Kommer oor toename in padsterftesyfer

Argieffoto: Emer-G-Med

Argieffoto: Emer-G-Med

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Dinsdag gesê die dodetal op die land se paaie sal aanhou styg in die afwesigheid van behoorlike en uitvoerbare strategieë.

Die departement van vervoer het vroeër die dag die padsterftesyfer vir die feesseisoen bekend gemaak en gesê die afgelope feestyd was een van die uitdagendste nog wat die departement se hulpbronne tot die maksimum beproef het.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak altesaam 1 714 sterftes is tydens die 2016-’17-feestyd aangeteken, 5% meer as oor dieselfde tydperk verlede jaar.

Die AA het in ʼn reaksie hierop gesê die toename in padsterftes is rede vir groot kommer en dui op ʼn gebrek aan ʼn behoorlike padveiligheidstrategie om die slagting hok te slaan.

“Op die oog af lyk die toename klein, maar die werklikheid is dat die getal nie stabiliseer nie en belangriker, afneem nie,” het die AA gesê. “Die departement en minister sê dieselfde as wat hulle verlede jaar gesê het en die situasie verbeter nie.”

Die AA het daarop gewys dat verskeie vergaderings en forums wat deur die jaar gehou is, blykbaar geen merkbare uitwerking op die padsterftestatistiek gehad het nie.

“Ten spyte van verskeie bewusmakingsveldtogte deur die jaar waarna die minister verwys, het dit geen uitwerking op die dodetal gehad nie. Dit is tyd dat meer drastiese stappe gedoen word om die kwessie te hanteer.”

Die AA meen die aantal padblokkades moet nie net in die feestyd toeneem nie, maar regdeur die jaar gehou word. “Motors wat geskut is, kon al maande gelede van die paaie verwyder wees. ʼn Indrukwekkender syfer sou ook opgelewer word as meer bestuurders van die pad af getrek word vir roekelose en nalatige bestuur.”

Die assosiasie het die probleem ook toegeskryf aan ʼn gebrek aan wedersydse respek onder motoriste vir hul eie lewens en die lewens van ander bestuurders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Die rede vir hoër syfer is
1.geen dissipliene
2.onverdraagsaamheid
3.gekoopte lisensies
4.onbevoegde bestuurders
5.skelm speedkops
6.geen respek vir padreëls
7.geen respek vir lewens
8.korrupsie
9.1ste wêreld kar 3de wêreld land
10.swak president geen leierskap

Ek stem saam ·

Jy is 100% in die kol Johannes!ek dink hulle moet laat almal hulle bestuurders lisensies van n sekerre tyd bv van 1994 af laat oor doen om so doende al hierdie mense met hul gekoopte lisensies wat geen benul het van pad reels en verkeerswette van ons land se paaie af gehaal word! Dan sal daar dalk minder ongelukke wees op die paaie. En die jaagduiwels se lisensies moet se mier weg gevat word! Dronkk bestuurders moet ook ontneem word van hul lisensies vir lewenslank! Dan sal daar minder ongelukke en minder voertuie op die paaie wees. Laat al die Taxi bestuurders hulle lisensies oor doen en daarna sommer elke maand sodat hulle kan leer om die wet en verkeerswette toe te pas. Dis wat ek se moet gebeur in hierdie land!

rudi ·

Daar is eintlik net een probleem en dit is wetsgehoorsaamheid wat nie bestaan in die Afrika kultuur.

Driekie Grobler ·

Die oorsaak is beslis onbevoegde Bestuurders. Elke Janrap en sy maat plak deesdae n rooi L op hulle venster en durf die pad aan. Ons kry daagliks met sulke bestuurders hier in Pta te doen. Hulle ken nie die padreels nie en maak net soos hulle wil.

Gert ·

Ek dink nie enige strategie sal help nie solank mense totaal onverantwoordelik op die paaie is nie. Menige foto van ongelukke wys dat sperstrepe verontagsaam is. Kyk maar die veronagsaming van padreëls elke dag. Vir my tree baie bestuurders krimineel op.

Joe ·

Ek stem saam met jou Johannes …. wat nog van mense wat nie wettige bestuurders lisensies het nie , onpadvaardige voertuie / taxis …. oorlaaide voertuie …. spoed vrate ….
Ek dink die departement van verkeer moet alle persone se bestuurders lisensies op skort wat hulle skuldig maak aan oortredings vir 5 jaar & dan weer heraansoek doen van vooraf !
Enige persoon wat sonder wettige bestuurders lisensie ry , moet onmiddelik toe gesluit word & gevonnis word soos enige ander misdaad !! Dit is uiters skokkend hoe mense kanse vat & overtake op plekke wat nie veilig is nie , insluitende spoed vrate !!

