Die vakbond Uasa het sy kommer uitgespreek oor die veiligheid in myne nadat drie werkers die naweek in ʼn skag van Impala Platinum (Implats) by Rustenburg dood is.
Twee mynwerkers is in ʼn hospitaal opgeneem ná Sondag se modderstorting in Impala Rustenburg se skag 6. Die twee mynwerkers is in ʼn ernstige maar stabiele toestand, het Implats gesê.
Agt soek-en-reddingspanne het na die vyf vermiste werknemers gesoek. Alle bedrywighede by die skag is opgeskort en Implats het gesê hy werk steeds nou saam met die departement van minerale bronne en energie en ander belanghebbendes ná die voorval.
Implats het sy medelye betuig met die families van die oorledenes. Berading word verskaf en volgens Implats sal die name van die oorledenes eers bekend gemaak word wanneer al die naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is.
Uasa het intussen gesê hy is bekommerd oor die toename in mynbeserings en -sterftes.
Abigail Moyo, woordvoerder van Uasa, het gesê daar is in die 2020/’21-boekjaar meer as 60 sterftes en meer as 1 000 beserings in die myne aangemeld.
“Veiligheid en beskerming van werkers is van die uiterste belang. Uasa moedig die bestuur by Implats en ander myne sterk aan om die veiligheid van ondergrondse werkers verder te verbeter deur voortdurend oplossings in samewerking te skep om die veiligheid van almal te verseker.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Dis nie die myne wat onveilig is nie, dis meestal die mense wat onveilig werk het en nie die reels volg het wat ingestel is om hulle veilig te hou nie.
Verwyder die unies dan sal die land beter word
Dit is nooit aangenaam om van sulke insidente te lees nie, maar die unies en instansies is altyd vinnig om die vinger te wys na Bestuur wanneer daar insidente plaasvind wat beserings of sterftes tot gevolg het. Die toesighouers kan ook nie te alle tye by elke werker op skof wstaan om toe te sien en te verseker dat werksprosedure tot die woord uitgevoer word nie. Baie insidente vind plaas omdat die werkers kortpad en kanse vat. Die beste veiligheidsmaatreëls kan in plek wees, maar as die werker dit nie toepas nie, sal daar altyd insidente plaasvind.
Wie se skuld is dit ?
Kyk wie is in beheer van “Health and Safety” by die myn dan sal die antwoord sommer vinnig gekry word.