Kommer oor reuse-opeenhopings by Beitbrug

Vragmotors staan die afgelope week kilometers ver en wag om die grens by Beitbrug, tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, oor te steek. (Skermgreep: Twitter)

Die nuwe tolstelsel aan die Zimbabwiese kant van die Beitbrug-grenspos – wat boonop tot onlangs net in kontant betaal kon word – het tot dae lange opeenhopings by die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe gelei.

Honderde vragmotors staan reeds dae lank in toue waar hulle wag om die grens tussen die twee lande oor te steek.

Beitbrug is een van Afrika se besigste grensposte en het onlangs ʼn opknapping van sowat R4,4 miljard ondergaan. Die nuwe vragterminaal is net meer as ʼn week gelede vir die publiek geopen, maar daar was heelwat probleme.

Die Zimbabwiese Herald berig die opeenhoping het selfs voor die opening van die nuwe vragterminaal begin en is toegeskryf aan onder meer Covid-19-afsonderingsmaatreëls en aandklokreëls in Suid-Afrika en Zimbabwe.

Dit het deurlopend vererger in albei rigtings.

Tydens ʼn toetslopie voor die opening is vragmotorbestuurders toegelaat om tot by die terminaal te ry voordat die tolheffing in werking sou tree, asook om die opeenhoping van vragmotors te verlig.

Teen die tyd dat die stelsel verlede Maandag aanlyn gebring is, was die terminaal volgepak en is daar weggespring met ʼn reeds oorlaaide stelsel, berig die Herald.

Nick Mangwana, verbonde aan die Zimbabwiese departement van inligting, het gesê in talle gevalle is daar ook nie aan klaringsvereistes voldoen nie en ʼn krisisbestuurspan is aangewys om te help om die opeenhoping te verminder.

“Die nuwe grensstelsel is ontwerp om doeltreffendheid te verhoog en vereis voldoening voordat ʼn vragmotor deur die grenspos kan beweeg,” sê hy. Dit het vragmotors selfs verder laat ophoop terwyl bestuurders hul dokumentasie probeer uitsorteer het.

Volgens Mangwana is Zimbabwe verbind tot die Afrika-vryehandelsooreenkoms (ACFTA) en dat die opknappingswerk as deel van die ooreenkoms gebou is. Die Beitbrug-Chirundu-hoofweg is ook opgeknap.

Suid-Afrikaanse LP’s het intussen pogings verwelkom wat help om die opeenhoping uit die weg te ruim. Mosa Chabane, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake, sê die departement en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het die komitee verseker dat hulle met hul Zimbabwiese eweknieë vergader om die probleme op te los.

“Dit is altyd kommerwekkend as daar opeenhoping by ons grensposte is, veral weens die strategies ekonomiese rol wat Beitbrug vir Suid-Afrika en die res van die vasteland het. Ons verwelkom die versekering dat daar reeds op ingrypings ooreengekom is en dat die inwerkingstelling daarvan ʼn positiewe uitwerking op die opeenhoping sal hê,” sê Chabane.

“Dit moet geboekstaaf word dat die oorsaak van die huidige opeenhoping hoofsaaklik te wyte is aan die konsessiehouer (Zim Borders), aan die Zimbabwiese kant, wat tolgeld – betaalbaar in kontant – ingestel het. Ná suksesvolle beraadslaging tussen die twee lande is ooreengekom dat ʼn kaartbetalingstelsel nou ook in werking gestel sal word.”

Die komiteelede het Beitbrug al verskeie kere vantevore besoek en Chabane sê hulle sal nie huiwer om dit weer te doen indien nodig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

007 ·

Ek sal graag wil weet waaraan is die R4,4 miljard spandeer, dan wag die vragmotor bestuurders nogsteeds meer as week. Afrika is a tough country!

Marshall ·

The Sub-Saharan Negroid Genetic Cluster has a mean IQ of the order of 69. Illogical decisions by illogical people usually have undesirable consequences.
The chaos in Africa is easily predictable if one understands the science. Unfortunately the Globalist Elite censor any real public discussion of these well established facts.

Charl ·

4,4 Miljard opknapping ! En steeds ontoereikend ?? Wat het ek ge-mis ?

Jakes ·

Kan hieerdie mense enige iets suksesvol uitvoer? Daar is n beter kans dat dit in die Namib woestyn sal sneeu voor hulle iets regkry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.