Kommer oor toestand van strukture by Pretoriase skole

(Foto verskaf)

Die bestuur van die Laerskool Wonderboom-Suid in Pretoria het die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) genader oor die toestand van dié skool se infrastruktuur nadat dit Dinsdag heropen het – sonder enige elektrisiteit.

Luidens ʼn verklaring deur die SAOU het die skoolhoof van die Laerskool Wonderboom-Suid die SAOU op 30 September ingelig dat dié skool nie geskik is om op 1 Oktober te heropen nie, aangesien kragdrade uit die skool se plafon hang en oop kragbokse ʼn veiligheidsrisiko vir leerders inhou.

Volgens die SAOU is die skool se sukkelende infrastruktuur reeds verlede jaar onder die Gautengse departement van onderwys (GDO) se aandag gebring waarna verteenwoordigers van die departement die skool besoek en die erns van die probleem beaam het.

(Foto verskaf)

Tot op hede is daar egter geen veranderinge by die skool aangebring nie, met onbevoegde elektrisiëns wat deur die departement aangestel is om bloot by die skool op te daag, sonder bewys van die nodige kwalifikasie, lui die verklaring.

“Hoewel die boustrukture [van die skool] tekens van ernstige strukturele agteruitgang toon, is geen stappe gedoen om enige gevaar of potensiële gevaar vir die veiligheid en gesondheid van die leerders en personeel by die skool uit te skakel of te verminder nie,” sê Johan Kruger, operasionele direkteur van SAOU.

Nóg ʼn skool met problematiese infrastruktuur is die Prinshof-skool vir swaksiendes en blindes in die Pretoriase middestad.

“Kontrakteurs is in 2014 deur die provinsiale departement van infrastruktuur aangestel om dié skool ‘van kant tot kant’ oor te doen,” verduidelik Dirk Bloem, voorsitter van die skool se beheerliggaam.

Dié werk is sowat vyf en ʼn half jaar later steeds nie voltooi nie.

(Foto verskaf)

Om sake te vererger het die skool in Februarie vanjaar ernstige probleme begin ondervind toe die skool se bedrading beskadig is en klaskamers se ligte “letterlik uit die dak ontplof het”, sê Bloem.

ʼn Loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark het dieselfde maand ineengestort en die lewens van vier leerders geëis.

Volgens Bloem beloop die skade wat in dié tyd aan elektriese toerusting aangerig is sowat R650 000.

ʼn Inspekteur is laat kom om ʼn verslag van die skade op te stel wat aan die GDO oorhandig is. Dié departement het die verslag toe aan die departement van infrastruktuur oorhandig.

Later is die departement van arbeid ook betrek, wat op sy beurt beslis het dat daar gedurende die bouwerk skade aan die skool se brandtrappe aangerig is.

Die skool se sowat 440 leerders kon te midde van die chaos nie in die skool se klaskamers geakkommodeer word nie en is elders gehelp, insluitend in die skoolkoshuis.

“Ons het vergaderings op vergaderings gehou. Die moeilikheid het in Februarie vanjaar begin. Ons is nou in Oktober. Niks is reggemaak nie,” verduidelik Bloem.

Melanie Buys, ʼn onderwysspesialis by die Skoleondersteuningsentrum (SOS), het Donderdag aan Maroela Media gesê onveilige skoolstrukture is ʼn wesenlike probleem aangesien die meerderheid skole reeds jare gelede opgerig is.

“Dit neem jare van op die departement se nek lê voordat hulle reageer en wanneer die departement eindelik ʼn kontrakteur aanstel om herstelwerk aan te bring, is dié kontrakteur gewoonlik onbekwaam.”

Volgens Buys is dit leerders wat spesiale onderrig benodig wat aan die kortste ent in die provinsie trek. “Die departement laat dié kinders in die steek.”

