Kommer oor moontlike afleggings by Medicross

Solidariteit het met skok en kommer gereageer op die skielike aankondiging wat hy vandag vanaf die Netcare- privaat hospitaalgroep ontvang het. In die skrywe het die groep aangedui dat hy van plan is om met ʼn afleggingsproses by die primêresorgafdeling, Medicross, te begin wat onder meer die diensvoorwaardes van nagenoeg 926 personeellede sal raak.

“Hierdie skielike aankondiging is vir ons ʼn bron van groot kommer,” sê Peirru Marx, koördineerder vir die mediese sektor by Solidariteit. “Die Covid-19-pandemie het die mediese sektor in die voorste linie geplaas waar dié sektor ʼn diens van onskatbare waarde lewer. Gesondheidswerkers het hul taak en verantwoordelikheid in hierdie tyd met toewyding aangepak, wat in baie opsigte ook talle opofferings verg.”

Volgens Medicross het die afsonderingsperiode wat pres. Cyril Ramaphosa op 23 Maart aangekondig het, ʼn direkte impak op pasiëntgetalle regdeur alle divisies in die groep gehad. Selfs al is die dienste wat die hospitaalgroep lewer noodsaaklik, was die publiek se beweging deur die afsonderingsregulasies wat ingevolge die Rampbestuurswet uitgevaardig is, beperk en het mense gevolglik minder van mediese dienste gebruik gemaak.

Medicross is wel van plan om eers net veranderinge aan diensvoorwaardes aan te bring, maar die moontlikheid van afleggings in die toekoms word nie uitgesluit nie. Solidariteit onderneem om sy lede tydens hierdie proses by te staan om sodoende moontlike afleggings te verhoed, en hy sal alle moontlike oplossings ondersoek om die belange van sy lede te beskerm.

“Alhoewel meer en meer instansies soortgelyke maatreëls tref om werksverliese te bekamp, kom dit steeds as ’n skok. Dit is vir ons van kritieke belang om vir ons lede werksekerheid te bied en afleggings so ver moontlik te verhoed. Soos wat hierdie sektor vir ons na vore getree het, sal ons nou vir hulle na vore tree,” het Marx bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willem ·

En so gaan dit nog al meer en meer word wat mense hul werk verloor. Net ons ministers wat nie hul werk verloor

Anel ·

Ja, en hulle dank ons mense af maar voer kubane in. Hoe agterstevoor is die land van ons nie! En hoekom gaan mense nie meer dokter toe nie? Want as jy kla van hoofpyn het jy corona, as jy hoes het jy corona, as jou keel seer is het jy corona en dan moet jy in afsondering gaan. Mense word vandag nie meer siek aan gewone siektes nie. Slles is corona. Net soos doodgaan. Niemand gaan meer dood aan iets anders nie as net corona. Asseblief! Hoe lank wil die mense nog in vrees lewe? As jy simptome het is dit nie te sê jy staan al met een voet in die graf nie. As jy hoofpyn het is dit ook nie te sê jy het die virus nie. Net so as die koorspen wys jy het koors nie. Wat het jy verlede jaar gedoen toe jy die simptome gehad het?

Althes ·

Die inperking het meer skade as goed gedoen. En die private mediese sorg word deur die regering boonop geboelie.

Sarel ·

My vrees is dat Maatskapye/ Werkgewers die situasie kan misbruik om.werkers te verminder

christo ·

Dis presies wat die staat wil hê. Eerstens moet die ekonomie ineenstort sodat hy sy ‘ radikale ekonomiese verandering ‘ beleid kan deurvoer en tweedens die privaat mediese sektor laat ondergaan. Die uiteindelike doel is ‘n sosialistiese staat waar slegs die regerende party soos konings lewe. Hulle besef seker dat hulle die goue gans gaan doodmaak, maar die obsessie of van die Witman ontslae te raak dryf die klomp idiote se denkrigting. Die sogenaamde ‘ white privelige ‘.

Blomme ·

Liewe Heer wees ons land en die ekonomie genadig… Laat hierdie tydperk van onsekerheid en kommer vinnig verby gaan.

4ntj13 ·

Ongelukkig is Covid-19 nie die enigste rede waarom Medicross sukkel nie. Buitensporige admin-koste is ten minste een rede waarvan ek weet, waarom sommige dokters hulle van Medicross onttrek het.

In hierdie swaerder ekonomiese tye gaan beter belyde van besture, wat nie geld van reeds sukkelende dokters verder dreineer nie, selfs nóg meer belangrik word as wat hierdie groep se ondergang waarskynlik is. Hoeveel dokters behoort aan Solidariteit as unie? Aan wie moet my geld gaan as ek >R500 betaal vir ʼn dokter vir ʼn konsultasie?

Ja, Covid-19-verwante afleggings is baie hartseer. Maar dis effens minagtend van my intelligensie om my te probeer oortuig dis wat Medicross ook verdien. Hoeveel besighede wat weens swakker ekonomie reeds nie meer kan oorleef nie sien Covid-19 nie skielik as ʼn goeie verskoning nie? Ek dink nie bloedsuiers wat op doktersfooie teer onder die voorwendsel van “primêre gesondheidsorg” verdien maklik ʼn Covid-19 reddingsboei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.