Kommer oor ongelisensieerde polisievoertuie in Mpumalanga

Die polisie sê egter die lisensies is hernieu, maar dat hulle wag vir die skyfies om uitgereik te word. (Foto ter illustrasie)

Polisiebeamptes in Mpumalanga het dit die afgelope ruk begin oorweeg om glad nie meer êrens heen te ry nie uit vrees dat hulle self aanspreeklik gehou gaan word omdat die staatsvoertuie se lisensies verval het.

Maroela Media verneem die lisensies van talle polisievoertuie in die provinsie het lankal reeds verval, maar is volgens polisiebeamptes oënskynlik nie betyds hernieu nie. Minstens een speurder is glo reeds beboet omdat hy met ʼn ongelisensieerde voertuig gery het.

Daar is glo reeds ʼn beperkte getal voertuie in die provinsie beskikbaar; sommige is na bewering in ʼn gehawende toestand en polisielede is hande in die hare omdat die gesukkel met die lisensies nou oënskynlik ook hulle probleem word.

Sommige beamptes het dit glo selfs begin oorweeg om nie weer met ʼn staatsvoertuig te ry voordat die voertuie behoorlik gelisensieer is nie.

“Die klagtes val op dowe ore. Dit is al telkens op vergaderings met die bevelvoerders geopper,” het ʼn ingeligte bron gesê.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê egter die lisensies ís hernieu.

Volgens Hlathi word daar gewag op lisensieskywe wat deur die verskillende munisipaliteite in die provinsie uitgereik moet word.

“Op die stelsel wys dit die voertuie is gelisensieer, maar daar is ʼn vertraging met die uitreiking van die lisensieskywe.

“Ons kan nie ophou om die voertuie te gebruik nie en ons begaan geen oortreding nie. Die voertuie is geregistreer en polisiebeamptes moet dit gebruik, anders kan ons nie die gemeenskap dien nie,” sê hy.

Volgens Hlathi het die probleem nie by die polisie gelê nie omdat dié reeds die nodige betalings gedoen het.

“Ons maak staat op ʼn ander departement vir die uitreik van die lisensieskywe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jr ·

Ja Hlathi jy is ‘n tipiese leier in die polisie met jou verskooning van jy wag vir die skywe van munsipaliteiteite. Jy sien duidelik jy as polisieman ( as ek jou dit regverdig kan noem mmfffph) behoort te weet dat as die gewone burger dit nie op die windskerm het sal ons n boete ommiddelik kry met ‘n ” I don’t want to hear stories” van die verkeersman ( as ek hulle dit kan noem – mmffppph). Julle gloriefied car guards is ‘n wet aan julle eie. Ridiculous answer!!!!

Pitbul ·

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê egter die lisensies ís “hernieu.”??

Hennie ·

“ons begaan geen oortreding nie”. Regtig? Laat ‘n privaat voertuig eienaar daai een probeer trek op ‘n poot! The untouchables…

marius ·

Ons maak staat op ‘ n ander departement , nes julle staatmaak op privaat sekuriteit om jul werk te doen .pateties !

Wielspore ·

Ja mnr die wetstoepasser, ek as verbruiker bly 48 km van Nelspruit af waar ons lisensies hernu en het al verskeie kere sonder die lisensie terug gekom agv een die volgende redes, ons maak vandag vroeg toe want more is ‘n vakansie dag, ons het nie papier, ons is van lyn af. En ja ek is eenkeer beboet omdat die lisensie nie vertoon op die skerm. Daarem R1000 afgekry van die boete van R1300, ek voel nog steeds dat die staat ons in die steek laat en ons moet die prys betaal, twee keer.

Persheks Adri ·

Hier by ons is die water af so hulle kan nie oopmaak nie hel wat het dit met lisensie uit te waai?

Johan ·

Hulle kan nie eers die lisensies hernie nie maar wil wapens afvat baie pateties

Persheks Adri ·

Ja Johan ek’t nie meer woorde vir die onbevoegde klomp nie! Dit gaan hulle seker vinnig kan doen, want ons is wit… Sal dit baklei hierdie wapen wet ons almal

Persheks Adri ·

Voel hoe voel ons as ons moet wag vir wapen lisensies! Nie lekker nie ne? Afhanklikheid van staatsdepartemente is darem erg joh man haibo…

Johanncb ·

Wat gebeur as ‘n “gelisensieerde” voertuig sonder skyfie in ‘n ongeluk betrokke is?

edgar ·

Plaas dat die polisie huleie werf in orde kry en wetsgehoorsame burgers se wapens uitlos. Mnr, of comrade Cele, as my organisasie 5000 amptelike wapens n jaar weggooi sal ek nie so windgat en grootmond wees nie. Ek sal in n gat wegkruip.

Persheks Adri ·

Stem en meer as ‘n miljoen rondtes… Moet nie dit vergeet nie asb

Nico ·

Hlathi, jy praat van motor voertuig lisensie, kyk ‘n bietjie na die toestand van die polisie voertuie, hoeveel van die SAPD lede het ‘n bestuurs lisensie. Daar is geen parkeer plek voor die polisie stasie in Standerton soos die wrakke van polisie voertuie staan. Hlathi, kyk ‘n bietjie na die voertuie se toestand hoeveel van die voertuie word nie vir privaat doeleindes gebruik nie, om die familie rond te ry vir kruideniersware nie, dan word daar gesê daar is nie voertuie nie. Dit neem ook ure voor die polisie by ‘n misdaad toneel opdaag, Hlathi met alle respek gesê die stasie bevelvoerders van stasies is net so skuldig. Ek dink moenie net kyk na motor lisensies nie kyk ook hoe word die voertuie hanteer. In die apartheid’s era kon jy nie net ‘n voertuig vat en ry nie met omruil van skofte moes die voertuig na gesien word deur albei lede en dan an geteken word in die register.

Boerboel ·

Nee rerig!!! Hulle sit met die hoogste range maar die basiese kennis ontbreek .Nie net moet jou lisensieskyfie vertoon word nie, as jy met n ongelisensieerde voertuig ry en jy kom in n ongeluk kan jou versekeringsmaatskappy weier om jou eis uit te betaal. (dit beteken jou voertuig was nie padvaardig nie…) Hlati, as een van jou Polisiebeamptes in n ongeluk kom met n ongelisensieerde voertuig, gaan jy agter hulle staan of gaan jy jou skouers optrek????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.