Kommer oor toename in plaasaanvalle in Noordwes

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Die VF Plus is bekommerd oor die skerp toename in plaasaanvalle wat oor die afgelope drie weke in Noordwes aangemeld is.

In die jongste voorval is ʼn boer van die Ottosdal-omgewing Dinsdagaand deur drie aanvallers op sy plaas aangerand en van kontant, ʼn 9 mm-pistool en ammunisie, kredietkaarte en sy bakkie beroof.

Hierdie aanval is die vyfde ernstige plaasaanval in Noordwes die afgelope drie weke.

“Alhoewel daar baie aanvalle is, kan wel gesien word dat die vinnige optrede en samewerking van boere, plaasbeveiligingstrukture en die polisie, vrug begin dra,” het Fanie du Toit, VF Plus-LP, gesê. “Dit word weerspieël in die groter getal aanvallers wat in hegtenis geneem word, asook voorvalle waar aanvalle voorkom of onderbreek is weens die vinnige reaksie van beveiligingstrukture en ander voorkomende maatreëls.”

Die VF Plus bedank alle rolspelers in landelike gemeenskappe wat bydraes lewer om boere en plase te beveilig. Dit bly belangrik om paraat te bly, aan te sluit by plaaslike veiligheidstrukture en mekaar te ondersteun.

Die VF Plus doen ook ʼn beroep op die polisie om steeds nouer met die plaaslike landbou-gemeenskappe saam te werk om misdaad teen landbouers hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jack ·

Dankie dat n lewe gespaar is maar met die wapen wat geroof is sal daar dalk n klomp sterf. Wapens moet aan jou lyf wees en gebruik word binne die raamwerk van die wet. Paraatheid is al teenvoeter wat die boer het. Wees bedag vertrou niemand wat nie deel is van jou gesin nie. Kry wit hulp op jou plaas om te help met jou veiligheid.

Grassie ·

Dit is vir my kommerwekkend dat die gewone landsburgers nie meer op hoogte gehou word van die omvang van plaasaanvalle in die land nie. Die TV nuus berig baie selde daaroor en selfs Maroela se dekking daaroor is maar eina-eina. ‘n Mens verkeer onder die indruk dat dit redelik goed gaan met ons boere, intussen duur die gewelddadigheid voort.

Olly ·

Hou tog op “bekommerd” wees en DOEN iets daaromtrent. Vaderland!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.