nora visser ·

Die paaie is in n nare toestand in die vrystaat potholes waar jy kyk en stem

Lappies Labuschagne ·

Daar moet egter onthou word dat die kilometer afstand oor Desember en paasnaweek en seisoentye baie hoer is as gewone maande. Die hoe sterftesyfer bky egter onaanvaarbaar

Spoed en ongeduld ·

Ons het ‘n reel gemaak vir onsself, dat ons op die geel streep mag ry sodat iemand van agter wat ‘haastig’ en ‘vinniger’ wil ry kan verbykom. Ons moet dit stop. Dit het ‘n gewoonte gemaak dat almal kan jaag tot op die volgende motor se agterkant en hulle net moet pad gee. As die motor nie wil nie, dan gaan ek eenvoudig verby met verkeer letterlik meters voor my aankomend verby en voel ek ‘n veer vir die res van die verkeer. Dis die houdings wat moet stop. Mense het te ongeduldig geraak en alles moet gebeur soos hulle wil. Ons woon in die Kaap en dit was skrikwekkend hoeveel Vrystaat en Gauteng registrasie nommerplate net eenvoudig sou verby jaag ten spyte daarvan dat ons reeds 120km ry soos wat die pad spoed aandui. Voor dit nie stop nie, gaan die ongelukke nie stop nie.

Andrea ·

Die probleem is die trokke. As hulle nie links van die geel lyn ry nie, raak mens so gefrustreerd; jou spoed is naderhand 60km n uur, maar jy kan nie verby gaan nie. Dis n genade dat daar darem wel trokke en stadige voertuie is wat wél padgee.

Annie ·

Le beslag op die voertuig. Totdat boete betaal is. Skort lisensie op en doen van vooraf aansoek. Boetes moet nie goedkoop wees nie .. afhangend v d oortreding

Jacques ·

Weet nie hoekom hulle nie in ag neem hoeveel meer voertuie nou op die pad is nie in vergelyking met laas jaar. 5% meer ongelukkig beteken niks as daar jaarliks 25% meer voertuie op die pad is nie. As jy my vra dan doen ons eintlik goed.

Jan ·

Een van die grootste probleme is die effektiewe polisiëring van die verkeers reëls. Die verkeersbeamtes is of laks om hulle werk te doen, of hulle kyk hoeveel “cho cho” geld hulle kan maak ten koste van die wetsgehoorsame motoris. Verdraagsaamheid en toepassing van die regte verkeersreëls deur alle bestuurders in die land sal n verskil maak. Indien wetstoepassing nie streng en eerlik uitgevoer word nie, gaan daar nog baie treurverhale op ons paaie wees.

Alida ·

Lisensies word al vir jare gekoop. Wat verwag hulle? Niemand stel ondersoek in nie. Siek spul

Michael barnard ·

Hul moet kyk na vragmotors wat motorriste vas hou dat dit lyk soos n trein wat aan kom dan begin mense kanse vat om net verby te kom. Ry 80kpu terwyl motors 120kpu kan ry maar niemand sien dit raak.

Andrea ·

Die probleem is die trokke. As hulle nie links van die geel lyn ry nie, raak mens so gefrustreerd; jou spoed is naderhand 60km n uur, maar jy kan nie verby gaan nie. Dis n genade dat daar darem wel trokke en stadige voertuie is wat wél padgee.

Chris Ws ·

Michael barnard,die WET vereis dat swaar vragmotors nie vinniger as 80km/h mag ry nie.Ek het een trip saam met my swaer gery Durban toe en hy moes heeltyd sy spoed op die N3 dophou want daar’s kort-kort spoedlokvalle.Dan is daar die talle weegbrugge wat tyd vat ook nog . . . .
Dan waar die spoedgrens 120 of 100 of wat ook al aangedui word beteken dit nie jy MOET op die spoedgrens spoed ry nie.Dit beteken jy mag nie vinniger as die aangeduide spoedgrens ry nie maar jy MAG wel stadiger ry as jy so voel.Ek stem dat mens nie moedswillig ander verkeer moet ophou nie maar my voertuig se beste brandstof verbruik is op 110km/h op sy spoedmeter wat 102km/h werklike spoed is so ek ry waar ek kan daai spoed maar ry vinniger as die spoedgrens 120km/h is en verbygaan moeilik is.Op snelwee geniet ek my want daar kan ek met veiligheid in die stadige baan my spoed ry.

