Kommer oor toename in ontvoerings in Gauteng

Die ontvoering in Raslouw, Centurion is deur veiligheidskameras op video vasgevang.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het Sondag haar kommer uitgespreek oor die toename in voorvalle van ontvoering van vroue en kinders in die provinsie.

Dit volg op die jongste voorval waartydens ʼn 30-jarige vrou Vrydag omstreeks 14:00 in Ivory Park in Tembisa ontvoer is. Volgens Nkosi-Malobane het die vrou glo in ʼn Toyota Avanza-taxi geklim wat haar na ʼn onderriginstansie sou neem waar sy moes eksamen skryf. Daar was twee mans in die voertuig.

“Op pad daarheen het die bestuurder die vrou glo met die hulp van die passasier betas. Die vrou het haar teëgesit en geweier om in te stem tot die bestuurder se ongevraagde seksuele toenadering, waarna sy [teen haar wil] na die Soul City-nedersetting in Kagiso aan die Wes-Rand geneem is.”

Volgens die LUR is die vrou Saterdag teen 03:00 gevind en na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Dokters kon egter nie vasstel dat die vrou verkrag is nie en sy is later weer met haar familie in Tembisa herenig.

Maroela Media het vroeër berig twee vroue is Woensdag helder oordag in Raslouw in Centurion ontvoer. Vier gewapende mans het die twee vroue ontvoer en die voertuig waarin hulle was gekaap. Een van die vroue, Charity Nzuza, is later die aand in Midrand vrygelaat en die tweede het haar man Donderdag in die vroeë oggendure iewers uit Johannesburg gebel nadat sy daar afgelaai is.

“Ek is baie bekommerd oor die koers van ontvoerings van vroue en kinders deur sinnelose misdadigers in ons provinsie. Ons kan nie toelaat dat vroue en kinders onderwerp word aan hierdie soort mishandeling en aftakeling nie,” sê Nkosi-Malobane.

“Ek het die ondersoekspan [van die Tembisa-ontvoering] opdrag gegee om onverpoosd aan hierdie saak te werk. Ek doen ʼn beroep op alle inwoners van Gauteng wat inligting oor hierdie ontvoeringsake het, om dit by die owerhede aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johanna Botha ·

O ja baie bekommered maar niks gaan gebeur nie …die anc het veroorsaak dat daar geen wet en orde in die land is nie ….maar nou baie bekommered ?

Andre Stander ·

En dan sê die wonderlike anc regering dat selfverdediging nie n rede is om n vuurwapen te besit nie, so die anc is besig om die populasie te ontwapen.

Sien dan hoe hierdie tipe aanvalle net vermeerder….

Peter Holmes ·

As ek reg kan onthou het dieselfde LUR die ander dag speletjies op haar selfoon gespeel in die Gauteng wetgewer. Dit terwyl die ernstige misdaad bespreek is. So hier gaan niks gebeur nie

Sarel ·

Terwyl die regering meer bekommerd is oor Politiek. Die Misdadigers se regte word beskerm sodat hulle ANC kan stem.

Magrietha ·

Is omdat daar geen wet of grens is nie.Geld speel n hoofrol in sa.

ES ·

Ek sal myself en my vrou beskerm al word ek van moord aangekla. Geen booswig moet dink hy het enige mag oor my of my gesin se lewe of veiligheid nie.

Spark Plug ·

Sulke voorvalle moenie op n vrydag of naweek plaasvind nie. Die polisie werk nie oortyd nie en op naweke braai hulle by die stasie en wil nie gepla word nie

Skroef ·

Heel beste is…. Drs by eenmil wat nie naweke werk nie. Alles wat fout gaan met pasiënte oor n naweek, moet die verpleef personeel hanteer want dr is eera maandag terug. Noodgevalle moet maar na ander hospitale geneem word.

Theresa B ·

Nou doen iets daaromtrent. Dis nie rocket-science nie!!

Andre Stander ·

En juis daarin, TheresaB, lê ons voortgesette ondergang.. Ons wag steeds vir ‘ander’ om “iets daaromtrent te doen”.

Dan gebeur een van twee dinge – of niks, en die situasie verander nie, óf dit wat gebeur is nie tot enige iemand se voordeel nie, maar slegs die oorheerser s’n.

Sien die dillema van op ander wag?

Flip ·

More mense….ek sien hier op die groep….doen iets omtrent dit….ek vra jou WAT hoekom kom jy nie en wys wat gedoen moet word….op daai oomblik gebeur alles so vinning……DIE probleen le by die regering alles word net afgewater…..hulle is nie gepla nie. Daar IS NIE MEER WET EN ORDER NIE……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.