Kommer oor talle rooftogte in ooste van Pta

(Foto: pixabay)

Inwoners in die ooste van Pretoria is die afgelope week gewaarsku teen ʼn vlaag gewapende rooftogte en huisbrake in die gebied.

Volgens die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT was daar die afgelope week minstens drie voorvalle net in Garsfontein.

Die voorvalle vind boonop meestal deur die dag plaas.

Leon Muller, streekbestuurder van Fidelity ADT, het inwoners gewaarsku om meer waaksaam te wees, veral noudat die afsonderingsregulasies verslap is en al hoe meer mense terugkeer werk toe.

“Die misdaad is meestal opportunisties, so as jou heining nie veilig nie, buit misdadigers dit uit. As hulle nie in jou huis kan kom nie, vat hulle wat hulle kan uit jou erf of uit geparkeerde voertuie. Wees veral waaksaam oor voertuie wat stilhou en klokkies lui en dan vertrek wanneer iemand antwoord.”

Volgens die veiligheidsmaatskappy is nog ʼn neiging ʼn gepeuter met hekmotors. Dit gebeur meestal tussen 10:00 en 15:00.

Boewe tel in sommige gevalle die hek van die spoor af op, of buig die hek oop en kom só tot in die erf. Wanneer hulle eers binne is, word die hek oopgemaak en kan hulle deur die voorhek instap.

“In sommige gevalle het ons gesien hoe hulle die veiligheidshek of -deur oopruk met toue wat aan ʼn voertuig vasgemaak is,” het Muller gesê.

Inwoners word gemaan om seker te maak hul alarms werk behoorlik en om op die uitkyk te wees wanneer hulle in die gebied rondry. “As jy dink iemand volg jou, moenie in jou oprit inry nie. Ry eerder na jou naaste polisiestasie, ʼn veilige plek of êrens waar daar bedrywighede is. Onthou om net jou hek oop te maak as jy seker is dit is veilig en om dit dadelik weer toe te maak nadat jy ingery het,” het Muller gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Niks en niemand is in hierdie land meer veilig nie. And who do we have to thank…..THE ANC!

Anel ·

Dit is mos nie belangrike misdaad nie. Daar word nie meer patrollies gery om dit te voorkom nie. Dit is baie belangriker om mense te vang wat dalk rook of drink of nie ‘n ou maskertjie dra nie of te naby aan iemand loop ens. Die land is siek, en nie van een if ander virus nie.

Werner ·

Glo nie dit het iets met die verslapping vd reels te doen nie eerder die feit dar honderde duisende mense hulle werk verloor het . Ons gaan misdaad ervaar soos nog nooit tevore nie

marius ·

Kom ruk aan my hek dan kyk ons of julle ssg weerstandig is .

Prikkie ·

Wilde weste …., ek meen wilde ooste.

Bewapen jouself, staan saam, veg terug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.