Bloem glo egter dat die vinger nie bloot na die departement van onderwys gewys kan word nie, maar eerder na die departement van infrastruktuur. Hy voer aan dat Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, ‘nog altyd akkommoderend’ teenoor Prinshof-skool vir swaksiendes en blindes was.

Maroela Media het die departement van onderwys om kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Boer. ·

Tot iemand weer seer kry of sterf dan hol lesufi weer soontoe en maak ‘n hengse lawaai om weer in die nuus te wees.

Outoppie ·

En intussen spandeer Lusefi nie die geld wat hy moet nie aan skole. Ry natuurlik “grand” kar en val Solariteit aan wat hul geld bestee wasr dit nodig is

Peet ·

Deel van ANC en Gauteng onderwys se stelsel van beplande “dumbing down” . Goedkoper as opheffing. Dan is daar nog uitstaande naamsverandering, hofsake ens.

JohanR ·

Kan rerig nie verwag dat hulle by skole moet uitkom nie. Te besig by Nkandla, en ministers se privaat woonings. Hardloop Lefusi, hardloop. Nee wag, dit is is Afrikaanse skool soe Lefusi sal eers in 2020 daar aankom! Kan die naam van Laerskool Wonderboom-Suid, altyd verander na WonderTree-South Primary toe ou Lefusi, dan sal die krag sommer in ‘n uur reg wees ne ou Lefusi?

James ·

Los vir Lefusi uit, hy te besig om afrikaans uit te roei en ook die van ons wat wit is goed bou vir afrikaans stop te sit.

Vader weet hoe die mense se vendetta hulle besig hou en juis niks doen wat hulle moet nie….

PPP ·

Lefusi die eie kommunis van die ANC het self nog nie eers twee bakstene opmekaar gepak om iets te bou nie hy kan ook nie.

Rudy ·

Who’s problem is that?
It is not our taxpayers problem.
Bring back corporal punishment, Christianity, rules, respect, and discipline then we will talk.
Why must we repair the schools if there is children whom ill-manared, disrespectful and un-educated just to name a few pointers.
Some parents must wake up because their children will be criminals one day and then whom are they going to blame. Hopefully Van Riebeeck again…
If the court rules that you can’t punish your child anymore how many jails do they need to build to host all South African parents… think about that!!!!!

Johan ·

Nou wonder ek waar is die LUR verantwoordelik vir Departement van Infrastruktuur.

Heksie ·

Nee jong sodra hulle hulle skole afbrand dan spring daai Lesufi so hoog hy maak some n wereld rekord in hoogspring. Maar kla ons dan gee hy i ignore of dowe oor.

Gemaskerde Sopbeen ·

Is dit nie so dat “Voormalige Model C skole” nou Publieke skole geword het, en dat deel van die “ooreenkoms” tussen beheerrade en die Departement van Onderwys is dat “skoolfonds” aangewend word vir onderhoud van infrastruktuur nie? Die Department voorsien boeke, die geboue en perseel, en die “gebruikers” daarvan onderhou die plek en betaal die water en ligte rekening? Ongelukkig het skoolfonds toe begin om “rugbyspelers” van ander skole te “koop” met “beurse”….terwyl die skolewet uitdruklik sê dat ALLE ouers skoolfonds sal betaal, tensy hulle amptelig aansoek gedoen het vir vermindering of kwytskelding. Die skoolfonds het ook ‘n “werkskeppings-oase” vir blanke onderwysers geword….wat dag en nag gatkruip by die beheerliggaam-koning om hulle poste te behou….en daar val die infrastruktuur in mekaar!! Dis tyd dat ouers begin om skole by die Departement te koop…….en as privaat besighede te bestuur. Skoolfonds sal onmiddelik daal….

Ouer ·

Jy moet ophou sop snuif! Gaan kyk na enige skool se ouditeurs verslae dan sal jy sien waar elke sent spandeer word. Jy mors spasie op Maroela Media. Skakel jou internet af dan sal jy dalk meer van jou sasa geld oor hê!

