Kommer oor ‘polisiebetrokkenheid’ by plaasaanvalle

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Vrystaat Landbou (VL) het sy kommer uitgespreek oor die moontlike betrokkenheid van polisiebeamptes by plaasaanvalle nadat vier mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het Vrydagaand betrokke was by ʼn aanval op ʼn plaas in die Bothaville-distrik.

Tommy Esterhuyse, voorsitter van VL se komitee vir wet en orde, het in ʼn verklaring gesê die aanval laat die vraag ontstaan of daar wel sekere polisiebeamptes betrokke is by die uitvoering van plaasaanvalle of ernstige geweldsmisdade op landbougrond, wat moontlik ook uit ander provinsies bedryf word. “Wat uiters kommerwekkend is, is dat hierdie ernstige geweldsmisdaadvoorvalle waarby polisiebeamptes na bewering betrokke is, die wedersydse vertroue tussen die polisie en landbouers nadelig kan beïnvloed. Sodanige voorvalle skaad ook verdere vertroue wat noodsaaklik is om vennootskappe tussen landbouers en die polisie te vestig,” het hy gesê.

Volgens Esterhuyse moet plaasbewoners bewus wees van die “plaasprotokol” waarvolgens toegang tot plase tussen georganiseerde landbou en die polisie op die hoogste vlak beding is. “Dit beteken dat polisiebeamptes veronderstel is om voordat hulle plase besoek, eers met die eienaars kontak te maak, anders kan enige persoon wat in polisieuniform geklee is onder ʼn valse voorwendsel as ʼn dienaar van die gereg landbouers mislei om toegang tot plase te bekom om sodoende ernstige geweldsmisdade en algemene kriminaliteit te pleeg,” het hy gesê.

Vier verdagtes het die plaas Oorwin Vrydag omstreeks 19:15 besoek en hulself as polisiebeamptes voorgedoen. Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het polisiehemde en pette aangehad en een van die verdagtes het ʼn polisiebaadjie met glimstroke aangehad. Hulle het glo voorgegee dat hulle die huis vir dwelms wil deursoek en die drie vroue wat in die huis woon het die honde toegemaak sodat die “polisebeamptes” kon inkom.

“Die oomblik toe die verdagtes in die huis was, het hulle die vroue en twee kinders met vuurwapens gedreig om kontant aan hulle te oorhandig. Hulle het gedreig om die vierjarige kind op ʼn warm stoof te brand indien daar nie aan hul eise voldoen word nie,” het Thakeng gesê.

Die verdagtes het met ʼn vuurwapen, ʼn onbevestigde bedrag kontant en drie selfone gevlug. Paballo William Molaudi (26) is ʼn paar uur later in die buitewyke van Orkney in hegtenis geneem. Die polisiebaadjie, vuurwapen, twee selfone en kontant is in sy besit gevind. Molaudi het Maandag in die hof verskyn op aanklagte van gewapende roof en die voordoen van ʼn polisiebeampte. Die saak is uitgestel.

Thakeng het bevestig dat ʼn tweede verdagte Maandag deur die polisie ingeneem is vir ondervraging. Hy het gesê dit is nog nie duidelik of enige van die verdagtes wel polisiebeamptes was nie. Hy kon ook nie duidelikheid verskaf oor hoe die verdagtes die polisieuniforms in die hande gekry het nie en het gesê dit sal deel vorm van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Theo ·

Dit verklaar moontlik ook die verkryging en gebruik van “steursenders” wat selfoon siene blok.

Stephan ·

Jy sal verbaas wees hoe maklik dit is om selfs net een te maak.

Nico ·

Volpunte vir die polisie wat so vinnig ‘n verdagte vastrek. Nou moet Justisie net sokkies optrek met die vervolging.

david ras ·

Die verdagte het reeds verskyn maar die saak is uitgestel—-klink heel redelik.
Maar is dit nie tyd dat ons terugkeer na die ou dae se “summiere verhore ” nie ?
Die Polisie het die ou dan gevang met genoeg bewyse …..
Vonnis hom en laat sy soort verstaan dis nou die einde van hulle misplaaste “menseregte”

NEL ·

Dawid Ras,Thakeng van die polisie wil dit afmaak dat hy nie verstaan hoe die kamma polisie beamptes in besit gekom het van die uniforms nie, Hulle kan nie een hulle vuurwapens beheer nie. Skokende getalle is genoem van polisie vuurwapens wat verlore is en nie gevind is nie. Reeds in die misdadiger se hande as ook ‘n uniform om die misdadiger vernaam te laat lyk.

Wonder waneer wil Zuma en Kie wakker skrik en sien wat aan die gang is in die patetiese land van ons.

Johann Marx ·

Nel? Hoekom vra jy wanneer Zuma en Kie gaan wakker skrik en sien wat aan die gang is? Hulle is laaankal wakker en sien PRESIES wat aan die gang is…en hulle laat dit ooglopend toe as deel van die einddoel van die A&C se Vryheidsmanifes….nl, die totale verwydering van die blanke ras van die Afrika kontinent af.

E ·

Ja nee. Rooi is nie meer rooi nie en groen nie meer groen nie. Ek vertrou niemand nie!!!

johan brits ·

Dit het in Krugerzdorp ook gebeur met mnr Ronnie Brits .

Tiger ·

Nou maak mens eenvoudig NIE jou deur oop vir die polisie nie totdat jy met jou plaaslike stasie bevelvoerder self telefonies gepraat het om sy identiteit en teenwoordigheid uit te klaar.In ‘n ander berig is gemeld dat 72% polisielede EFF lede is so dit skakel vir ons baie rooi ligte aan!Mense wat hulle voordoen as geregsdienaars behoord GEEN borg te kry nie EN hul vonnise moet dubbel die normale wees.

Rupert Ashford ·

Sal my nie verbaas as van hulle in hulle spaartyd betrokke is nie. Sal dan ook sommige se lakshouding oor die reaksie op hierdie aanvalle verklaar.

DAAN ·

AS N POLISIE BEAMPTE BEDANK HANDIG HY NIE SY UNIFORM IN NIE. ENIGIETS KAN MET DIE UNIFORM GEBEUR, POLISIE IN NEW ZEALAND EN CANADA WORD NIE TOE GELAAT OM UNIFORM HUIS TOE TE VAT NIE. DIE UNIFORM WORD DEUR KONTARKTEURS AF GELEWER BY DIE POLISIE STASIE WAAR HULLE WERK EN OP GETEL NADAT HULLE VAN DUENS IS. DIS OM TE VOORKOM DAT NAT UNIFORM VAN WASGOED LYNE GESTEEL WORD,

vielies ·

Eish hy het hom gakoop by sy buddies daar by die poelieste….u know its a problem eish. Dit is Jan v Riebeeck se skuld. Polisie grootste skurke

Jaco ·

As n mens die poliesie bel lag hul vir n mens as ons hul diens nodig het. God gaan geen genade gee nie. Sal dan sien wie vra vir hulp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.