Kommer oor tolgeldstygings se tol op motoriste

Argieffoto

Met tolgelde wat Vrydag by tolhekke landswyd gaan styg, het die Automobiel Assosiasie (AA) sy kommer uitgespreek oor die impak van hierdie stygings tesame met verhogings in brandstofheffings wat ook binnekort in werking tree.

Die assosiasie sê in ’n verklaring dat motoriste beslis die verhoging in brandstofheffings wat op 3 April in werking tree, die koolstofbelasting op brandstof wat in Junie in werking tree, die waarskynlike verhoging in brandstofpryse in Maart en nou ook die styging in tolgeld, aan hul sakke sal voel.

Die AA sê hoewel tolgelde vir die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP) in lyn met inflasie styg, bied dit nié vertroosting vir motoriste wat nié verhogings in hul lone of salarisse ontvang het nie of vir die wat selfs minder verdien.

“Dit kan gerieflik wees om verhogings in tariewe in lyn met inflasie te hou, maar die realiteit is dat veelvuldige stygings in belasting, heffings en tolgeld ’n kumulatiewe effek sal hê. Verbruikers wat reeds sukkel om kop bo water te hou in ons brose ekonomie, sal nou onder nog meer druk verkeer, met die gevolg dat baie mense gedwing word om besluite te neem oor hoe om hul e-tolgeld te betaal. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) mag dalk nié van die uitkoms van hierdie besluit hou nie,” sê die AA.

Volgens die AA is dié aspek veral belangrik, gegewe SANRAL se erkenning in die parlement in 2017 dat slegs 30% van motoriste e-tol betaal.

“Ons doen ’n beroep op Sanral om in ’n sinvolle dialoog met die motorisgemeenskap in Gauteng te tree in plaas daarvan om tolgelde bloot jaarliks ​​te verhoog. Deur tolgelde te verhoog, plaas SANRAL net nog meer druk op die 30% wat reeds betaal, in plaas daarvan om ’n nuwe oplossing vorentoe vir alle padgebruikers te vind en die oorblywende 70% wat nie betaal nie in die prentjie te bring,” sê die AA .

Volgens die AA jaag ʼn verhoging in tariewe nié net meer uit motoriste se sakke nie, maar maak dit sake moeiliker vir diegene wat opsoek is na werk aangesien min van hulle die huidige vervoerkoste kan bekostig, laat staan nog ʼn verhoging in pryse. ​​ “Dit is veral kommerwekkend gegewe die land se hoë werkloosheidsyfer,” sê die AA.

Die elektroniese tolwese (ETC) het met kommer gereageer op die AA se veroordeling van die 4,13%‑prysverhoging vir geregistreerde e-tolgebruikers in Gauteng.

“Dit is waar dat die maandelikse perk vir geregistreerde e-tolgebruikers met R10 in lyn met inflasie gaan verhoog – van R266 na R276 per maand. Geregistreerde e-tolgebruikers kan egter hul bydrae tot die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP) beheer te danke aan die R276-beperking vir onbeperkte gebruik,” lui ʼn verklaring.

ETC wys daarop dat die faktore wat tot die inflasieverwante verhogings lei, soos die verhoging in Suid-Afrika se wisselkoerse, die internasionale olieprys of kleinhandelpryse, buite ETC en SANRAL se beheer is. “Ons het ook geen sê in die bedrag wat aan die regering betaal word in brandstofheffings of koolstofbelasting nie.”

Volgens ETC maak tolgelde dit moontlik om terug te belê in die padnetwerk. “Om te verseker dat Gauteng die sakereus van Suid-Afrika bly, moet hierdie netwerk behoorlik in stand gehou word en nuwe paaie dringend gebou word.”

