Kommer oor R1 miljard se onreëlmatige uitgawes by Prasa

(Foto verskaf deur Untu)

Die ouditeur-generaal (OG) sê hy is bekommerd oor swak rekordhouding en onreëlmatige besteding van meer as R1 miljard by die Passasierspooragentskap (Prasa).

Kimi Makwetu het vroeër vandeesweek sy kommer gelug gedurende ʼn inligtingsessie voor die parlement se portefeuljekomitee oor vervoer.

Mosebenzi Zwane het in sy hoedanigheid as voorsitter van dié komitee gesê daar sal gehoor gegee word aan die OG se aanbevelings en die komitee sal sy toesig oor Prasa verbeter.

“Dit is baie belangrik dat die nuwe direksie en bestuurspan by Prasa daarop konsentreer om die hoofoorsake van die uitdagings te pak en dat selfvoldaanheid rakende die aanbevelings van die OG nie geduld sal word nie.”

Die komitee wil verder toesien dat ernstige gevolgebestuur toegepas word rakende kwessies van bestuur en verkryging asook finansiële bestuur by Prasa.

Maroela Media het vroeër berig Popo Molefe, die voormalige raadvoorsitter van Prasa, het in Junie vanjaar by die Zondo-kommissie getuig oor beweerde staatskaping by dié sukkelende staatsinstelling.

Molefe het gesê die topses-leierskap van die ANC (indertyd Jacob Zuma, Cyril Ramaphosa, Gwede Mantashe, dr. Zweli Mkhize, Jessie Duarte en Baleka Mbete) het teen 2015 geweet van die Prasa-raad se vermoedens van grootskaalse korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

Daar was eens ‘n werkende spoorweg stelsel in Suid Afrika, en toe kom die ANC!

Persheks Adri ·

Alles waaraan hulle vat is ‘n gemors Johan! Alles het gewerk voor 1994 pffft

Hennie J ·

Hoe lank gaan die narre nog voortploeter? Jaar in en jaar uit is hulle sogenaamd besorgd maar doen niks daaraan nie, want wie se brood ons eet wie se taal ons spreek.

tweeling ·

Zwane as voorsitter – duidelik is daar nie een eerlike persoon om aan te stel nie!

Sarel ·

Nog steeds gaan dit voort. Mabalula is vreeslik stil en nou met die afsterwe van die huidige Ouditeur Generaal gaan bsie inligting net verdwyn

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.