Chris Ws ·

Die minister van vervoer moet vir ‘n slag SELF haar voertuig bestuur en sommer van Beitbrug na Kaapstad en Zeerust na Komatipoort en Johannasburg na Durban toe ry dan sal sy mooi sien wat op ons paaie aangaan en weet hoekom die ongeluks syfer so hoog is EN weet wat daaromtrent te doen.Om in haar kantoor te sit en planne probeer uitwerk om ongelukke te verminder is nutteloos.Doeltreffender en baie strenger wets toepassing REG DEUR DIE JAAR is al uitweg.

snoefie ·

elke tom, dick en thabo gaan met n trok vir kode 10 rybewys, klim in kode 8 kar en daar gaan hulle. soveel aksies wat nie deur kode 10 toets gedoen word nie maar broodnodig is vir kode 8. het hulle nie paar jaar gelede beslis kode 10 mag net kode 10 voertuig ry, kode 8 net kode 8 voertuig ens nie? hoekom word dit nie afgedwing nie?

ken benoni ·

Daar is baie oorsake vir hierdie hoë sterfte syfer, kom ons begin by ‘n punt om oorsake te noem en dan tesien of daar nie oplossings te vinde is nie.
Groot volumes verkeer met swaar voertuie omdat daar geen spoorweg stelsel meer bestaan nie, dit een van die hoof redes waarom daar soveel trokke op die paaie is en baie van die trokke loop slegs half vol / leeg in sommige rigtings. Köordieneer vragte, dit sal baie help maar tyd wat geld is, verooroorsaak probleme vir meeste mense. Kry weer betroubare spoorstelsel opdreef , sal ook werkloosheid aanspreek.
Toets Verkeersbeamptes, baie het slegs beperkte kennis van pad rëels of regulasies .
Ander oorsake: Alkohol, selfone wat gebruik word gedurende bestuur, dwelms, onpadwaardige voertuie, oorlaaide voertuie, hoë spoed wat bestuurders nie kan hanteer nie, die NIE toepassing van weer, Strenger wetgewing moet kom en korrupsie moet beveg word begin ons self .

Jordaan ·

Ook weer baie voetgangers, waarvan baie ook onwettige optree, maar waarvoor daar hoegenaamd geen wetstoepassing plaasvind nie

ken benoni ·

Daar is etlike redes vir die sterftesyfers:
1) Hoë volume trokverkeer — geen behoorlike en betroubare spoorverkeer meer.
2) Bestuursvermoeidheid –nie genoeg rus tye.
3) Onvoldoende opleiding van bestuurders
4) Drank misbruik
5) Dwelms
6) Selfone — tik en gesels terwyl hulle bestuur
7) Onpadwaardige voertuie
8) Bloulig Bregades
9) Swak pad toestande — rëen en mis
10) Paaie wat nie Instand gehou word nie
11) Wets ongehoorsaamheid — traak my nie agtigheid
12) Onvoldoende opgeleide en korrupte polisie beamptes
13) Die strawwe is telig en behoord baie swaarder te wees…..
14) Höe spoed
Ons kan aan gaan maar as ons nie meer Respek het vir ons Leiers en ons-self nie is alles verniet en sal die slagting voort duur.
Opvoeding is dalk die oplossing!!??

Danie ·

Die volgende statistiek oor misdaad gedurende die vakansietyd is beskikbaar gestel deur Free West Media. Daar was gemiddeld 44 moorde per dag, 181 seksuele oortredings per dag, 44 pogings tot moord per dag, 509 ernstige aanrandings per dag, 473 gewone aanrandings per dag en 290 ernstige rooftogte per dag. (Soek vir A crime-filled South African Summer holiday)

Jan ·

Ons was Kaap toe en dit is verbasend hoeveel mense ignoreer pad tekens vir blinde hoogtes en gaan oor dubbel sper strepe. Ek het n paar keer yskoud geword want nie net sit hulle hul eie lewe in gevaar nie maar ook alle bestuurders rondom hulle

neelsie ·

Al die bg redes kan waar wees ……….as daar nie voldoende wetstoepassing is nie , sal geen wet die toestand verbeter nie.
Sg wetstoepassers sit onder die bome met spoed-kameras,net om n paar rand te maak, intussen ry en maak almal net soos hulle wil.
Die arme minister lewe in n ander wereld-skoon verdwaal!!
Duidelik is die verkeersamptenare net so onbevoeg om die probleem te hanteer.

Mareli ·

Ek sien op die paaie dat min mense hulle veiligheidsgordels dra, en dat kinders nie in karstoeltjies ry nie. Dit sal ‘n baie goeie begin wees as ons net dit kan vermag. Ek stem saam oor die wetloosheid, maar dit gaan baie jare vat om te verander.

Ansie ·

Daar is ‘n oplossing vir die probleem,welles waar ‘n radicale een maar dit werk, laat alle moters ouer as 3 jaar ‘n ry waardigheids toets afle, dit is wat hier in Europa gedoen word ,dit sal al die wrakke van die pad afhaal, dis nommer 1, dan moet daar ‘n deuglike rijbewys ingevoer word. Ek weet dit klink erg radicaal, maar iets moet verander op die paaie, en die controles moet beter gehandhaaf word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.