Kommer oor seekoei-vrektes in Kruger

‘n Argieffoto van ‘n trop seekoeie in die Krugerwildtuin. (Foto: Jim Smith/Facebook)

Die karkasse van minstens 10 seekoeie is Vrydag in die Krugerwildtuin, in die omgewing van die Krokodilbrug naby Malelane, gevind.

Talle visse het ook op die spesifieke plek gevrek, het Rey Thakhuli, woordvoerder van SANParke, gesê.

Wildbewaarders het die seekoeie se karkasse ontdek. Die oorsaak van die vrektes is in dié stadium nog nie bekend nie.

“Die karkasse was reeds baie geswel. Ons vermoed die diere het dalk al Dinsdag of Woensdag gevrek,” het Thakhuli gesê.

Volgens hom is ʼn trop seekoeie ook verder stroomop gevind, maar dié diere het niks makeer nie.

“Die lyk ook nie of enige krokodille geraak is nie,” het hy gesê.

Watermonsters, asook monsters van die seekoeie en visse is geneem en vir ontleding gestuur.

“Ons is bekommerd, maar ons wil nie oor enigiets bespiegel nie. Ons hanteer die kwessie as ʼn saak van dringendheid,” het Thakhuli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Muffin ·

n Seekoei vrek nie sommer nie. 10 Op een slag se vir my daar is n probleem.

Ek wonder.. ·

Ek dink jy kan dalk reg wees. Dis n geisoleerde geval en daar is ander troppe in daai selfde stroom. My gedagte is ook weerlig.

Mac ·

Ons het ongeveer 2-2 en half weke laas donderweer en weerlig gehad.

Hagar ·

Ja gewis is daar n probleem anders sou hul nie gevrek het nie.

Freddie ·

Seekoeie en visse wat vrek. Gif, riool, ander besoedeling in die water gestort? Vreemd dat die kosbaarste item op aarde, water, so mee gemors word.

aj ·

Die mense is volgende!

Ons is nie verhewe bo sterfte van gif water nie.

Irma ·

Vergiftig sodat die wildstropers maklik deur die rivier kan kom sonder ongevalle agv seekoeie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.