Boer ·

Weet jy nie dat elke skool se finansies ge-oudit word nie? Weet jy nie dat dit deur die departement asook onafhanklike ouditeurs gedoen word nie? Weet jy nie dat die ouditeurs sal sien as daar een sent wanspandeer word nie? As jy dit nie weet nie dan weet jy nie veel nie!

Hoof ·

Mense wat so aanvallend is teenoor skole of onderwysers se kinders sukkel gewoonlik op skool. Pille soos rittalin, concerta of stratera help vir ADD of ADHA maar daar is nie pille vir domgeid nie!

Gemaskerde Sopbeen ·

OEEE….krap ek toe ‘n ou senuweetjie daar raak? Shame, ou ouertjie, glo ook alles wat in die “ouditeursverslae” staan, maar weet nie eintlik hoe om dit te lees nie, doen jy? Good luck vir jou. Ek het ‘n kind wat ‘n “ouditeur” is…….jy kan daarin skryf NET wat jy wil, en die ouers vreet dit vir soetkoek op. En selfs “die HOOF” skryf vir my pille voor asof hy ‘n dokter is? Shame man. Gaan verduidelik liewer vir die arm ouers wat jou ryk maatjies (wat seker almal ook op jou “beheerliggaam” sit?) se kinders se skoolfonds betaal met jou onkonstitusionele “beurs skema” waarmee jy die wet breek, en dan dieselfde wet gebruik om ouers wat swaarkry hof toe te sleep vir skoolfonds. Ek weet, ek het van daardie ouers bygestaan en gehelp teen jou en jou soort. O ja, nie een van my kids het gesukkel op skool nie. Handevol onderskeidings en toekennings gekry……en vandag uiters suksesvolle gegradueerde professionele mense……ten spyte van jou en jou “beheerliggaampie”!! Shame man.

Christa ·

Hoe Kom dit so flentets? Laat hulle daar skoolgaan want hulle mag Mo’s nie oak kry nie.

Zandra Jordaan ·

Waar bly lesufi nou….o ja…hy bly stil Plaas die nar doen sy werk en hou op kwibbel oor die Afrikaanse taal

EO ·

Genade!! Dit lyk of daar ingebreek is by daai Laerskool. Maar, die Regering stel meer belang om skole se name te verander, as om na die skole se belange om te sien.

De Villiers ·

Hierdie is maar net nog ń bewys dat die ANC in totaliteit nie-rehabiliteerbaar en onbevoeg is vir die blote feit dat hulle na die Hoërskool Driehoek se tragedie in die begin van die jaar steeds nie uit hul foute geleer het nie. Daardie tragedie het die laksheid van die ANC blootgelê, en die wêreld het te velde getrek daaroor. Hulle het hart en mond belowe dat hulle meer aandag aan instandhouding by staatsskole sal gee, maar met hierdie nuwe bewyse dat hulle steeds nie instandhouding doen nie, m die ware kleure van die ANC na vore: Onbetroubaar, sonder integriteit, geen skaamte, geen inbors, leuenaars, kortsigtig, gevoelloos, leer nie uit foute nie. Dis hoekom die hele staatsdiens en ekonomie so lyk. Hul kiesers moet dan net so wees.

Lee ·

Daar is net nou die dag gesê hoeveel geld nie gebruik is nie. Lesufi moet bietjie sy werk doen en die skool regmaak maar duidelik dink hy sy werk behels net om afrikaanse skole se naam te verander. Doen jou werk Lesufi en spandeer geld om skole reg te maak. Dis baie gevaarlik!!

khat ·

DAN WIL DAAI MES LUSIFI SY MOND REK PLAAS DAT HY SY WERK DOEN WYS NET ANC KAN NET AFBREEK EN VERNIETIG

LK ·

Ag regtig Boer die ouditeure kon nie eers KPMG se korrupsie betyds agterkom nie wie stel in die bietjie geld van die skole belang huh?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.