ETC moedig alle padgebruikers met uitstaande e-tolskuld aan om Sanral te kontak om ’n betalingsreëling te tref. Kontak Sanral by 0800 726 725.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jacques ·

Ja tipies ons regering se mentaliteit , skop n hond as hy le . Hoe ironies is dit nie dat die regerings mense met “branded” klere soos Daniel Hector ens kan rond loop terwyl die mense wat sorg dat hulle in die poste is letterlik kripeer , ek skaam my dood . Die kiesers ly altyd aan die kortste end , dit is net voor die verkiesing dat baie wonderlike beloftes gemaak word en daarna gebeur daar niks behalwe betaal vir nog foute van die regering se kant af .

J ·

Jaaaa petrol heffing en tolhek is die maklikste om die tax payer te tax tot daar niks meer oor is nie.

ne ·

Kan iemand asseblief vir my verduidelik hoekom ons lisensiegelde betaal? Is dit nie vir paaie instandhouding nie?? Het gister lisensie gaan uitneem vir ‘n bakkie. R660 plus R72 transaction fee. Totaal R732. Nou tel al die voertui in die land plus swaar vragmotors. Waaraan word die geld bestee?

DAAR GAAN ONS WEER ·

my opskrif se net meer oor nog meer geld uit te gee,en ek is n e-tol registreer persoon, dit meen ek moet nog meer betaal as al die wat nie betaal nie, so onregverdig nog nooit gesien nie. ek dink ek gaan myne skanseleer dan val ek maar by die ander in wat nie betaal nie.

Pieter ·

Dit is baie maklik om nie gemelk te word nie. MAAK SOOS EK. MOET NET NIE BETAAL. Jy betaal mos reeds brandstof heffings om ALLE paaie instand te hou

wraggies ·

Hierdie regering maak van wetsgehoorsame mense kriminele weens hulle uitbuitery en korrupsie.

Gansie ·

Ek verstaan ook nog steeds nie hoekom ek tolgeld moet betaal om by my werk te kom en dan weer huistoe te gaan nie. Hoekom is daar in die noorde van Pretoria tolhekke wat na woonbuurte toe gaan? Ons het daarteen ook geskop maar dit het op dowe ore geval. Ek betaal omtrent R600 per maand om deur daai tolhekke te ry, dit sluit nie die Etag gantries op die Gauteng paaie in nie. DIS BELAGLIK HOE ONS UITGEBUIT WORD!!!

C ·

Alles styg en ons moet meer betaal maar waarvoor? Die lang val uit mekaar uit!!!! Die regering soek net meer en meer en meer geld en wat het hulle om daarvoor tw wys? Net leë takeaway bokse na elke meeting???? Pateties!!!!

Tanya ·

Die is 100% reg op tol heke op te sit.Die etol moet ook om gesit word in tol heke om al daai pensoine terug te kry.

Smirre ·

Ek vermoed dat van die paaie lankal betaal is met die tolgeld gevorder reeds, ek verwys veral na Bakwena tolhekke by N1 Sefako Makgatho (Zambezi rylaan) afrit. Dit is al jare in bedryf, hou verkeer op veral Vrydae middae, dra nie by tot beter verkeers vloei.

Ja swaer ·

Dis belaglik wat in hierdie land aangaan, in Gauteng veral. As jy tussen Centurion en Montana ry elke dag (soos ek) betaal jy nou reeds R10.50 twee maal per dag plus die etol hekke op die N1. Die tolgeld by Zambesi op en afritte styg ook soos die etol. So die AA moet die groter prentjie veroordeel, dit nie net etol nie, dis die tolhekke self ook. En ETC moet ophou om die situasie te probeer ‘sugar coat’. Hulle is not Sanral se voorprater omdat hulle geld vreet om Sanral se etol te probeer inwin. Ek gaan nou definitief minder etol betaal om die verhogings in beide tariewe teen te werk. End of story. Ek betaal net bietjie sodat ek nie geteiken word nie, ek weier mos nie om te betaal nie, ek betaal net stadig

RK ·

hoekom moet ek ook al die heffings betaal as ek nie Gauteng se paaie gebruik nie? So hulle vat sommer my geld vir iets wat ek bitter min gebruik, op ‘n daaglikse basis. Nice.

