Kommer oor slagting op paaie

Agt mense is Maandagmiddag (22 April 2019) in ʼn trompop botsing op die R316 buite Napier in die Wes-Kaap dood. (Foto: Verskaf)

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Maandag ʼn dringende beroep gedoen op motoriste wat nog op pad terug is van hul Paasnaweekbestemmings om versigtig te bestuur en die padreëls te gehoorsaam.

Dit kom nadat talle ongelukke en padsterftes in die provinsie sedert Donderdag aangeteken is.

Net Saterdag is 68 dronk bestuurders in Gauteng in hegtenis geneem, terwyl 19 voetgangers op snelweë vasgetrek is. Talle bestuurders is in hegtenis geneem omdat hulle die spoedgrens oorskry het, terwyl een motoris vir omkopery en nog een vir bedrog in hegtenis geneem is. Minstens 334 verkeersboetes is ook die naweek uitgereik.

Vandag (Maandag) het die Gautengse verkeerspolisie altesaam 11 mense vir spoedoortredings op snelweë in hegtenis geneem.

“Ons verwag dat die swaar verkeer terug na die provinsie nog vanmiddag en vanaand sal voortduur terwyl baie mense terugkeer huis toe. Ek is bekommerd oor die getal padsterftes wat reeds hierdie naweek aangeteken is,” het Nkosi-Malobane gesê.

“Ek wil alle padgebruikers aanmoedig om uiters waaksaam op die paaie te wees. Ek wil ook ons wetstoepassers aanmoedig om hul padveiligheidsoperasies te verskerp, insluitend padblokkades om onpadwaardige voertuie en dronk bestuurders van die paaie te verwyder.”

Agt mense is Maandagmiddag (22 April 2019) in ʼn trompop botsing op die R316 buite Napier in die Wes-Kaap dood. (Foto: Verskaf)

Gauteng is egter nie die enigste provinsie wat die afgelope naweek onder padongelukke deurgeloop het nie. Gister is vier mense dood en 19 beseer in ʼn botsing op die R57 tussen Reitz en Kestell in die Vrystaat. Vanmiddag is agt mense dood in ʼn trompop botsing op die R316 buite Napier in die Wes-Kaap.

Sewe mense, onder wie twee kinders, is beseer toe drie motors vroeër vanmiddag op Van Reenenspas op die N3 in ʼn ongeluk betrokke was.

In nog ʼn botsing vanmiddag is ʼn man in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas nadat sy voertuig met twee ander voertuie in Wilropark, Roodepoort, gebots en hy uit die voertuig geslinger is. ʼn Vrou is ook in dié ongeluk beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Joe Olivier

Die publiek wil nie hoor hoeveel boetes geskryf en hoeveel dronkbestuurders daar was en bla bla bla nie. Ons wil hoor hoeveel suksesvolle vervolgings daar was en hoeveel onpadwaardige taxis en hul onbevoegde bestuurders van die paaie afgehaal is. Dan wil ons hoor en sien dat ons belastinggeld spandeer is om paaie op te gradeer en in stand te hou. En dan sal die slagtings dalk minder word.

Johanvz

Ek het ook die indruk van ‘n “slagting” gekry toe ek al die berigte oor die naweek gelees het. Hoewel die naweek nog nie verby is nie, het ek ‘n Engelse nuusberig gelees wat aankondig dat ongelukke met 41% minder is. Hoe is dit nou? Better, sleg of slegter?

Pieter

Solank mense soos varke bestuur sal hierdie goed gebeur. Jammer, maar dis hoe dit is.

Johann

Sou wat wou gee om te weet wat die “profiel” van die pad besetters en misbruikers is?

Gert van Wierdapark

Padvarke regeer die paaie en Ministers van vervoer regeer met media-verklarings terwyl BEHOORLIKE wetstoepassings nie deurlopend in SA plaasvind nie! In Centurion kruip verkeersmense agter kragbokse ens. weg om mense te “skryf” wat dalk nie “dood” stop nie – dan is dit hul 3/5 se woord teen joune! (LW: ek is nog nie so “gevang” NIE) Nerens, maar nerens word rooi robot-padvarke (Potensiele Moordenaars) afgetrek ens nie. Daagliks wanneer ek my dogter by Tukkies gaan aflaai, is dit ‘n Minimum van 3, soms 5 motors wat oorjaag oor ROOI verkeersligte. By Fonteine-Sirkel is dit die ergste vanaf R21 roete na… Lees meer »