Kommer oor ‘naweekpas’ vir ANC-vieringe

OPVOLG: Die Gautengse Drankraad het intussen van sy plan, om handelstye vir drank tydens die komende naweek se ANC-vieringe te verleng, afgesien. Lees meer hier.

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse Drankraad het ʼn sogenaamde “naweekpas” aangekondig vir drankverkope in die provinsie ter wille van die ANC se 105de verjaardagviering.

Die ANC hou die naweek sy jaarlikse verjaardagviering en Sondag sy 8 Januarie-saamtrek in Orlando, Soweto.

Lebogang Maile, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling in Gauteng, het die drankraad se aankondiging, dat sy reëls oor drankverkope die naweek verslap sal word, verwelkom.

Duisende mense sal na verwagting na Gauteng reis om die vieringe mee te maak. Maile het in ʼn verklaring gesê die geleentheid sal na verwagting positief tot die provinsiale ekonomie bydra, veral op die gebied van toerisme en gasvryheid.

Maile het gesê hy het met die drankraad vergader en is tevrede dat daar die wetlike ruimte is om die handelstye tydelik te verslap. Hy het gesê die “naweekpas” sal egter net toegeken word aan verdienstelike drankverkopers.

Kroeë en restaurante sal moet opdok om hul handelstye vir die naweek te verleng en niemand sal toegelaat word om na ʼn sekere tyd drank te verkoop nie. Die “naweekpas” gaan ook met sekere voorwaardes gepaard, naamlik ʼn onderneming dat geen vuurwapens op die perseel toegelaat sal word nie; geen buitensporige geraasvlakke nie en dat daar met die toepaslike wetstoepassingsagentskappe saamgewerk sal word.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het reeds sy kommer oor die besluit uitgespreek. Volgens die AA is die regering bewus daarvan dat dronkbestuur en voetgangers onder die invloed van alkohol ʼn groot bydraende faktor is tot die feestyd se dodetal. Die AA meen verlengde handelsure kan die probleem van dronkbestuur vererger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anel ·

En wie gaan betaal vir die “partytjie”? Weer die belastingbetaler?

Carol Pieters ·

Ek verstom my oor hierdie “vrygewigheid” van “naweekpas”. Ek sal graag wil weet hoe hulle al die voorwaardes gaan afdwing, veral die geraas! Nee wat, hulle verslap en buig alles soos dit hulle pas, van Gosdiens tot drankverkope. Laaste stuiptrekkings om die belastinggelde te verkwis

M ·

Ek lees elders dat ‘n permit kan tot R9000 kos vir die drie dae. Dalk is dit net nog ‘n wyse om die staatskas bietjie aan te vul.

Santie ·

Wat my bekommer is hoeveel padongelukke daar gaan kom agv die verslapping van die drankreels.

John ·

Is die verkeerswette ook aangepas sodat dronkbestuurders nie gevang sal mag word nie?… Die landswette is duidelik nie van toepassing op die ANC nie, net op die ‘ander’. Hoeveel gaan nog gebuig word? Maar dit is ook so dat die onderdane se sinne verdoof moet word om hul steeds te laat glo die regering neem die land vorentoe… na ‘n buitebeheer-lielie-lekker-droomland. Viva wetteloosheid, aanrandings en oorvol buitepasientsale… Hier kom 2017 se eerste ANC-‘ambulanse’…

Voorlaaier ·

Ek ken baie ouens wat begin suip as dinge vir hulle begin verkeerd loop!……..

pieter ·

N MENS MOET DRONK WEES OM ANC TE STEM NA HULLE MANNEWALES.

Marie Botes ·

Rêrig!! April’s Fool’s Day is eers oor 3 maande!!

Kosie ·

Het die ANC hoegenaamd iets om te vier? As ek hulle was, het ek eerder my kop in skaamte laat sak oor die gemors wat hulle in dié land aanjaag. Verjaarsdagviering se voet!

Hartseer ·

In Geskiedenis het ek geleer dat mense met drank betaal was en onlangs gehoor dat dit die rede is waarom baie suip en vele meer redes, soos alkoholsindroom! Daar was gelieg vir my, want dis duidelik hul keuse om dit te koop en ander ryk te maak, die mense wil dit hê, wil gesuip raak. Ons het keuses, maak die regtes en jy sien die Hemel, maak die verkeerdes en jy gaan Hel toe. M.a.w. jy bepaal jou lot self. God oordeel vlgs jou keuses. Kom ons bid en vertrou op Jesus. Onthou, leef net volgens Sy wil, die Here is my Herder.

Sydney ·

Hoop en vertrou dat die DA metro gaan Metro polisie inspan om pad blokades op te stel rondom Orlando stadium en elders sodat alle dronk bestuurders en voetgangers vas te trek wat te veel “DOP” gehad het, gedurende die fees vieringe. Die hope geld wat die ANC spandeur vir die fees vieringe kon so maklik gebruik gewees het vir die armes wat dakloos en sonder kos sit in dieselfde gebiede rondom die stadium en elders. Toemaar, hope geld vir die DA beheerde metro raad van Johannesburg, om ANC skuld te delg wat aan gegaan is voor die laaste verkiesing.

PMB ·

Wat gaan die ANC nog uitdink om stemme te kry. Nou wil hulle he die mense moet hulself besope suip sodat hulle dalk die ANC sal ondersteun. Ag asseblief man, hoe desperaat is dit nie????? Al wat gaan gebeur is dat meer mense gaan op ons pasie omkom!

Penellope Jones ·

Dankie tog ek hoef nie naby Gauteng en die “”partytjiehouplek”” te wees nie!!!
Voorspoed vir die wat wel naby woon en die nagevolge van ‘n “naweekpas” moet verduur!!

Ronel ·

Gaan my verstand te bowe dat mense drank nodig het om pret te kan he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.