Tarien ·

Ek WEIER om etoll te betaal. Noem my wat jul wil, kryt my uit, maar in my beskeie opinie is dit die wit middelklas wat die ergste getref word

Leon ·

So interessant dat die Weskaap, niks met e-tol te doen wil hê nie, maar hul paaie is verseker die beste in Suid Afika! Ons gaan twee maal per jaar Wes Kaap toe, en elke keer is hul besig met NUWE paaie, deeglike herstelwerk, om nie eens te praat van skoon stilhou plekke langs die pad nie. Van die Kaap af terug, hoe verder Noord, hoe swakker die paaie.
So, die Kapenaars doen iets reg!

Heksie ·

Stuur my ‘n rekening van ‘n volle R8.95!!!! Regtig!!!!!
Soek maar lekker vir daai geld. ek betaal heffing op die petrol vir die onderhoud van die paaie, sal NIE ‘N SENT VERDER BETAAL NIE!!!!!

Johann van Cullinan ·

Ek sal nie e-tol betaal nie. Ek het nou die dag ñ rekening gekry, met ñ foto wat wys ñ taxi ( Toyota Quantum ) het deur een van die kameras gery en raai wat, die regestrasie nommer behoort aan my motorfiets, maar die taxi ry met my nommerplaat nommer rond.
Vat my hof toe. Ek sal nie betaal nie. Wie gaan die geldigheid van eienaarskap na van al die voertuie. Nee wat. Gaan blaas doppies.

Stefan ·

Kruger Wildtuin toe (ek gaan oor die naweek), vanaf Randfontein tot by die Malelane-hek, is die tolgeld wat vanaf 1 Maart gehef word die volgende: Op die N1 se ‘gantries by ‘Barbet is dit R3.71 en R3.60 by Indlazi. Op die N4 se Bakwena tolhekke: Diamond Hill = R37; Middelburg = R62; Machado = R93 en Nkomazi = R70. Totaal eenrigting is R269.31. Totaal tweerigting is R538.62!! Ek het ‘n etol skyfie en betaal Gauteng etol :>( , maar van die totale bedrag van R528, is net sowat R15 Gauteng etol. Die res, R513, is BAKWENA tolgeld!!

Motoriste van Pretoria wat verplig is om die Bakwena beheerde Stormvoël (R9.50) en Zambezi (R11.0) tolhekke te gebruik, kan met reg die m … in wees vir die belaglike tariewe wat die Bakwena konsessie hef, so-ook almal wat die buitensporige Bakwena tariewe op enige van hulle tolroetes moet betaal!!

J ·

So sal die regering ons arm mense steeds belas van ons arm mense het nie eers n bord kos om te eet nie per dag.

Gatvol Uitgesuig ·

Solank as wat ‘n sekere bevoordeelde seksie van padgebruikers (wat ironies genoeg, die meeste bydra tot ongelukke op paaie) gevrywaar word van tolgeld, sal ek myself ook vrywaar van tolgeld, daar is genoeg plekke waar ek reeds uitgebuit word (Eskomtariewe, munisipale fooie, persoonlike belasting, universiteitsgelde) terwyl die bevoordeeldes net skep….
Die tollenaars kan in hulle gantries in ry…

Lerato ·

Party betaal etol en party betaal nie.

Word mense vervolg wat nie betaal nie?

Cherokee ·

Is daar ‘n tolvrye roete tussen Natal en die Tranvaal wat bruikbaar is? Vereis die wet steeds alternatiewe roetes om tolpaaie te wettig?

Susan ·

Ek betaal nou ‘n volle R30 per dag by die Doornpoort tolhek. Want vir die arme skape van Doornpoort is daar nie ‘n plaza nie, jy betaal dieselfde as die manne wat van die weste af kom. En dit is nog altyd so. So vyf of partymaal 6-7 dae ‘n week, betaal ek R30 per dag. En dis ‘n tolhek. Jy kan nie weier om te betaal nie!! Dit is nou ‘n verhoging van oor die 7 %!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.