Is dit net weer lui vertaling van Engelse ‘learner’?
Leerling is of was nog altyd gebruik.

jaswaer ·

Die onderwys departament onder die nuwe bedeling verkies leerder / learner. Die rede is dat leerling / pupil te ondergeskik / vernederend is en dus die kinders se waardigheid aantas. So iets in elk geval.

KM ·

Leerders het deesdae baie regte,terwyl ñ groot gros geen respek meer het vir gesag nie. Dink net hoe 35 leerders ln ñ klas die leerkrag kan boelie. Word soms tot die uiterste gedryf. Wat is die leerkrag se regte en hoe word dit afgedwing ? Sommige ouers kan nie eers hul eie kinders tuis beheer nie,wat nog van 35. Klink die woorde “dankie tog,dieskool begin môre” bekend? Kyk maar net ook uit ñ ander hoek.

Oud Onderwyser ·

Vandat Wolf skaapwagter geword het in Suid Afrika, het onderwys onhoudbaar geword. Baie van leerlinge se gedrags probleme begin reeds tuis, met die afwesigheid van die oordra van kerngesonde waardes. Ons sit met kinders wat gesag uitdaag en verfoei! Self aanskou hulle die skokkende voorbeelde van geweld en onbeheerde barbaarsheid vanuit prominente “volwassenes” se straatoproere en afstootlike kaskenades! As ouers nie baie ernstig met onderwysers gaan handevat met die oog op dissipline en respek nie, word onderwysers wat nog hulle Godgegewe Roeping WIL uitvoer, net so lam gelê, uitgebuit en mishandel. En ja, ons is besig om gou te ontdek dat wie God teëgaan rondom tug en die inlê van die roede, sal die wrang vrug daarvan pluk. Daar is tog ‘n groot onderskeid tussen tug en aanranding. En Afrika se onkunde en sy gees van rebellie, is besig om nes te skrop in ons breë samelewing. Hoe gou het ons tog afgedwaal? C.N.O het ‘n warm patat geword met die huidige bewind, DA en Kie wat breedsprakig, die nuwe Norm wil wees met hulle skewe en selfbehepte selfverering. Hulle wat self nie kan lei nie, wil ander die “pad” aandui?

Riouna Martin ·

Dit is regtig nie meer veilig in SA skole nie. Ek beleef dat daar niks aan enige boelies gedoen word nie en dat selfs van die onderwysers weg kom met sulke gedrag. Ek besef daar is leerlinge wat slegte maniere het teenoor onderwysers maar hoe ons onderwysers dinge hanteer meeste van die tyd is nie aanvaarbaar nie. Dis net jammer dat daar nie genoeg kamaras is in skole nie en ek dink dis iets wat n moet aandag aan gegee word om kind sowel onderwysers te help.

Lola ·

Ek haal my hoed af vir onderwysers……..dis nie die kinders wat die kern probleem is nie maar hulle vrot ouers. Hoe hulle nie kan sien dat hul bloedjies ook kan lieg nie is my boude se deksel. Ek kan maar net dankie se vir die engele van onderwysers wat my kind het vir die laaste 5 jaar.

Lola ·

En die DA moet hulself maar eerder net by politiek bepaal en hulle neuse begin skoonhou.

ek sê maar ·

‘n Pak slae dalk soms ja – as die kind nou al vele kere detensie gesit het, uitskryfwerk gekry het en steeds nie luister. Dan moet ouers ingeroep word en dit voor hul gedoen word plus kameras wat bewys dis NIE aanranding nie. Daar is regtig baie gevalle van absolute aanranding in veral swart skole en seksuele aanranding – daar is niks goeds te sê vir dit nie. Hiervan was daar oorgenoeg berigte in Maroela met videos by.

C.Maree ·

Ek vra net wat het geword van die meisie waarvan die video op sosiale media versprei is wie in die klas opgestaan het en die onderwyseres fisies te lyf gegaan het deur goed na haar te gooi? Dit is ook fisiese aanranding. Dis doodstil, maar ongedissiplineerde leerders se klagtes word aan die groot klok gehang!

Petro ·

Ekt ook al gewonder wat van die voorval geword het. Dit is net stil.

Linda van Mosselbaai ·

Kameras wat video opnames maak oral in die skool – sal die ware prentjie gee.
Geen leerder wat onderwyser aanhoudend tart of die klasontwrig sal dan meer kan ontken word nie. Die anderkant, waar die onnie sy humeur verloor en hardhandig raak sal ook nie kan ontken word nie – daar is niks nuut onder die son nie – jare gelede was ons ook op ons rue geslaan deur ondewyseresse …..
Al wat erg is – is dat daar min respek is – want almal is reg en JY kan niks aan my doen nie. ‘n Hartseer storie want leerders het die kennis nodig wat die onderwyser aan hom ‘ haar moet oordra.
Bid mense, vir mekaar – vir die behoud van ons jeug dat ons as grootmense vir hulle ‘n voorbeeld kan wees en dat hulle ons land met waardigheid sal kan regeer eendag as hulle volwasse is.

Petro ·

Ek praat glad nie aanranding goed nie, maar lyfstraf het ons nie dood gemaak nie. Ons het groot geword waar onderwysers n hou op die boud kon gee, en vandag se kinders word net geleer van hulle regte. Ek kry die onderwysers in baie gevalle jammer, hulle hande is afgekap. Al wat hul kan doen is detensie gee, en dit help nie eers meer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.