Kommer oor moontlike brandstofkrisis

(Argieffoto: Paul Brennan/pixabay)

Die regering het na 2005 se brandstofkrisis nie daarin geslaag om te verseker dat ʼn strategiese voorraad geraffineerde brandstof geberg word nie, wat ’n ernstige risiko van brandstoftekorte vir die land inhou indien daar ’n groot ontwrigting in die brandstofvoorsieningsketting sou wees.

Kevin Mileham, DA-LP, het gesê sy party gaan ’n dringende vraag aan Gwede Mantashe, minister van energie, rig om die land in te lig oor die status van Suid-Afrika se brandstofreserwes te midde van berigte van brandstofrantsoenering en brandstoftekorte.

Na 2005 se brandstoftekort is die Moerane-kommissie van ondersoek op die been gebring en een van die voorstelle was dat ʼn strategiese voorraad geraffineerde brandstof geberg word. Volgens Mileham sal die DA ook versoek dat Mantashe enige dokumente aan hulle verskaf wat aksieplanne uiteensit wat sedert 2006 deur die departement geïmplementeer is om aan die Moerane-kommissie se voorstelle te voldoen.

“Ná die pas afgelope Transnet-staking, wat groot ontwrigtings aan hawens en vervoernetwerke veroorsaak het, het rolspelers in die brandstofbedryf gewaarsku dat Suid-Afrika gevaarlik naby aan ’n groot brandstofvoorsieningskrisis is weens die onbeskikbaarheid van geraffineerde brandstofvoorraad.”

Ontwrigtings in die verskaffing van geraffineerde vloeibare brandstof, wat voortspruit uit onvoldoende hawe-infrastruktuur, voortgesette arbeidsoptrede en ’n tekort aan raffineringskapasiteit, sal verreikende gevolge vir die ekonomie en sosiale orde inhou, meen Mileham.

“Die onmiddellike invloed sal die ineenstorting van voorsieningskettings wees, wat produktiwiteit in die ekonomie ernstig sal beperk. Verbruikers kan moontlik deur ’n voedselvoorsieningskrisis in die gesig gestaar word aangesien voedselgroothandelaars en -verspreiders sukkel om voedselvoorraad te vervoer waar dit nodig is.”’

Volgens Mileham het die ANC-regering 16 jaar gehad om die Moerane-kommissie se bevindings te implementeer, maar gekies om dit te ignoreer. “Hulle moet onmiddellik antwoorde gee vir hierdie gebrek aan optrede en die stappe wat op kort tot mediumtermyn gedoen sal word voordat Suid-Afrika met ’n brandstofvoorsieningskrisis te kampe het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Manie ·

Hoekom het julle toegelaat dat die raffinaderye toemaak Mantashe? Hoekom het julle die land se strategiese olievoorraad teen ‘n verlies verkoop? Die probleem lê vierkantig voor julle deur, nes al die ander mislukkings.

Republikein in die Wes Kaap ·

Manie, die raffinaderye is stokoud en voldoen nie aan moderne besoedelingstandaarde nie. Dit sal oliegroepe saam meer as R50 miljard kos om aan al die vereistes te voldoen. Ons brandstof is steeds Euro 3 vlakke, dit moes reeds in 2017 op Euro 5 vlakke gewees het. Hierdie opgraderings sal die bedryf ook verdere miljarde rande kos. Die oliegroepe sluit eerder die raffinaderye, of skaal af. Dis nie meer ekonomies nie. Enigste uitweg is privatiseringsmodelle.

Manie ·

Ek verstaan dat die raffinaderye al oud was, maar soos met alles in die land, is daar geen onderhoud gedoen nie. Die verkoop van die strategiese olievoorraad is ‘n ander kwessie.

Fran ·

Wat verwag jy van hierdie lamsakkige, treurige misdadigers wat hulleself regering noem.

marius ·

Wat anders is verwag ? Dat hierdie spul verantwoordelik en eerbaar sou regeer ? Die waarskuwings oor hierdie dinge was afgelag as verkramp en doem profesie .

Pierre ·

opkomende verkiesing hulle moet nou al die kaarte uit die boonste laai haal om guns te wen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hou jou ore toe en hoop vir die beste.

Maritza ·

Geen verassing daar nie. Soos alles in ons land het hulle alles verwoes

Kirst ·

Soos jy tereg noem kan verassing nie plaasvind sonder brandstof nie ;-)

honeybee ·

Hulle dink net aan vandag, more sal mos vir hom self sorg. As hulle enigsins kan dink.

Kirst ·

Drie begrippe bestaan nie in enige Afrika taal behalwe Afrikaans nie:
Beplanning (want in ‘n matige klimaat is dit nie nodig om voorsorg te tref vir lang winters nie)
Onderhoud (want met ‘n nomadiese leefstyl gebruik jy die hulpbronne waar jy is op, en trek dan na ‘n nuwe ligging met nuwe hulpbronne)
Bewaring (selfs in die Weste ‘n redelike nuwe begrip – toe ons voorvaders hier aangekom het, het hulle honderde duisende olifante geskiet en die ivoor uitgevoer Europa toe).

Strandloper ·

Goed gestel m.a.w. dit gaan nog so 300 jaar vat vir enige oplewing. Opvoeding is die antwoord wat duidelik kortkom in die anc geledere.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kirst, nogal ‘n filosofiese benadering.

Strandloper ·

Nie negatiewe nuus nie maar feite. Se eeder dankie vir die waarskuwing.

Delia ·

Jys reg Strandloper, maar na amper 24 uur sonder krag is my toleransie vir slegte nuus maar laag jong

Treurwilger ·

Toemaar Delia, ons verstaan.
Die wat nié volstruise is nie wens soms hul was eerder ‘n volstruis. Wêreldwyd, nie net in SA nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Privatiseer die brandstof bedryf. Die staat het nie antwoorde nie.

Elma ·

die lot “slaag” met NIKS. Verstaan nie die konsep van vraag en aanbod nie. Soos Eskom, – Krag is min en krag is duur. Dan vra hle asb mense gebruik minder krag. Dan gebruik ons minder en kry hulle minder geld en styg die prys en ons gebruik minder en so kring die siklus net verder uit. Bose kringloop. Nou dieselfde met brandstof. Julle het nou minder, gebruik asb minder, dan is daar minder geld wat Jan Publiek daarop spandeer, en styg die pryse NOG meer as wat dit reeds doen. Hul pond vleis moet hulle immers kry. Alles planne om die man op straat verder te verarm.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die water, energie en voedsel nexus.

Dawie ·

Nou gaan daar weer n paar mense soos hoenders rond hardloop wat nie koppe het nie en weer brandstof in kanne gaan begin berg.

Vexed ·

Wel dit sluit maar net aan by wat beplan is vir die res van die wêreld, ons moet maar inval. Ja dit vat ‘n anderste kreatiwiteit maar sonder kos en petrol sal ons sit, soos afgespreek.

Antie Sarie ·

Ongelukkig sien min mense dit raak. Daar is fyn beplanning agter die chaos. Want die gordyn verberg nog wat werklik aangaan, wereldwyd.

Renier ·

Kaders maak baie geld met chaos, hoe meer chaos,hoe makliker om geld te maak

Alex ·

Wat ons nodig het is n groot ‘reset’ knoppie, nuwe regering met nuwe werkbare prosesse en ministers wat in regte geswot het. Dan mense onder hulle wat elk in in die ekonomiese velde kenners en spesialiste is wat werk kan doen.
Soos dit nou is besluit ministers en regering wat goed is en hulle het geen kennis van daai veld nie. Selfs wors word deur ‘Chef’ Ministers beheer wat jy deesdae in wors mag sit. Dit net as n voorbeeld.

Waar is die dae wat kundigis raporteer aan Ministers en nie die Ministers probeer om besighede te bestuur nie?

Strandloper ·

Ons almal voel so maar dit sal tog nooit gebeur nie. n Wyse Kaapenaar het vroeër met 3 feite verduidelik wat ongelukkig verwyder is…

Marelize ·

Die regte persoon vir die regte pos was nog altyd die oplossing.

Miskruier ·

Amerika het ook net 30+ dae se diesel. Wat broei in die wereld??

Papsak ·

Ja nou is daar n petrol tekort nou moet ons somer met verhoging gegooi word almal nie ryk nie hooooor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.